AbaThembu-koning weer in hospitaal

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

Buyelekhaya Dalindyebo, die voormalige AbaThembu koning, is Sondagoggend weer in die Life Oos-Londen-hospitaal opgeneem, het die Oos-Kaapse korrektiewe dienste bevestig.

Zama Feni, woordvoerder van die departement, het gesê Dalindyebo is Vrydag uit die Life St. Dominics-hospitaal ontslaan, maar moes Sondag weer opgeneem word nadat sy mediese toestand versleg het.

Dalindyebo is op 8 Januarie ook in die hospitaal opgeneem nadat hy aan ʼn eetstaking deelgeneem het. EFF-leier Julius Malema het die koning kort daarna in die hospitaal besoek om hom te oorreed om weer te begin eet.

Feni het berigte deur die Daily Dispatch, dat Dalindyebo voorkeurbehandeling ontvang, insluitend ʼn spesiale kosspyskaart en spesiale sel terwyl hy in aanhouding is, ontken. “Hy ontvang geen voorkeurbehandeling nie; hy is soos enige ander gevangene,” het Feni gesê.

Intussen het Nkosi Daludomo Mtirara, woordvoerder vir die koninklike familie, gesê hy is nie bewus daarvan dat Dalindyebo weer in die hospitaal opgeneem is nie. “Ek is nie daarvan bewus dat hy teruggeneem is hospitaal toe nie. Ons wens hom ʼn spoedige herstel toe en hoop hy is gou weer gesond. Ons wil hom weer eens verseker van ons ondersteuning terwyl hy deur die proses van korrektiewe dienste gaan,” het hy gesê.

Mtirara het ook gesê volgens die koninklike familie word Dalindyebo nie langer as ʼn koning geag nie. “Dit maak net nie sin nie, hy kan nie ʼn koning wees en in die tronk wees nie. Ons het voortgegaan met ʼn onttrekkingsertifikaat aan die regering en ons wag vir hul terugvoer.”

Dit wil egter voorkom asof daar onenigheid is oor Dalidyebo se opvolger en nie almal is ten gunste van sy 23-jarige seun, prins Avenathi, nie.

Dalindyebo dien tans 12 jaar tronkstraf uit vir ontvoering, aanranding, brandstigting en dwarsboming van die gereg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Gaan dit so aangaan vir die volgende paar jaar wat hy in die tronk sit? Klink na nog ‘n Shabir Sheik!

Michael ·

Stem saam nog ‘n Shakir Sheik hoop wonder of Oscar notas neem

Martin ·

Wat het dit met Oscar te doen. Al wat Oscar moet doen is om die rês van sy vonnis uit te dien.

Johan ·

BPrivaat hospitaal vir ń staats gevangene? Geen voorkeur behandeling daar nie…

GES ·

Hy verlang hom siek na vryheid. Hy behoort binnekort terminaal gesond te wees en dan op mediese parool vrygelaat te word.

DPJ ·

Hy moet eers kolf leer speel in die hospitaal terein voor vrylating op parool. ‘n Goeie voorgee op bou.

Champ ·

Niemand is so siek as hy wie nie gesond wil wees. Hoeveel geld het jy?????

Pieter ·

Koop “Life Hospitaal Groep” aandele. Dit behoort goed te doen.

willie ·

Hy word darem baie siek na so kort rukkie in tronk. Voordit was hy perdfris en gesond

Vicus ·

Hy is n veroordeelde misdadiger wat almal vir n “ride” vat. Wat se ge koning is dit met julle?

alida ·

Ag regtig Maroela is dit nou nuus. Berig eerder oor die reenval oor die land.

Weskaper ·

Baie reeds gese, maar hier kom verseker nog ‘n Schaik. Solank die klomp skelms aan stuur van regering is sal dit nooit ophou nie.

neelsie ·

Die gesag van die reg word so uitgedaag.
Die voorbeeld van n korrupte” koning”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.