AbaThembu-koning ontvang steeds salaris

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

Die Oos-Kaapse departement van plaaslike regering en tradisionele sake het bevestig hy is in die proses om Buyelekhaya Dalindyebo, die voormalige AbaThembu-koning, se salaris te staak.

Dalindyebo dien tans 12 jaar tronkstraf uit vir ontvoering, aanranding, brandstigting en dwarsboming van die gereg. Dalindyebo verdien egter nog sy salaris van R1,1 miljoen per jaar.

Mamnkeli Ngam, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van plaaslike regering en tradisionele sake, het aan African News Agency gesê die departement is besig met wetlike prosesse ten einde Dalindyebo se salaris te kanselleer.

“Ons wil seker maak dat alles binne die wetlike raamwerk gedoen word sodat ons sy salaris as ʼn saak van dringendheid kan kanselleer,” het Ngam gesê.

Die departement van korrektiewe dienste in die Oos-Kaap het intussen bevestig dat Dalindyebo steeds in die Life Oos-Londen-hospitaal behandel word.

Nkosi Daludomo Mtirara, woordvoerder van die koninklike familie, het gesê Dalindyebo word nie meer as die koning beskou nie en dat die regering versoek is om sy ampstitel terug te trek.

Die sertifikaat wat sy koningskap verklaar kan egter eers teruggetrek word sodra pres. Jacob Zuma ʼn besluit daaroor geneem het en dit aankondig.

Lees alle vorige berigte oor Buyelekhaya Dalindyebo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Henri ·

Die Koning van Konings moet toestemming gee…..en as hy nie wil nie?
Die departement is besig met wetlike prosesse om die salaris te kan kanselleer, om dan die salaris spoedig te kan kanselleer……….. watter wette , tradisioneel , ANC wet of die een vir gewone kriminele?
Dan lyk dit ook of hy onder een of ander Hospitaal (of Sheik) wet sy straf uitdien.

Geregtig ·

Gekke spul.. Gat is Groot diep en donker DIE GROOT REGTER SLAAP NIE.

Jan maak n Plan ·

Ons moet asb net eeen ding onthou. Stemme kos geld – baie geld.

Jordaan ·

Die geld wat op konings en tradisionele leiers gemors word is om van naar te word!

Tanya ·

Daar word gese die armes sal altyd met ons wees. Maar die ANC regering het die armes baie vermeerde maar deur korpsie is Daar ook meer super rykes

Yvonne ·

Ag man, ek is nou sommer net gatvol verby! Hoe is dit moontlik dat my swaarverdiende ou geldjie (belasting) sommer net so blatant wanaangewend kan word! Hoekom het ek nie ‘n sê nie?! Ek dink in elk geval al lankal dat die wêreld net een groot gemors is en dat die hele blêddie wêreld lankal overdue is vir verandering! Sterk sentrale reregings is net tot die voordeel van ‘n handjievol parasitiese , narcistiese gladdebekke. (Wens net ek het geweet wat om daaraan te doen…) Dis hoooog tyd dat stem”punte” op ‘n persentasie, gemeet aan belasting wat betaal is, bepaal word. Opheffing van armes, veral ten opsigte van onderwys, moet die allerbelangrikste doelwit wees. En, belastingbetalers moet in staat wees om hulle belasting te weerhou indien die regering ongrondwetlik optree.

GES ·

Afrika is die leier op die gebied van geldmors. Geen wonder Barclays bank oorweeg dit baie sterk om uit Afrika pad te gee.

Bach ·

Koning se dinges. Hulle is net geldsuiers van ons swaar verdiende geld. Ek moet my inhou anders word ek ook as ‘ n rassis gebrandmerk. Gek spul.

Frans ·

Ek wonder wa doen jy aansoek om koning te word ek het grade 7 darm

m ·

Daar word mooi na die narre gekyk so sy salarissie gaan nie gestop word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.