Aarto-wet: Motoriste moet betaal bloot om boetes te ontvang

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid.

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) sê voorgestelde regulasies vir die Aarto-wet is niks anders as heffing van indirekte belasting nie.

Die Administratiewe Beregtiging van Verkeersmisdrywe (Aarto) het onlangs voorgestelde regulasies in die staatskoerant geplaas. Dit behels onder meer dat motoriste strafpunte kry en uiteindelik hul bestuurslisensies kan verloor weens verkeersoortredings. Dié regulasies kan dalk reeds in April in werking tree.

“Volgens hierdie regulasies moet motoriste ʼn fooi betaal vir elke oortreding-kennisgewing wat aan hulle uitgereik word. Volgens ons interpretasie van die voorgestelde regulasies sal ʼn bykomende R100 gehef word op elke boete wat uitgereik word, ongeag hoeveel die boete is of hoeveel strafpunte dit behels,” lui die AA se verklaring. “Dit beteken motoriste betaal belasting op elke boete wat hulle ontvang.”

Die AA wys uit dat hierdie bepaling die Agentskap vir Padverkeersmisdrywe (RTIA) jaarliks miljarde in die sak kan bring. “Dit is soortgelyk aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat verbruikers ʼn fooi vra elke keer dat hulle hul belastingopgawes indien.”

Afgesien van hierdie fooi sal motoriste tot R240 moet opdok om navraag te doen oor hoeveel strafpunte hulle het. Maatskappye moet oor die R1 000 hiervoor betaal.

“Motoriste moet eerder toegang hê tot ʼn eenvoudige aanlyn stelsel om hul strafpunte te sien,” sê die AA. “Dit blyk egter dat die beplande regulasies ten doel het om ʼn inkomste te skep, eerder as om motoriste te straf vir hul oortredings.”

Die AA twyfel ook of die beplande appèltribunaal die kapasiteit sal hê om al die dispute te hanteer, aangesien 26% (1,1 miljoen) van alle kennisgewings van oortredings verlede jaar bevraagteken is.

Die AA sal formeel kommentaar lewer op die beplande regulasies. Lede van die publiek het tot 10 November om kommentaar te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

En? ·

Ons wil in ‘n eerste wêreld land bly maar wanneer eerste wêreld land regulasies in plek gesit word word toys uit die kot gegooi. Nou verstaan ek nie…

Katryn ·

Ek probeer al vir 2 jaar verduidelik dat n Ford Ranger in n ander stad as waar ek woon met my nommer plaat rondry en ek al die boetes teen my naam kry.
Hoe hier gemaak? Die Polisie sê hul kan my nie help nie daar is te veel vervalsings

Hendrik ferreira ·

Ek stem saam die land is vervuil van die gekloonde motors ,dit is niks anders as n geldmaak skema nie,en net my opinie hierdie piesangrepubliek sal nooit ooit weer n eerste wêreld land wees nie.

Speedguard ·

Jy sal Suid Afrika NOOIT ‘n eerste wereld kan maak nie ….NOOIT NIE !

En? ·

Verduidelik vir ons gewone manne wat us nou so eerstewêrelds hieraan? Ek weet ook van 2 voertuie wat een registrasie nommer het. Ek moes al amper opdok vir die vals een se e-toll! Jy woon in Afrika my vriend. Jy wil dit graag Europees maak. Sit jy agter die slim idee. Wat is jou deel?

Irma ·

Die melkkoei is baie naby aan droog gemelk. Die ANC gaan hard aarde toe kom as die inkomste opdroog soos die riviere en damme. Groter probleem om mee rekening te hou né

Willa ·

Ek betaal geen boete wat nie persoonlik aan my oorhandig word nie.Hulle stuur n sms en versoek jou om jou aarto by die poskantoor te gaan afhaal of die sms lui dat jy nsekete boete moet betaal.Dit is absoluut n onding en geen bewys dat jy skuldig is aan n oorteding nie.Hulle kan dit persoonlik aan my oorhandig met die nodige bewyse dan sal ek dit betaal as ek skuldig is.Hulle kan nie op n gemak stoel sit en boetes links en regs uitstuur nie

Etienne A ·

Ek doen dieselfde. Hulle sit op hul jacks en stuur net sms en verwag jy moet betaal.

Santjie Naude ·

As hul net iets aan die paaie se toestand sal doen.Meer Slaggate as pad.jou ryding onpadwaardig agv paaie se toestand.Grondpaaie in Dealesville distrik skud jou uitmekaar.

Liesl ·

Hierdie is maarnet nog ‘n geld maak storie- nes ETOLL. Hulle gaan verwag dat ons hulle omkoopgeld moet betaal, en dit gaan mense aanhits om dit te doen, want wie wil sit met ‘n puntestelsel. Hulle jaag weer hul eie sterte (letterlik en figuurlik)!

Matt ·

Mense gaan omkoopgeld betaal om die wet te omseil. In elk geval as jou lisensie ongeldig is gaan daar net meer mense wees wat sonder ‘n rybewys rondry. Die taxis in gauteng kom al jare lank die pad, niks sal verander nie.

Jacques ·

Dit is alles goed om nuwe geldmaak stelsels in te bring . Ek wil egter net weet hulle maak die wette maar kom dit self nie na nie – soos bv , hulle se beamptes wat sit met kameras om te vang vir spoed moet sigbaar wees , dit gebeur nie . Hulle sit in die skadu van bome en het donker klere aan , so hulle is nie sigbaar nie . Boetes word gepos vir oortreders . Met ons posdiens wat in sy tjops is hoop en bid hulle mense kry die boetes en betaal dit . Dit werk nie so nie , jy moet teken vir n boete , hoe weet hulle n persoon kry n boete in die pos ? My opinnie is dat die mense net wil geld maak en veiligheid op ons paaie het niks met die hele stelsel te doen nie . Moenie die volk se integriteit onderskat nie , julle speel met vuur .

@Jacques ·

Moenie worry nie… die posstelsel gaan nou vervang word hierdeur. Ons gaan nie oor nodig hê vir die heel duurste smse en emails ooit nie. As dit pap reën gaan paar ouens én hulle pêlle mos skep.

Petrus Heigers ·

Ek hoop dit gaan geld vir die Blou-Lig brigade wat teen 140 kM/uur op die snelweg verby jaag.

Kwaad ???? ·

Stem 100% saam met Ongelukkig .Ons moet nou ophou onder mekaar brom en iets drasties begin doen

Phillip ·

moenie oor tree nie en daan hoef jy nie navrae hoef te doen nie het ek het my lesensie 25jaar en nog net 3 boetes gehaad 1 indie werk se bakkie en 2 in my priefaat kar doen wat die wet se

Jan ·

Jy kan jou self gelukkig ag dat dat nommerplaat nie gekloonde is soos ek en baie ander nie.
Ek kry boetes in die pos van plekke waar ek nog nooit gewees het nie.

Bernard Hellberg ·

Met die geld wat jy gespaar het kon jy ‘n woordeboek gekoop het

Marie ·

Hierdie is van vooraf n geld maak storie. Meeste mense betaal reeds die boete, hoekom n admin fooi ook??? Dis nie die publiek se plig om hulle kostes en salarisse te betaal nie. Anders moet hulle maar vir ons die werk gee. Net so wel jy koop kruideniers en by die till moet jy haar admin fooi betaal asook die produk se vervoer…..neeeee genade!!!

koos ·

Ons betaal reeds Enatis fooie saam met ons voertuiglisensies.
Dis reg, hef nog fooie, dan gaan die publiek gedwing word om nie te betaal nie.
Wat gaan julle doen as die punte so afgedwing word dat SAPS lede, Brandweer lede en amublans lede nie meer wettige bestuurlisensies het nie, en aldus nie noodvoertuie wettig kan bestuur nie???
Het julle NIKS geleer by die Etol episode nie???

Johan ·

Ek sê al vir jare die doel van die verkeersafdeling in Suid Afrika is om ekstra geld in te vorder vir die regering en NIE om veiligheid te bevorder NIE. Dit saam met die ewige geblêr oor spoed maak n lekker vet tjek ekstra vir die ouens wat n kwart van my salaris elke maand wettig vat sonder my toestemming. Hulle gebruik nou die verkeersafdeling vir kamtige werkskepping, daarom sien ek daagliks nuwe gesigte langs die pad onder die koeltebome in n nuwe vw polo op hul selfoon n kamara sit en oppas. Dit terwyl die polisie nie eens bakkies het om mee te werk nie… Waar lê die waarheid? Veiligheid of geld maak?

Pieterd ·

AARTO gaan nog ‘n groter ramp wees as e-toll.
Dit ontneem burgers die reg om hulle na ‘n hof te wend en gaan tot BAIE groot misbruik lei.
Dit kom neer op die eerste stap na ‘n polisiestaat waar geen remedie moontlik is teen die optrede (wanoptrede) van ‘n verkeersman nie.
Boonop moet ons betaal om navraag te doen? Eish!

Penellope Jones ·

Klink soos net Nog ‘n manier om geld in die hande te kry.

Cassie Kruger ·

Soos ek dit nouverstaan, jy kry n boete hul kan die kennisgewing per epos of sms stuur , Jy is klaar skuldig en as jy wil hof toe oet jy n fooi betaal, as jy dit bevraag teken moet jy n fooi betaal. om die kennisgewing te ontvang word jy R100 aan geslaan so maak nie saak nie jy gaan betaal een of ander kant toe. Hier is jy nou skuldig tot jy jou onskuld kan bewys, so Jy gaan daai gekloonde kar moet spoor en aan hul lewer . Dit gaan die onkoop van beamptes net vererger en meer van hulle gaan mense afpers vir daai fooitjie of KFC . Ek voorsien groot fights nog op die pad. Nog n manier om die blanke uit te roei

Wie kry die geld? ·

So sulke invorderings moet seker dmv sagteware en allerhande tegnologiese metodes gedoen word. So wie kry daai tender en sy cut omdat hy of sy maatskappy die sagteware en tegnologie voorsien het? Hy gee vir hulle ‘n deel en stap weg met ‘n persentasie van elke aanmaning wat uitgestuur word. Lekker in SA. Slim passiewe inkomste vir ‘n ou wat eerste die idee gaan verkoop aan die AA. Dink net vir elke sms , boete per email, ens dok jy R100 op. En almal skep saam op die soustrein. Trouens daar is organisasies wat dit reeds so doen. En wat as jy onskuldig was??? Mamparra sagteware gaan ons bankrot maak en ANC en software company lag bank toe.

Geld maak skema nommer twee ·

Die slim afrikaners sit hier agter. Hoor my vandag… hulle het IT maatskappye wat die goed doen. Hulle gee net ‘n deel vir die regering en vat die res. ‘N persentasie per boete.

Annie ·

Genade, wat vestaan hulle nie…
E-tol werk nie, hoekom gaan hierdie werk?
Ek betaal niks – het nie gevra daarvoor nie.
Jammer om te hoor!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.