Zama Feni, woordvoerder van die departement, het gesê Dalindyebo is Vrydag uit die Life St. Dominics-hospitaal ontslaan, maar moes Sondag weer opgeneem word nadat sy mediese toestand versleg het.
Dalindyebo is op 8 Januarie ook in die hospitaal opgeneem nadat hy aan ʼn eetstaking deelgeneem het. EFF-leier Julius Malema het die koning kort daarna in die hospitaal besoek om hom te oorreed om weer te begin eet.
Feni het berigte deur die Daily Dispatch, dat Dalindyebo voorkeurbehandeling ontvang, insluitend ʼn spesiale kosspyskaart en spesiale sel terwyl hy in aanhouding is, ontken. “Hy ontvang geen voorkeurbehandeling nie; hy is soos enige ander gevangene,” het Feni gesê.
Intussen het Nkosi Daludomo Mtirara, woordvoerder vir die koninklike familie, gesê hy is nie bewus daarvan dat Dalindyebo weer in die hospitaal opgeneem is nie. “Ek is nie daarvan bewus dat hy teruggeneem is hospitaal toe nie. Ons wens hom ʼn spoedige herstel toe en hoop hy is gou weer gesond. Ons wil hom weer eens verseker van ons ondersteuning terwyl hy deur die proses van korrektiewe dienste gaan,” het hy gesê.
Mtirara het ook gesê volgens die koninklike familie word Dalindyebo nie langer as ʼn koning geag nie. “Dit maak net nie sin nie, hy kan nie ʼn koning wees en in die tronk wees nie. Ons het voortgegaan met ʼn onttrekkingsertifikaat aan die regering en ons wag vir hul terugvoer.”
Dit wil egter voorkom asof daar onenigheid is oor Dalidyebo se opvolger en nie almal is ten gunste van sy 23-jarige seun, prins Avenathi, nie.
Dalindyebo dien tans 12 jaar tronkstraf uit vir ontvoering, aanranding, brandstigting en dwarsboming van die gereg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Gaan dit so aangaan vir die volgende paar jaar wat hy in die tronk sit? Klink na nog ‘n Shabir Sheik!
Stem saam nog ‘n Shakir Sheik hoop wonder of Oscar notas neem
BPrivaat hospitaal vir ń staats gevangene? Geen voorkeur behandeling daar nie…
Hy verlang hom siek na vryheid. Hy behoort binnekort terminaal gesond te wees en dan op mediese parool vrygelaat te word.
Hy moet eers kolf leer speel in die hospitaal terein voor vrylating op parool. ‘n Goeie voorgee op bou.