AbaThembu-volk leierloos ná koning by tronk aanmeld

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

Koning Buyelekhaya Dalindyebo het die AbaThembu-volk leierloos gelaat nadat hy Woensdag by die gevangenis in Mthatha aangemeld het om sy vonnis van 12 jaar uit te dien.

Daludumo Mtirara, woordvoerder van die AbaThembu-nasie, het gesê die koninklike familie moet nou die pad vorentoe bepaal.

Maroela Media het vroeër berig Dalindyebo se laaste poging om tronkstraf vry te spring het Woensdag misluk nadat Michael Masutha, minister van justisie, sy aansoek om sy verhoor te laat heropen, van die hand gewys het.

Dalindyebo is in 2009 skuldig bevind en 15 jaar tronkstraf opgelê vir verskeie misdade wat strafbare manslag, brandstigting, aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering insluit. Nadat die koning die appèlhof genader het, is sy skuldigbevinding aan strafbare manslag ter syde gestel en sy vonnis tot 12 jaar tronkstraf verminder.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het bevestig Dalindyebo het Woensdag voor middernag by die gevangenis aangemeld soos die hof beveel het.

Mtirara het Donderdag gesê die AbaThembu koninklike familie het besluit om Maandag met die Ngangelizwe koninklike familie te vergader, gevolg deur ʼn vergadering met die Dlomo koninklike familie en ʼn vergadering met die AbaThembu-volk op 8 Januarie 2016. Al hierdie vergaderings sal in die koninklike woning in Bumbane in die Oos-Kaap gehou word.

Hy het namens die koninklike familie ʼn beroep op die AbaThembu-nasie gedoen om “kalm te bly” en die Ngangelizwe koninklike familie toe te laat om in samewerking met die departement van samewerkende regering en tradisionele sake te besluit op die pad vorentoe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Martin ·

Nogal jammer hulle het nie ‘n leier nie. Ons in SA ken dit al van1994 af.

Martin ·

…en nou wat van al die ander kriminele wat op vrye voet is?

Dee ·

Probeer jy nou voorspraak maak dat hy ook vrygelaat moet word omdat daar ‘ander’ kriminele is wat op vrye voet is? Wenk… dit help om te dink voor jy skryf.

Pierre ·

Shame met sulke leiers is dit miskien beter so. Die mense kan nou rustiger slaap.

Frederik ·

Sjoe, soveel koninklikes wat jaarliks sowat R 60miljoen & ‘n paar Mercedese per koning van die belastingbetaler ontvang en dit vir niksdoen nie. G’n wonder SA mik vir rommelstatus nie.

Karen ·

Ook die enigste wat tronk toe gaan, want die res loop steeds los rond…

Winston ·

Daar is dalk ander redes hoekom selektiewes tronk toe gestuur word? Dis nie wat jy kan bewys nie, dis wie jy is.

Henri ·

winston, het hy hom nie by die DA geskaar nie? Met die oderdane natuurlik ingesluit.

Boer ·

Kan maroela media iets oor die plaasaanval in Villiersdorp berig. Dankie.

Henri ·

Hou moed . Enige reis begin met een tree. die res verg inspanning en aahouvermoe. Aanmodiging van ander help ook. M.a.w. wees dankbaar oor die eersrste tree, staam saam (eendrag maak mag) klim uit jou gemakstoel en DOEN. Maak jou inset op OUTA, Maak jou kruise teen cANCer elke daad tel want een minder as jy 99 het, kort jy steeds 1 om 100 te kan behaal. Verkonndig ook die nuus aan almal wat jy ken en dalk kan help om dinge reggestel kry. Aanmodigig tel baie punte , in sport, akademie (vra enige huidige matrikulant) en ook in politiek.

Johann Marx ·

Het die blanke Afrikaner volk ook ‘n “koning” wat elke maand ‘n hoop geld kry en ‘n fancy Merc ry…op die koste van die belastingbetaler? Wie is hy? Of het hulle “koning” in 1992 ge-abdikeer ter wille van “internasionale rugby deelname”…..in ruil vir een of meer plaasmoorde per week van toe af, en “regstellende aksie”, Swart Ekonomiese bemagtiging, swak dienslewering, korrupsie, vermorsing, agteruitgang, rasse diskriminasie en ‘n ewig-dalende Rand?

daan ·

Groot asseblief sit SA se no1 koning ook in die tronk. Ek sal baie gemakliker voel sonder n koning! Maar, terloops, eks seker hy kry nog sy koninklike toelaag en sal soos n koning behandel word in die tronk!

pat aldrich ·

Speel siek en jy sal vrygelaat word. Koningloos in die geval is lyk my meer korrupsieloos

Dee ·

Nou is die vraag of hy ‘n bandietoorpak gaan dra en tussen die ander kriminele in ‘n sel gaan wees en saam met hulle eet en of hy sy eie sel en spyskaart gaan hê.

Johan 2 ·

Is brandstigting, moord en verkragting nie n koning se werk nie? Wat doen hy anders? Wel Zuma praat darem twak ook…dalk moet ons iemand kroon as Koning, dan gee ons die Britte bietjie gas met hom. Voorspoedige nuwe jaar almal :).

Bach ·

Hierdie klomp sg konings wat net luukse motors en ruim toelaes kry sal sekerlik soos konings in die tronk behandel word en binnekort vry wees soos Shabir Shaik weens swak gesondheid omdat Z daardie stemme soek. Als ‘n klug!

CHRISTA ·

“Mark my words!!” Zuma gaan hom “pardon” en hy gaan binne ‘n maand vry wees!!

Ricky ·

Hom word zuma nie ook toe gesluit vir wat hy aan suid Africa doen nie.

jessica ·

Ek voorspel dat die koning voorkeur behandeling sal ontvang soos Shabier en Selebe. Hy gaan ook vrygelaat word op mediese parool agv n ongeneeslike siekte …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.