AbaThembu-koning nóg ʼn week gegun

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

Koning Buyelekhaya Dalindyebo van die abaThembu-koninklike gesin het Woensdag daarin geslaag om die hooggeregshof in Mthatha te oortuig dat sy borgtog met nog ʼn week verleng word.

Koning Dalindyebo is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan brandstigting, aanranding, ontvoering en strafbare manslag. Hy sou na verwagting gister om middernag by die Mthatha-maksimumgevangenis aanmeld om sy vonnis te begin uitdien.

Dalindyebo het aansoek gedoen om verlof tot appèl by die konstitusionele hof, maar die aansoek is op 2 Desember 2015 van die hand gewys

Sy regspan het egter die hooggeregshof in Mthatha genader wat hom nog ʼn week van vryheid toegestaan het om die ministerie van justisie toe te laat om sy aansoek om appèl teen sy skuldigbevinding te oorweeg.

Adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die ministerie, het Woensdag gesê hulle het ʼn petisie van Yasmin Omar ontvang, ʼn advokaat wat beweer dat hy Dalindyebo verteenwoordig. Die petisie het minister Michael Masutha versoek om die verhoor te laat heropen. Volgens Mhaga beroep die versoek hom op ʼn artikel in die wet wat ʼn persoon toelaat om die minister van justisie te versoek om die verhoor te heropen wanneer alle wetlike roetes in alle moontlike howe gevolg is en onsuksesvol was.

“Die minister oorweeg tans die versoek en sal reageer wanneer die nodige ondersoek gedoen is,” het Mhaga gesê. Hy het gesê Dalindyebo se borgtogvoorwaardes sal steeds vir die volgende week van krag wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Presstituut ·

Ek is seker ons kan n paar goeie fotos Photoshop met hom en sy Springbok klere aan , met sy medaljes ens en n media sensasie dryf , n boek skryf , n TV reeks begin edm om hom los te kry , sal hom net n paar Shekels kos . Maar hulle is n ryk familie .

Hennie ·

‘n Herverhoor na brandstigting, aanranding, ontvoering en strafbare manslag? Wees verseker dat Zuma wat ‘n Zulu is iets te sê gehad het oor hierdie tronkstraf, hoekom nie as hy miljoene rande per maand aan tradisionele Zulu leiers betaal as vergoeding! Wees verseker dat daar nou skielik ‘n paar feite gaan wees wat “misgekyk was” en dat Dalindyebo vrygespreek gaan word. Ons leef in ‘n tyd waar ongeregtigheid seefier.

susanne van graan ·

Susanne – Ek wil graag weet, voor kolonialisme was daar net opperhoofde en stamhoofde, nou het elke inheemse mens wat ‘n ander taal in Suid Afrika praat, ‘n koning! Hierdie “konings” word deur die belastingbetaler onderhou en doen absoluut niks vir die sameleweing nie, behalwe om te bestaan en hande bak te hou vir geld en nuwe 4 x 4 motors (die duurste) Ek dink hierdie veroordeelde “koning” gaan ook kwytgeskeld word! Sies vir die wette wat net vir sekeres van die bevolking geld , hulle gaan tronk toe en die koninklikes en hulle comrades word kwytgeskeld

Bach ·

Koning se dinges. Hy is ‘n misdadiger en hoort in die tronk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.