AB maak ons trots, sê Zuma

AB de Villiers Foto: espncricinfo.com

AB de Villiers Foto: espncricinfo.com

President Jacob Zuma het die krieketspeler AB de Villiers Sondag gelukgewens nadat hy die speler geword het wat die vinnigste 7 000 Internasionale eendagwedstryd-lopies kon aanteken.

“Mnr. de Villiers het die land ʼn groot eer betoon met sy uitnemende prestasie en ons wens hom alles van die beste toe,” het Zuma in ʼn verklaring, wat deur die presidensie uitgereik is, gesê.

De Villiers is ook as die Internasionale Krieketraad se Internasionale eendagwedstryd (ODI)-krieketspeler van die jaar aangewys.

Hy het Vrydag aan sy 172ste ODI vir Suid-Afrika teen Australië deelgeneem toe hy die 7 019 lopies aangeteken het van 166 kolfbeurte met ʼn gemiddeld van 51.23.

Zuma is tans in Brisbane, Australië vir die G20-leierskapsberaad en het onderneem om die Proteas Sondag in hul wedstryd teen Australië in Perth te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Ag vaderland tog… kruip hy nou by die krieketspelers…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.