Abrahams: ‘Geen bewyse van politieke inmenging’ in Gordhan-vervolging

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê daar is nie ʼn greintjie bewyslewering dat die besluit om Pravin Gordhan, minister van finansies, te vervolg, polities gemotiveerd was nie.

Abrahams het Vrydag wel bevestig dat die huidige politieke klimaat nie gunstig is vir die publiek se vertroue in aanklaers nie. “Daar is nie ʼn greintjie bewyslewering van politieke inmenging in die saak nie. Hierdie kwessie van politieke inmenging word wyd in die media gepubliseer, maar is heeltemal selfgeskep,” het hy aan die parlement se portefeuljekomitee van justisie gesê.

“Ek kan hierdie komitee verseker die aanvanklike besluit om minister Gordhan te vervolg was nie ʼn polities gemotiveerde besluit nie. Ek wil dit beklemtoon dat die feit dat die aanklagte teruggetrek is, sprekend is van my onafhanklikheid as direkteur van openbare vervolging.”

Hy het bewerings ontken dat hy “gekaap” is om sekere politieke belange te dien. “Gekaap deur wie? Kan enigiemand daardie vraag beantwoord?” het Abrahams gevra.

“Die huidige politieke klimaat in die land en al die vingers wat na die NVG gewys word, is nie goed vir openbare vertroue in die instansies nie, maar ons sal voortgaan om sonder vrees of vooroordeel te vervolg.”

LP’s van oppposisiepartye het gevra oor Abrahams se besoek aan Luthuli-huis slegs ʼn dag voordat Abrahams aangekondig het dat Gordhan ʼn dagvaarding ontvang het om voor ʼn hof te verskyn op bedrogaanklagte. Abrahams het ʼn dramatiese verduideliking gegee hoekom hy met pres. Jacob Zuma en sommige kabinetsministers vergader het.

“Dit is Maandagmiddag. Dit is ʼn uur voor my tandartsafspraak, busse brand, winkels word geplunder, voertuie en geboue word geskend, mense word aangerand. Dit is ʼn toestand van anargie. Ek ontvang ʼn oproep van die minister van justisie wat my hulp by ʼn vergadering versoek. Dit is ʼn noodvergadering. Ek woon hierdie vergadering by,” het hy gesê. Hy het volgehou die voortslepende studente-onluste is tydens die vergadering bespreek.

“Ek het nie hierdie vergadering by Luthuli-huis bygewoon om met ANC-amptenare te vergader nie. Ek het hierdie vergadering bygewoon om met ministers in die sekuriteitsgroep te vergader.” Hy het gesê hy is spyt oor die plek waar die vergadering gehou is, maar hy het nie soontoe gegaan om met Zuma oor Gordhan se vervolging te praat nie.

“Die president het my nie na hierdie vergadering genooi nie. Die president het nie eens geweet dat ek die vergadering sou bywoon nie,” het hy gesê. “Natuurlik wens ek die vergadering was nie by daardie plek gereël nie. Ek stem nie saam met julle dat my bywoning van hierdie vergadering aanduidend is van ʼn gebrek aan goeie oordeel nie.”

Abrahams het volgehou die besluit om Gordhan en sy voormalige kollegas, Ivan Pillay en Oupa Magashula, te vervolg, was nooit bedoel om hulle opsetlik te ontstel of hul naam in gedrang te bring nie. “Ons Grondwet stel dit dat almal gelyk is voor die gereg en ek voel nie dit is nodig om in hierdie omstandighede om verskoning te vra nie,” het hy gesê.

Abrahams het ook gesê dit was nie sy besluit om Gordhan en Kie. te vervolg nie. Die besluit is deur Torie Pretorius, die hoof van die NVG se eenheid vir prioriteitsmisdaad, in samewerking met Sibongile Mzinyathi, die direkteur van openbare vervolging in Noord-Gauteng, geneem. Die DA-LP Glynnis Breytenbach vra hoekom Pretorius en Mzinyathi nie teenwoordig was om vrae te beantwoord nie. Abrahams het gesê hy het gevoel dit is nie nodig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jakes ·

Ou Grote, het nuus vir jou! Jan en San Publiek het geen vertroue in geen staatsinstelling, moet nie jou self bejammer. Jonas en Sofie Public begin ook jul ware kleure sien. Ons gaan saam maar ‘n democratic rainbow opbou.

Piet Snot ·

Ek glo elke woord wat uit die geleerde man se mond kom.

Buitestander ·

Mooi so Abrahams jy het jou knap van jou taak gekwat. Jy sal nie afgedank wordd nie!

Peet ·

Thuli het die klip in die byenes gegooi. Hulle skarrel nou soos mal goed en lieg soos goedkoop zobo horlosies. Die hele lot lieg hulle self so vas..net wat Thuli wou gehad het! Puik werk. Die waarheid kom binnekort spook!!

carel ·

Jong jy is nie te slim nie ne? Jy probeer vir Ons as landsburgers vertel jy vervolg almal wat oortree waar is jy met die bedrog ondersoeke met coupta en Eskom, wapen transaksie, kzn bedrog wat booysen stop om sy Werk te doen, Kern transaksiee wat nie tender proses volg nie, aanklagte teen zuma, privaat vliegtuig op waterkloof land, oneerlike mense soos jiba wat onder jou werk en jy neem nie aksie nie, geld wat uit SAL vloei? En hier probeer jy n R 1.3 skiking bedrog maak maak his Abrams dit laat jou oordeel sleg lyk.. Jy mask jou die naam toffie….

carel ·

Jong jy is nie te slim nie ne? Jy probeer vir Ons as landsburgers vertel jy vervolg almal wat oortree waar is jy met die bedrog ondersoeke met coupta en Eskom, wapen transaksie, kzn bedrog wat booysen stop om sy Werk te doen, Kern transaksie wat nie tender proses volg nie, aanklagte teen zuma, privaat vliegtuig op waterkloof land, oneerlike mense soos jiba wat onder jou werk en jy neem nie aksie nie, geld wat uit SAL vloei? En hier probeer jy n R 1.3 skiking na bedrog laat lyk? Jis Abrams dit laat jou oordeel sleg lyk jong…… Jy maak jou eie naam toffie….

Alida ·

Nie baie skerp vir n Adv nie. Jou turf sit. Gaan huur n hut op Nkhandla.

Johann ·

Maroela, waar is jul berigte oor hoe dit met die studente en die eksamens gaan? Julle raak al stiller en stiller!!!!!

Oudste ·

Jare terug, as takbestuurder van ‘n finansiele instelling, was ek verantwoordelik en aanspreeklik vir alles wat in my tak gebeur het. As een van my personeel aangejaag het, het ek verantwoordelikheid en aanspreeklikheid aanvaar vir die breuk, maar NOOIT my personeel lid onder die bus gegooi, om myself te verontskuldig nie. Soos die Amerikaners se:”It happened on my watch” Die oortreder was daarna mee gedeel in terme vandie dissiplinere kode, soos van toepassing. Wat ek hier sien is ruggraatlose leiers, bereid om die salaris elke maand huis toe te neem, met geen verantwoordelikheid en aanspreeklikheid nie. Skande en skaamteloos.

Kobus ·

Bozo, my blom…jy is níé die skerpste potlood in die pakkie nie, nê!! Daar is ‘n rede hoekom regsgeleerdes soos jy nie julle eie praktyk het nie. Om dit te kan vermag moet mens seker eers bietjie geloofwaardigheid opdoen, of hóé ou grapkas!!??

Frederik ·

Abarahams, jy’s ‘n relatief junior regsman, maar Nammawan stel jou bo ander baie meer ervare persone aan as hoof van die NVG. En jy reken jy’s nie omkoopbaar nie !! Die publiek is nie so eng nie, ou perd.

Johan Fourie ·

Ja Abarahams ek kan dit vir jou antwoord aan gesien jy jou so dom soos grond hou ANC.
So slaan jou naam veder met n plank ,en hou aan om so te praat jy oortyg net jou self( nie ons nie ) ou perd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.