AB kap Cyril ook oor ‘indringers’-opmerking

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Siya Duda

“Die geskiedenis moet beoordeel word in die konteks van die tyd en nie met vandag se ideologie nie.”

Só het Jaco Schoeman, voorsitter van die Afrikanerbond, gesê in reaksie op pres. Cyril Ramaphosa se Versoeningsdagtoespraak wat op Bergville gelewer is.

Volgens Schoeman het die Afrikanerbond met teleurstelling verneem van Ramaphosa se uitsprake.

“Tydens die Versoeningsdagtoespraak het Ramaphosa uit sy pad gegaan om ʼn hedendaagse ideologiese konteks te gee aan die slag van Bloedrivier. Volgens sy eie interpretasie word die Zoeloekrygers vryheidsvegters wat vir die vryheid van hulle grond teen ‘indringers’ – die Voortrekkers – geveg het.

“Niks oor die voorafgaande geskiedenis en die wrede moorde en verraad ná onderhandelinge nie. Niks oor die bloedige geskiedenis van swart stamme en onderlinge uitwissing in daardie tyd nie. Dié eensydige interpretasie is die president nie waardig nie.”

Schoeman meen die verwysing na die Voortrekkers as “indringers” dui op ʼn afwysende houding en siening teenoor sekere gedeeltes van die bevolking.

“Ongelukkig verval die president ook nou in die tendens van die afgelope paar jaar wat dui op ʼn eensydige geskiedenis wat slegs die ANC, sy leiers en helde vereer met ʼn minagtende houding teenoor die geskiedenis van feitlik alle minderheidsgroepe. Deur sy optrede en uitsprake interpreteer die ANC die geskiedenis van Suid-Afrika soos wat dit die party en omstandighede pas.”

Gebeure die afgelope ruk laat minderheidsgroepe, en spesifiek die Afrikaners, met ʼn wrang smaak in die mond, meen Schoeman.

“Iemand het eenkeer gesê: ‘Wie die mag het, skryf die geskiedenis.’ Nêrens word dit tans duideliker uitgebeeld as in Suid-Afrika nie. Die gronddebat word gefabriseer rondom die groot leuen oor grondbesit en die president het hom ook nou hieraan aandadig gemaak. Die huidige regering steur hom egter selde aan die waarheid.”

Schoeman waarsku dat Ramaphosa tans die gevaar loop om hom toenemend van die Afrikanerminderheid te vervreem. “Sy optrede en uitsprake op Versoeningsdag waartydens Afrikaners ook Geloftedag vier, is ongevraagd. Die president se aanhoudende ongeërgdheid en afwysende standpunte oor plaasmoorde het die weg begin baan vir vervreemding.

“Ons doen ʼn dringende beroep op die president en die regering om te hou by die ware feite en weg te stap van populistiese onwaarhede. Dit beteken dat almal, ook Afrikaners, se geskiedenis gerespekteer moet word.”

Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, het ook vroeër Ramaphosa se uitlatings veroordeel. Volgens Hermann het Ramaphosa gepoog om ʼn onverdedigbare stuk onreg vir politieke kapitaal te regverdig.

“Die president het gekies om die geskiedenis te verdraai en te misbruik vir sy politieke ideologie oor grond. Hy het die slagoffers van 1838 die indringers en oortreders gemaak, en die oortreders en moordenaars het hy vryheidsvegters gemaak. Hy poog om Afrikaners se geskiedenis in sy geheel tot misdaad te verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

89 Kommentare

Swanna ·

Of hy aan julle gaan steur sal ons sien maar hy bly ‘n slang maar daar is nog baie bleek velle wat glo hy is die messias.

Anoniem ·

Ek stem saam met jou. As ek n vloek oor hulle kan uitspreek dan doen ek dit maar my lewe is meer werd as om hel toe te gaan, maar die dag wanneer die popo die fine strike sal ek langs my mede broer staan . Want ek het n gelofte en Die Stem wat in my hart vasgebrand is.

Boerseun ·

Baie mis die punt van die en soortgelyke pers verklarings. Dit is glad nie om reaksie van die ANC te kry nie. Eerste,n mens kan nie net stil bly oor onwaarhede nie, dit gee daai valsheid status . Jy sê niks so jy stem dan mos saam.

Die tiepe pers verklaarings form deel van n baie groter prentjie soos die bewusmaking van die vertrapping van miderheids regte by die VN en ander lande. Daar is meer minderheids groepe wat onafhanklikheid kry as ooit te vore en al die vervreemding van die ANC dra by tot die doel om selfstandig te wees van meerderheids groep in SA. Verder sal dit die Afrikaner help wat wil immigreer ook, met sulke opmerkings word die Afrikaaner openlik die vyand gemaak.

Die Waarheid ·

Ek wonder ……………… miskien moet 16 Desember ‘n nuwe naam kry wat by die President se uitlatings pas : Soos byvoorbeeld – Grootlieg Dag – So vuur ons HAAT aan Dag – So vetrap en verwoes ons alles Dag . ………………………..

Louis ·

Is daar nie n gesegde wat sê die waarheid sal uiteindelik altyd seëvier nie ? Hy verdraai duidelik die waarheid en die nuanse van die tyd tov Dingaan, Retief, ens. Ongeag, hy wys duidelike sy ware kleure

Sarel ·

Hy behoort nie meer pres te wee nie. Soos transaksie met die voortrekkers skeef geloop het. Dingaan terug gegaan het op sy woord, so het hierdie Kodesa transaksie ook vekeerd geloop. 2 wolwe en 1 lam stem vir aand ete. Die lam is aandete die eerste aand. Wat gebeur die 2de aand? Albei gaan slaap honger. Passop die honger is oppad.

Ekke ·

Rammetjie-phosa is toe nié die briljante regruk-leier soos wat baie mense gehoop het nie. Hy openbaar min objektiwiteit en neig soms na rassistiese opmerkings, want dit is tans die politieke mode…. Hy is maar net nóg ‘n ANC leier met realistiese visie.

Hendrik ferreira ·

Ek sien nie hierdie regering as my regering nie ek sien die leier Ramaposa as n persoon wat nie skroom om te lieg as hy feite wil verdraai nie en ek sien hulle polisie as die vyand wat nie hulle werk doen nie,ek sien myself as n onderdrukte belastingbetaler met geen regte,daarom ondersteun ek die idee van n onafhanklike tuisland.

Joubert ·

Ek voel presies soos jy Hendrik. Ons moet ook net besef al die bleek velle, soos Swanna hier bo sê, voel nie dieselfde nie. En dis reg met my, hulle kan aangaan om die nuwe SA verder uit te bou soos reeds so suksesvol gedoen is tot dusver. Maar ek wil myself regeer, en ek sal baklei daarvoor indien nodig.

Realiteit ·

Soos wat die NP net een ogig was met net een kant van die geskiedenis.

Werner ·

Realiteit staaf asb jou stelling met n voorbeeld moet nie n Ramaphosa op jouself trek en begin droom nie

Boerseun ·

Nee, soos die geskiedenis wat opgeteken lê in duisende dokumente en dagboeke wat reg oor die westerse wêreld in museums lê.

Moderne Suid Afrikaner ·

Waar Wil jy die onafhanklike Tunis land kry? SA is klaar met daardie nonsens.

Jdb ·

Absoluut. ‘n Onafhankilike staat of sogenaamde tuisland is die oplossing. Dié wat nie belang stel nie, is welkom om nie aan te sluit nie.

Kobus ·

30 jaar gelede was tuislande dalk nonsens, maar omstandighede het verander. Ander minderhede voel ook bedreig. Die “waar” en “hoe” is detail wat uitgewerk kan word. Ons moet eers saamstem oor die konsep. Afrikaners wat binne die nuwe SA wil bly en bou is welkom om dit te doen. Niemand sal julle verplig om te skuif nie. Die res van ons sal saam met ander minderhede begin bou en ‘n nuwe geskiedenis help skryf.

Antjie ·

Dit lyk of die aarde terugkeer na Genesis 1:2. Hoe sal ons hulp vra as 90% van ons land se mense nie weet wie het die Slag van Bloedrivier werklik gewen nie. Dit sou ʼn dankiesê-dag wees. Hoekom laat God dit als vandag toe? Wat wil Hy Afrikaners leer?

Drikus ·

Nou wat het geword van die Zoeloes wat van die destydse Rhodesië (Matabeleland) na Suid-Afrika ge-emigreer het? Of is die geskiedenisboeke ook almal verkeerd?

En nog verder terug. Suid-Afrika word beskou as die “wieg van die mensdom”. Dit is n.a.v. bewyse dat die eerste mense afkomstig is van plekke soos Skeerpoort en Blombos by Stilbaai. Of jok die geskiedenisboeke hier ook?

Hoe ver wil ons politici die klok terug draai?

Daniël ·

Slag van Bloedrivier was ‘n stryd tussen gelowige en ongelowige, punt.
Ons Vader het nie Sy kinders in die steek gelaat nie!

Adam ·

Ramaphosa sowel as die AB kan gerus beide swyg, iets wat tot voordeel van alle landsburgers sal wees.

Jimmy ·

Nee, dan word emosies en ware gevoelens opgekrop, en leef ons in leuens. Dit sal later oorkook en dan is die gort gaar. Laat dinge nou uitkom, miskien kan dit betyds aangespreek word.

Aletta Vos ·

Stem Adam – Die AB het al die jare net vir hul eie kliek gesorg hulle kan nie praat namens ons almal nie.

J ·

CR is n groter rassis as Malema, die verskil is Malema steek dit nie weg nie, dus maak dit CR baie gevaarliker.

Trojaanse Donkie ·

Stem 100% saam.Ons weet nie regtig met wie ons hier te doen het nie, maar dit lyk nie goed vir “ons” mense nie

Daniël ·

Verkies ‘n openlike vyand bo ‘n agterbakse vriend. Besluit self wie is wie!!

Kers Blaker ·

….en 4400 jaar gelede klim Noag en sy gesin van 7 van die Ark af in Turkye naby die dorpie wat vandag bekend is as “the village of 8″….

Cornel Rothmann ·

Mag dink wat ek wil – mag nie sê wat ek wil nie…..ons moet ophou om hulle jammer te kry – hulle is LANKAL nie meer die agtergeblewenis nie. Ons is!

Robert ·

Wat my irriteer en verbaas laat is dat geleerde mense en “ons” mense so goedgelowig is en nie die waarheid uit die geskiedenis en na 1994 kan besef nie. Nie dat dit ń veskil sal maak nie , maar die ophef en goedpratery van al die politikuste deur die blankes en veral sekere joernaliste is onverstaanbaar.

Bob ·

Miskien moet hy sy selfoon, klere, lekker kos, huis, vlugte oorsee, tv ens eenkant sit en vir hom ‘n boom gaan soek waar hy met sy bokvelletjie om sy middel kan gaan sit en met boomsade sit en speel terwyl hy sy beeste dophou wat hy self nek gaan afsaag wanneer hy wil eet. As die wit mens se teenwoordigheid en als wat hul saamgebring het so erg is, dan kan hy mos teruggaan na ‘hoe dit was’. Lekker skynheilig. Sê maar net.

Susan ·

Ek is bly nóg mense maak beswaar teen mnr. Ramaphosa se waarheidverwringing….dis wat ons as aktiewe burgers móét doen. Ek sê:pers toe hiermee, hang dit aan die groot klok, maak sommer ‘n hengse groot lawaai! Politici mag nie wegkom met leuens nie!

Die Calvinia Skaap ·

Ten minste gee hy n duidelike waarskuwing vir wat met ons gaan gebeur….

Antjie ·

Re Fabien Neretse, in Brussels gister (Laat dit ʼn waarskuwing wees van die res van die wêreld!)

“After two days of deliberation, the jury cleared him of two of the Kigali murders but found him guilty of 11 “war crimes” under Belgium’s code of universal jurisdiction for the most serious offences.

“To demonstrate the more serious charge of genocide, the prosecutor highlighted the Rwandan official’s attendance of public rallies, encouraging fellow members of the Hutu ethnic group to slaughter the minority Tutsi community.” -DW

Geloftedag is God se dag. Afrikaners sê bloot dankie, maar AL die eer kom net God toe. Dís ons voorouers se belofte aan God.

Die wiel draai. Ander perspektiewe bring duidelikheid. Die geskiedenis sal eendag wys wat God se plan was, nie CR s’n nie.

Eben ·

Cyril veroorsaak veroorsaak slegte verhoudings tussen verskillende rasse en plaas ‘n rakleeftyd op die leeftyd wat blankes in harmonie in SA kan lewe. Dit veroorsaak dat ‘n mens geensins jou lanktermtlewe in die land beplan nie. Dit is baie duidelik dat die ANC die blankes nog baie skade gaan aandoen voordat rasse verhoudinge sal verbeter.

Sic? ·

Hokaai ! Al julle fine educated people . Die God van die Bybel het die’ land vir somebodies gegee nadat Hy hulle vyande voor hulle uitverdryf het maar noudat somebodies nie meer hulle God dien nie kan Hy dit mos gee vir wie Hy wil . Hulle kan ook doen en ‘ se wat hulle wil . Dis prime time en open season solank die somebodies nie hulle God dien nie . Deuteronomium 9 : 4,5 . Lees Jeremiah, Esegiel

Kanarie ·

Het julle ‘n ander resultaat verwag toe die kanarie (ook bekend as Roelf Meyer) ons geskiedenis en toekoms weg geglimlag het, met die terugkeer van sy private onderhandelings met CR destyds?
Die ANC het toe nie naastenby die magsposisie gehad as wat baie mense nou wysgemaak word, tot die katastrofiese dag.

Sarie ·

Jy is reg Kanarie en mense moenie vandag huil nie hulle het gekry wat hulle gevra het.

Vonkprop ·

Miskien moet ons hom prakties herinner wat regtig gebeur het by Bloedrivier. Maar mag ons nooit daardie pad loop nie.

Trots Afrikaans ·

Ramaphosa, jy was in die stilte baie se laaste hoop.
Maar Ramaphosa, jy wou nie ons vriend wees nie, en ons het dit aanvaar.
Jy het dit duidelik gemaak Ramaphosa, daar is nie vir ons plek in jou toekoms planne nie, en ons het dit aanvaar en onttrek.
Ramaphosa, maar nou gebruik jy ons om punte te wen in ‘n stryd waarin ons nie eens deelnemers is nie. Nou skep jy omstandighede waarin ons gesinne nie meer veilig is nie. Jy is besig om ‘n vyand te skep wat daar nie was nie. Moenie nog ‘n Retief “vermoor” nie, dit mag moontlik net lei tot ‘n volgende “Bloedrivier”.

Swartwolf ·

Kyk Zuma se sterk punt was wiskunde, basiese optel en aftrek. Lyk my Cyril se sterk punt is geskiedenis.

Peper ·

Actions speak louder than words… Soos vanaf 1838 sien julle presies waar buide partye staan. Ek weet wat ek weet en hoef nie myself elke 3 minute te lieg in nog ‘n rigting nie. niks sal dit verander nie, maar hou gerus aan om jouself ‘n gek te maak… Die varke soek kos.

Riaan ·

So nou wonder ek wanneer klasiviseer die tipe uitspraak as haatspraak… ek is ń trotse bydraende Suid Afrikaner en ek -soos duisende ander blanke belasting betalers- is ek absoluut gatfol om aan die kortste end te trek en as tweederangse landburger gesien te word terwyl ons belasting geld ń baie groot deel uitmaak van die regering se inkomste!

Kerneels ·

Welkom by die klub!!! Ek is al lankal nie meer ‘n trotse Suid Afrikaner nie. Ek haat SA sportspanne, insluitend die Bokke. Ek beskou Afrikaners wat nasionale ordes aanvaar en Ramaphosa adviseer as verraaiers. Ek poog om so min as moontlik belasting betaal.

ES ·

Hy moet aanhou praat. Want sodoende sien ons sy ware kleure – en die res van die wereld ook.

Thinus Erasmus ·

Net een woord: XENOFOBIE!
Die aards rowers en skelms wil hul nou beroep op die stryd teen xenofobie maar dit is presies wat die Voortrekkers beleef het in die ergste graad.
En ook vandag beleef bleek velle wat al 350 jaar in Afrika woon presies dieselfde rassisme, xenofobie en volksmoord, dit sal en kan nooit reggestel word sonder gewapende vrede nie.

Neels ·

Buitelandse swartes wat verdryf word waarsku al hoeka dat wittes nie veilig is nie….

Blommie ·

Baie geluk aan Dr Dirk Hermann van Solidariteit en Mnr Schoeman van die Afrikanerbroederdom vir hulle kommentaar! Ons durf nie toelaat dat ons geskiedenis so verdraai word nie!!

Oujongvrou ·

Help niks almal kla hier of skryf ope briewe in afrikaans nie. Gaan gee vir Ramaphosa self die brief of kla direk by hom. Hy lees nie afrikaanse berigte nie, want hy steur hom nie aan die handjie vol klakouse nie. Ons is soos lastige vliee vir hom.

Boskind ·

Ons wag maar in spanning wat Amerika gaan sê en doen!!!!

Hendrik ·

Almal hierbo is gatvol oor die delemma waarin ons Afrikaners ons bevind. Hoeveel van ons doen al iets daaraan?
As jy wil bly om vir jou nageslag ‘n toekoms te bewerk, moet jy planne maak en DOEN.
Maak nuwe planne, of volg ander se plan, maar moet asb nie net vertel wat ons almal weet nie. Sluit aan en werk by organisasies rondom jou met daardie gemeenskapike doel. Lank lewe die Afrikaner volk.

Klasvakie ·

Seker ‘n skok om te so toespraak te lees en agter te kom dat jou eie herkoms was afwesig in die gebeure van die geskiedenis.

Petrus ·

Volgens die regering het die Afrikaner geen rol in die land se ontwikkeling gespeel nie, behalwe om in te dring en wanorde te veroorsaak. Die Afrikaner se toekomsrol is beperk tot arbeider wat die regering moet dien, en dan ook nog belasting betaal. Die regering is nou in beheer van Afrikaners se toekoms.

KietieKat ·

Ek stem en voel saam met julle almal, behalwe dat ek sy uitsprake verwerp met die minagting wat hy verdien

Dinga ·

O jaaaa.
Verwerp met minagtig.
Eintlik is CR n swakkeling. Want hy raak die goed kwyt om die guns van die” bevolking” te behou…..

Chris ·

Jy is reg Dinga. Die probleem wat min mense wil raaksien is daai “bevolking”….. Hulle stem vir die anc en die anc doen hulle wil. Wat gaan in daai bevolking se harte aan?

Jammer ·

Jammer om te sê, maar bostaande kommentare is so vol spel-en taalfoute dat dit vir my lyk asof meeste van ons mede Afrikaanssprekendes al emigreer het. Dan sug ek ook kliphard vir almal se niksseggende woorde: almal kla, almal is só ontevrede, maar niks word ooit gedoen nie.

Kallie ·

Maar alles is dan Engels. Teen 2030 sal Afrikaners meer gemaklik wees in Engels as in Afrikaans.

Sakkie ·

Jammer, jou ontevrede geklaag oor die kleinigheid van spelfoute doen juis ook niks nie. Almal maak foute, of jy nou ja of nee gestem het. Die tyd vir hande vat raak ernstiger by die dag. Eendrag maak mag.

Me ·

Wonder net of JM nie R se handlanger is nie. R STOP MET AL DIE SÊ GOED IN SA en maak SA skoon en reg jaar uit gaan almal net aan met a klomp gemors

HPV ·

Aanhitsing, opsweping tot geweld teen ‘n minderheidsgroep! Kyk liewer na die verhouding van werkloosheid teenoor wit emigrasie, mnre Ramaphosa en Malema, en net dalk ontwaak julle.
Sou alle wittes verdwyn, gaan julle werk verskaf aan die wat hul werk verloor daardeur, of die gat in die ekonomie herstel?
Goeie raad mnr Ramaphosa gaan leer by Botswana en Ghana.

André André ·

Terloops, wat Cyril Ramaphosa gesê het is verseker nie ‘n beoordeling van die geskiedenis in terme van ‘n sekere ideologie nie, dit is sommer blatant ‘n verdraaiing om onteiening sonder vergoeding te regverdig.

Capitan ·

Dit is hoekom ek oppad is Australia toe. Niks kan SA red nie, Afrikaners weet nie wat beteken saamstaan nie.

Hugenoot ·

Die wat vinnig en maklik gekom het gaan weer net so maklik . “Dis nog altyd die harde kern Afrikaner wat die wa deur die drif getrek het” Jaap Marais

Sakkie ·

Capitan, ek verskil van jou stelling oor “nie saamstaan nie” Nietemin, veilige reis.

HPV ·

Capitan, sou toestande verder versleg in die land gaan mens nie ‘n keuse hê as om jou en ander te volg. Twee van my vriende het reeds hul besighede hier gesluit en in Australia heropen. Maar in elk geval sterkte!

JamesTwee ·

Capitan – net voor jy vertrek – ek het twee vrae:

1. Het jy gestem in die 1992 referendum?
2. Indien wel – het jy Ja of Nee gestem?

Erika Ochse ·

grap

geskiedenis bly lagwekkend snaaks
eers was dit swart gavaar
(hoe glimlag ek nou)

vandag diversiteit—dikwels wit—
asof dit gister se verkleurmannetjie is
môre sal weer vir seker hierree spot
dat magloses magtiges so hoofpyn kon gee
(hoe glimlag ek noual)

die snaaksste is ekself
wat dink iemand sal uit die geskiedenis leer
niemand doen nie
(hoe glimlag ek nou
vir myself)

splinters
(Cyril Ranaphosa op versoeningsdag 16/12/19)

het daarop afgekom
op versoeningsdag
die gekraakte glas
(nog één keer deur die wasbak vir laaste sien van blikkantien)
probeer staangemaak oor twee tafels
diversiteit uitnooi én misken

die glas wankel oor die gaping
hy gáán val

het daarop afgekom
die splinters
van mag
ek dink dit was verssoeningsdag

Erika Ochse

Swartwolf ·

1838 toe wen die trekkers Ncube. 2019 wen ons die rugby wereldbeker met ‘n 50% kwota span. Ons moet positief wees ons moet nasie bou en nasie eensgesindheid bevorder. Die res sal self regkom.

Swartwolf ·

@Daniel – Google “sarcasm” of slaan “sarkasme” na in die HAT.

Mossie ·

Vir almal wat so negatief is:
Die wiel is besig om te draai. Ons as Boerevolk moes die Gelofte eer en nakom, met tyd het bittermin dit nog gedoen. Cilliers het gesê indien ons nageslag nie die Gelofte eer en nakom nie sal God die vyand toelaat om ons te oorwin, wat ook gebeur het. Daar is n paar sleutefigure wat gekruisig word vandag oor ‘land weg gee aan vyand’ ens., maar is dit nie eintlik maar die oorgrote meerderheid van ons wat nagelaat het om ons Gelofte na te kom nie? Die klein groepie vasbyters het Geloftedag bly vier en so met tyd het die groepie weer begin groei. In 18 jaar se tyd het ons hierdie jaar n rekord getal bereik van ons mense wat weer begin besef het daar is n Gelofte afgelê wat ons moet nakom. God sien en God hoor. Hou op snedig en negatief wees teenoor ander mense, kry jou hart en geloof reg. Wanneer elkeen sy eie hart skoon kry sal als in plek begin val en sal ons as nasie automaties beter begin saamstaan met God as touleier. God het ons nog nooit versaak nie, dis ONS wat Hom versaak het deur ons belofte tersyde te stel. Hy vra en wag vir ons om terug te keer, die bal is in ons hande. God het ons die vryheid van keuse gegee en Hy waarsku wat kan en sal gebeur in beide rigtings van ons keuses.

Sobymykoolkop ·

Al wat ek kan sé op jou kommentaar Mossie: Amen!! Amen!!! en Amen!!

Sic? ·

Pak die klip

kalender kan die dag onthou ,
Dit’ kom geens- swaar
Maaar die huis vir God te bou
Nie werk nie ; kan n swarte-skaar
Die’ huis’s nie klip te wees onthou
Waar’s die’ huis vra God
Die huis in Handling seentien
DIE’ huis wat jul moes bou ?

Henry ·

Dalk het dit nou tyd geword om daardie oorspronklik onderhandelde gebied in Kwazulu-Natal, tussen die Tugela en Umzimvuburiviere as tuisland aan te bied, wat volle onafhanklikheid van die Nasionale Regering kan kry. Daar is immers ‘n wettige traktaat beskikbaar, wat bevestig dat die grondgebied regmatig bekom is.

Vrama ·

Henry
Wie se Retief het die beeste wettig bekom ? Soos besigheid gedoen word nou deur dieselfde portier “volksleier” was dit toe’ ook . Wat van n Roelf Retief ? Gras halms

Schalk ·

Black supremacist president what did you expect.Populistic oppertunistic politicians are all the same.Lying and cheating is part of the occupation.Any one who trusts a politician must have their mind read.The greater the lie and cheat the better politician.It is the same in all countries some just steal and cheat and lie more than others.

Alexz ·

Ou Knersis het dit wèèr reggekry. Skep ñ rookskerm terwyl jy in die agtergrond heel rustig jou bose planne uitvoer.

Jannie van Niekerk ·

Dis vir my verstommend dat mense wat pres Ramaphosa aanbid, soos die wynmaker Beyers Truter en Dr Piet Croukamp glad nie reageer op sulke uitsprake van ons “wonderlike” President nie

Anoniem ·

Zuma sal onthou word vir sy hehehehe en nkaaaandla in die parlement, sy dansies en sy gesukkel om groot nommers soos eleventy uit te spreek.

Cyril sal onthou word vir sy dubbelsinnighede en leuens – dan praat hy sus, dan praat hy so. Die probleem wat hy vir homself skep, is dat niemand hom naderhand meer gaan glo nie, al praat hy ook later die waarheid.

“Mene, mene, tekel, ufarsin….”

HV ·

Ek het vir CR nog altyd die voordeel van die twyfel gegee. Hy demonstreer egter al meer en meer sy ware kleure en hoe hy oot die blankes voel.
Miskien openbaar hy maar net die weklikhede wat vervat is in die wette van die natuur as dit kom by die dinamiek tussen rasse. Ons is dieslfde, ja, maar die engels het n goeie woord om die verskille te beskryf nl. ons is nie ” compatibil” nie.
Ons moet dit dalk begin aanvaar en wedersydse erkennining daaraan gee en mekaar vir hierdie non-compatibility respekteer.
Ons moet mekaar erken dit wat ons is en nie is nie. So byvoorbeeld is die heel belangrikste bate wat die swartes in hierdie land het juis die wittes, die wittes se vermoëns, ervaring,kwalifikasies ens is onontbeerlik vir n susesvolle SA, die rugby wêreldbeker het dit demonstreer.

Josef Slowinski ·

So dikwels as ek die naam AB hoor kan ek nie anders as om na hulle gekoesterde smurfies soos ou Pienk Frikkie, Roelfie en oorlede Pikkie te dink. Hulle almal is die meesters in misleiding en verraad wat in die geheim gekonkel het om dit te skep wat vandag hier plaasvind. Gelukkig kan sommige nog hierdie aborsie beskou wat hulle gebaar het deur hulle gekonkel en leuens.

Christa ·

CR, jy maak ‘n bespotting van God en die Gelofte wat aan Hom afgele is. Wees versigtig, baie baie versigtig! God is in beheer, Hy lei ons, NIE jy nie. Alles gebeur presies volgens Sy wil, nie joune nie.

Al ·

Ek stem, laat ons ons harte skoon hou en nie vrees nie. Ons dien ñ lewende God.
Indien CR ook verdeeldheid saai en leuens versprei, sal sy oordeelsdag ook vir hom wag soos Zuma en al sy korrupte kronies wat stuk vir stuk val.

m.d.r ·

Nuus vir Cyril—-jy, en baie blankes verstaan nie wat destyds met Retief en Dingaan gebeur het nie:
Retief het onderhandel oor die KOOP van ‘n stuk grond vir sy mense….
Daardeur het die Voortrekkers (1) EIENAARSKAP van die Zoeloes erken, en (2) die SOEWEREINITEIT van die Zoeloes erken.
Cyril dwaal as hy anders beweer.
Cyril kan een ding gerus onthou—-die geskiedenis van hierdie land is tot en met circa 1880 deur die Blankes geskryf–dood eenvoudig omdat Swartmense nie kon lees of skryf nie.
Eintlik glo Cyril, soos baie ander Swart leiers aan ‘n soort mitologie–geskep deur voorvaderlike vertellings lanks die vure in die aand…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.