AB: ‘Tyd verby dat Afrikaner apologeties oor verlede moet wees’

afrikaner vraagteken“Afrikaners behoort hulle sterk te verset teen enige poging om eiendomsreg en vryemark beginsels af te takel, want dit is die boustene van ‘n suksesvolle Suid Afrika.”

So sê Jaco Schoeman, wat pas tot nuwe leier van die Afrikanerbond verkies is. Hy volg Pieter Vorster op, wat as leier bedank het toe hy hom as kandidaat vir die Vryheidsfront Plus beskikbaar gestel het.

“Afrikaners se selfbeeld, trots en identiteit word egter deurentyd verdag gemaak en moet ons dit as doelwit stel om Afrikaners se selftrots te herstel. Indien dit bereik word kan Afrikaners hulle regmatige plek opneem in die toekoms van Suid-Afrika,” sê Schoeman.

“Deel van die selftrots is om ook ʼn hand uit te steek na ander gemeenskappe in Suid-Afrika, en in hierdie verband wil die Afrikanerbond deur sy minderheidsinisiatief ʼn rol speel. Die tyd is egter verby dat Afrikaners, hoed in die hand, apologeties moet wees oor die verlede.”

Schoeman sê die uitslag van die afgelope verkiesing, dwing alle burgerlike organisasies om as medebewakers van die grondwetlike demokrasie op te tree. “Hiermee kan en moet die burgerlike samelewing en veral organisasies wat verbind is tot die grondwetlike demokrasie, soos die Afrikanerbond, hulleself bemoei. Daar is nie nodigheid, tyd of regverdiging om terug te beweeg na ʼn era van neo-rassisime of uitgediende sosialistiese ideologie nie.”

Schoeman sê “bogenoemde kan slegs reggekry word as organisasies en instellings in die burgerlike samelewing hulle kundigheid en hulpbronne deel en bereid is om saam met ander te werk tot bereiking van gemeenskaplike doelwitte in die uitlewing van ons grondwetlike demokrasie en die waardes soos vervat in die grondwet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Deon ·

Broer Jaco ek stem 100% saam met u, en geluk met u verkiesing as nuwe AB Voorsitter/Leier. Ek moet egter u versoek om namens die AB die Volk om verskoning vra dat die AB by uitstek as eertydse magshouers, ons Volk se selfbeskikking weggegee het aan die huidige sosialistiese minderheidsonderdrukkers 20 jaar gelede wat onrekenbare skade, verliese en moord tot gevolg het. Indien die NP topstruktuur sonder die AB se wete die verraad gepleeg het, stel die feite tydens die 31 Mei 2014 Kogesa in Pretoria asseblief sodat die skuldiges gebrandmerk kan word. Gebruik asb u invloed en middele om ons Volk weer te laat op staan uit die as van vernedering en onderdrukking. Baie dankie. Deon

catryn ·

Daar is slegs EEN waarborg dat grond van ons Afrikaners ontneem word, en dit is EKSTERNE selfbeskikking waarop ons geregtig is. Die AB kan gerus ophou om namens die Afrikaner op die Afrikaner se beuel te blaas. Julle het die geleentheid gehad in 1994 en dit opgeneuk. So dit is die Afrikaner se beurt om dit wat op 1994 op die tafel was, te kry: Eksterne Selfbeskikking. Dit is nie net aan die Afrikaner ooreengekom, in die destydse grondwet nie, maar OOK is die zulu nasie ‘n ooreenkoms bereik dat hul ‘n monarchie mag kry. Vra gerus koning Zwelithini en chief Buthelezi, en De Klerk en ander wat daar was WAT is ooreengekom. Daar was ook ooreenkom dat Afrikaners en alle minderheidsgroepe selfbeskikking verkry. Die AB praat nie nou namens die Afrikaners nie, en dit is tyd dat die AB dit besef , julle het almal mislei en probeer dit steeds doen. Hou op lieg vir die mense, Afrikaners is al ‘n miljoen verarmd, hoeveel wil julle nog armer he en doodhe? Hoekom gee julle nie vir die wat nie huise het en onder bome bly, huise nie, julle het mos julle self in die proses verryk. Vra bietjie vir De Klerk na die geld, en veral George Soros wat so mildelik uitdeel. Is net interessant dat ook die zulu mense terugstaan vir die AB en dit is absoluut ‘n skande, kry die AB nie skaam om so te lieg nie. Nou moet hulle tevrede wees met ‘n derdehandse monarchie wat nie eers die papier werd is waarop dit staan nie, want hulle is slegs TRUSTEE van die verskeie trustgebiede, en die staat die eienaar. Wat is daar gekonkel met al die Trustee wette, want die Khoi San het ook net Trusts en Cpa’s, en belieg dan later die mense dat hierdie mense nie enige grondregte het nie, en hulle is reg, want die A n c hou dit in trust, waarvoor? Hoekom kan dit nie aan die zulu mense wat daar bly oorgedra word nie. Trusts word net vir spesifieke gemeenskappe geskep, waarom, dit is tog ook maar a n c apartheid. So ons dring aan ons soek ons Eksterne Selfbeskikking. AB hou op lieg vir die Afrikaners. Gaan kyk bietjie wie was by daardie onderhandelinge teenwoordig. Baie interessant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.