AbaThembu-koning begin met 12 jaar tronkstraf

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

Die Suid-Afrikaanse ministerie van justisie en korrektiewe dienste het gesê koning Buyelekhaya Dalindyebo van die abaThembu-koninklike gesin sal na verwagting Woensdag met sy 12 jaar tronkstraf begin.

“Koning Dalindyebo het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die konstitusionele hof, maar die aansoek is op 2 Desember 2015 van die hand gewys,” het adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die ministerie, gesê. “Volgens sy borgtogvoorwaardes, wat ʼn hofbevel geword het, moet hy homself binne 14 dae, wat op 23 Desember 2015 verstryk, by die Mthatha- korrektiewe sentrum aanmeld.”

Mhaga het gesê die departement van justisie is bewus van berigte dat die koning is van plan om presidensiële kwytskelding te versoek. Dalindyebo is gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklag van brandstigting, aanranding, ontvoering en strafbare manslag.

Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika (Kontralesa) in die Oos-Kaap het gewaarsku dat vorige “misverstande” tussen die koning en president Jacob Zuma nie in die weg moet staan van ʼn moontlike kwytskelding nie.

“In hierdie stadium het die departement of die ministerie nog nie só aansoek van koning Dalindyebo ontvang nie,” het Mhaga bygevoeg. Indien die koning ʼn presidensiële kwytskelding verlang, moet hy deur die departement aansoek doen.

Dalindyebo is deel van dieselfde kern, die amaDlomo, van die abaThembu-koninklike gesin as voormalige president Nelson Mandela.

Mhaga het gesê daar is niks wat enigiemand verhoed om aansoek te doen om ʼn presidensiële kwytskelding voor hulle hul vonnis begin uitdien nie. “Dit moet dus duidelik gestel word dat die president en die minister nie enige indruk geskep het dat hulle moontlik kan ingryp in die saak wat met koning Dalindyebo verband hou nie, aangesien dit beteken hulle sou by die regsproses inmeng,” het hy verduidelik.

Lede van Kontralesa het vroeër voorgestel dat ʼn persoon van die abaThembu-stam aangewys kan word om die 12 jaar vonnis namens die koning uit te dien. Dié voorstel is onmiddellik verwerp en die koning sal dus na verwagting Woensdag met sy vonnis begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

GES ·

Wat het die koning in gedagte as hy nie kwytgeskeld gaan word nie, ‘n sel of ‘n troonkamer?

Garsbrood rol ·

Wat van Robben eiland vir n paar jaar , dan hou ons sommer by die’ tradisie , kom uit en voilaz – staatspresident . Xhosa ? Zulma ? Klink goed

Johann Marx ·

Garsbrood rol is reg. Die eerste Prez moes 27 jaar sit voor hy Prez kon word. Hierdie dude moet net 12 jaar sit………..uitkom en homself “demokraties” verkiesbaar stel…en voila!! ons nuwe President!!!

Pieter.v ·

Is Zuma bo die wet verhewe na miljoene rande belasting geld aan sy huis,hoender hokke,vuurpoel en gaste huise spandeer en nou onlangs die land se ekonomie in een groot gemors laat beland het waar die land biljoene rand verloor het ,en waarom is hy nie saam met Shaik vir bedrog verhoor nie,Ek se nie die koning moet vry gespreek word nie maar maar dit lyk of party mense skot vry kom as jy n sekere posisie in die land beklee.

Nic Grobler ·

Ek verbeel my seker, maar is hier nie iewers ‘n saadjie van ‘n Zoeloe/Xhosa stryd nie. Wie’s baas? Skuus – moet deesdae seker wees: wie kraai koning?

Garsbrood rol ·

Roger that Nic . Ek meen hulle moes eers afry Natal toe doerie tyd om die opposisie te gaan moor en plunder sodat Zululand ook vrywilliglik :”demokraties” sou wil wees en ANC stem , Lucas Mangope ook .

Rynhardt ·

Koning Dalindyebo se 12jaar tronkstaf vertel nie die volle verhaal nie.Sy tronksel gaan weelderig vir hom uitgele word! Onthou hy was die man wat die liberale DA so bemark het as wonderlik totdat die hof hom skuldig bevind het.Na 12jaar gaan hy die DA se nuwe leier word(n tipe tweede Mandela) en Mmusi Maimane sal die onderleier wees.Welgedaan, DA!

Griki ·

As Zuma hom kwytskeld sal dit ‘n gevaarlike presedent skep en ook die indruk skep dat konings bo die wet verhewe is. Die oortredings waaraan hy skuldig bevind is, is almal baie ernstige oortredings. Dis nie winkeldiefstal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.