Aberdeen-man se liggaam op voetpad gekry

Conradie het verskeie wonde aan sy keel gehad. (Argieffoto)

Die Oos-Kaapse polisie het ʼn beroep op mense gedoen om na vore te kom met enige inligting nadat die liggaam van ʼn man van Aberdeen Maandag in die omgewing aangetref is.

Die 45-jarige Koos Conradie se liggaam, met sy gesig na onder, is op ʼn bospaadjie naby die Fonteinbos-natuurreservaat in die Lotusville-gebied gevind.

Kapt. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder, sê Conradie het verskeie wonde aan sy kop en keel gehad.

Paramedici het Conradie op die toneel dood verklaar. Speurders van die Aberdeen-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Enigiemand met inligting oor die moord kan sers. Elrado Kameel by 082 855 4458 of 049 846 0015 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

melaney ·

Elke dag se storie. Net ‘n ander dorp en ‘n ander gesig. Families rou ooral. My innige simpatie aan sy familie en vriende.

Retha ·

My hart breek vir ons mense-ons word soos kroonwild gejag, openlik en as die doodstraf nie terugkom nie staan ons nie ‘n kans nie. Maak jouself parraat, is al wat ons kan doen. Die regstesel is in elk geval aan die kant van die krimineel. Innige simatie aan al die geliefdes.

Wonder ·

Doodstraf gaan dan net vir sekere mense gegee word, ons land word nie regverdig regeer nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.