Aarto-werkers staak oor werksure

Argieffoto

Lede van die vakbond Satawu by die Gautengse owerheid vir padverkeersoortredings (RTIA) het Maandag begin staak.

Die RTIA is verantwoordelik vir die bestuur van die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto). Die stakende werknemers sluit inbelsentrumagente, administrateurs, inkomstedienspersoneel en algemene werknemers in.

Die SA Transport and Allied Workers’ Union (Satawu) het in ʼn verklaring gesê die werkers se ontevredenheid het begin toe hulle ʼn teenstrydigheid opgemerk het tussen die werksure wat in hul aanstellingsbriewe uiteengesit is teenoor die werksure soos in die oorspronklike indiensnemingsvoorwaardes vervat. Volgens die beleid moet 40 uur per week gewerk word, waaronder middagete en teebreuke, maar in die aanstellingsbriewe word 45 werksuur per week genoem.

Volgens Satawu het onderhandelinge met die bestuur oor werkers se werksure geen resultate opgelewer nie. Die saak is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys. ʼn Sertifikaat is uitgereik om aan te dui dat geen oplossing gevind is nie en Satawu toestemming gegee is om te staak.

“Ons lede by RTIA is vasbeslote dat hulle sal aanhou staak totdat hulle besware gehoor word. Ons is egter steeds oop vir onderhandelinge en nooi die bestuur uit na die samesprekingstafel om te verhoed dat dienste aan motoriste ontwrig word,” het Satawu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Karen Kirsten ·

Askies my… en dan is daar van ons wat 50 uur per week werk, met net 30 minute etenstyd en GEEN teebreuke nie. Wees bly julle het werk!!!

Piet Pompies ·

40 werksure per week word deur die regering voorgeskryf, dit vorm deel van werk skepping. Die mense het die reg om te staak omdat dit al lank terug in werking moes gewees het. Let wel dat die 40 ure per week nie op alle beroepe van toespassing is.

zoom zoom ·

Ek het regtig nie gedink daar is van die lede wat weet wat die woord werk beteken.

Boesman ·

Wat se diens lewer hulle aan motoriste………………???

Sophia ·

Kry net ASSEBLIEF mense in hierdie departemente en Staatsdepartemente wat WIL WERK!! Ons is regtig SIEK EN SAT vir mense wat staak oor elke ou klein dingetjie!! Daar is duisende mense wat julle werk sal wil hê maar wie se velkleur nie meer aanvaarbaar is nie, en dis hoekom dit so gaan in hierdie ou landjie van ons. Gee elkeen ‘n gelyke kans!!

TM ·

Wie gee om of hulle staak. Nie een van hulle sisteme werk in elk geval nie. Dis nie asof hulle elke aand die paaie oprol en bêre en elke oggend weer uitrol nie. Hulle kos ons net geld. En vir sit en niks doen verwag hulle seker ‘n 50% verhoging, huis-toelaag, selfoon-toelaag, kos-toelaag en en en.

ja ne ·

Wie van hulle werk 40 ure p/w. Kom laat loop vroeg. Dan nog smoke breaks toilet breaks. Dan chat tyd. Loop vir kos want dit kan nie in sy etenstyd gedoen word nie want dit is vir ete. So sien SA sy gat stadig maat verseker. Nog n voorbeeld is die SANW lede. Meet in die winkels of siek verlof as by die werk waar niks gewerk word nie.

Onse taal ·

‘Teebreuk”? ‘n ‘Breuk’ is gewoonlik ‘n stukkende plek, skeur (ingewande), been-/skedelbreuk. Selfs ‘teebreek’ pas nie.
Wat van ‘n doodeenvoudige woord soos ‘teetyd’?

SARIE VAN HEERDEN ·

Almal kom met vroom gesigte en skoongesigte bedel vir ‘n werk want hul het soveel en soveel kinders, hul het nie geld nie en hulle is hongor. Sodra hul hul werk het verskyn hul met hul pruike, vals oogwimpers en rooi lippe. En as die klok slaan vir ‘n teebreek is hul reeds opgetof daar, en as die middagete kom dieselfde en minstens ‘n halfuur voor tjailatyd staan hul gestewel en gespoor om te gaan. More toi-toi hul vir alles onder die son.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.