Abrahams kap na AfriForum oor Malema-vervolging

Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging (Foto: ANA)

Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), het AfriForum daarvan beskuldig dat hulle “aandag soek” en het hul bedoelings bevraagteken nadat die organisasie aangekondig het hy is van plan om EFF-leier Julius Malema privaat te vervolg.

“Die enigste keer wanneer iemand die NVG kan nader vir ʼn sertifikaat vir privaat vervolging is wanneer die NVG geweier het om te vervolg, en daardie persoon moet voldoen aan die voorgeskrewe jurisdiksionele vereistes in terme van die Strafproseswet,” het Abrahams aan die parlement se portefeuljekomitee vir justisie gesê.

Abrahams het die komitee Dinsdag toegespreek oor die NVG se jaarlikse prestasieplan.

“Enigiemand wat ʼn private vervolgingsproses aankondig voordat die proses oor enige saak afgehandel is, soek aandag en lei die publiek om die bos.”

Maroela Media het vroeër berig adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het verlede week aangekondig dat hy beplan om Malema en sy medebeskuldigdes privaat vir bedrog en tenderkorrupsie te vervolg, indien dié persone nie deur die staat vervolg gaan word nie.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, tydens die mediakonferensie (19 April 2018). Foto: Rozier van Tonder

Nel het aan verslaggewers gesê die eenheid sal Malema en kie vervolg indien die NVG nie toegee aan AfriForum se eis dat die saak teen Malema, rakende die destydse korrupte bedrywighede van die maatskappy On-Point Engineering in Limpopo, heringestel word nie.

AfriForum hou vol On-Point, waarby Malema se familietrust ’n belang het, is aangestel om Limpopo se departement van paaie en vervoer in 2009 met infrastruktuurontwikkeling, ‑onderhoud en -beplanning te ondersteun en het omkoopgeld ontvang van suksesvolle tenderaars wat vir hierdie doel aangestel is.

Abrahams het gesê hy het ʼn nuwe vervolgingspan aangestel nadat die saak van die hooggeregshofrol in Limpopo geskrap is. Die span het aangedui dat verdere ondersoek gedoen word en dat “talle getuies” ondervra word.

“Dit is normale praktyk vir aanklaers. Daar is niks ongewoons aan hierdie praktyk nie,” het hy gesê.

“Die nie-regeringsorganisasie ter sprake het aan die NVG geskryf oor dié saak en het daarna opportunisties na die media gehardloop. Ek is ingelig dat die saak tans oorweeg word en dat dit reeds in ʼn gevorderde stadium is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Thinus Oosthuizen ·

Indien die staat n gratifikasie itv Art 9 van die Wet op die Bekamping en Voorkoming van Korrupsie , Wet 12 van 2004 en gewysig deur Art 269a van die Strafproseswet, sal die NVG as medepligtige itv die UNCAC (United Nations Code Against Corruption ) gehou word en benodig Gerrie Nel en Afriforum geen sertifikaat van die NVG nie, die regsreël geld dat geen regshandeling vloei voort uit bedrog nie. En is die NVG ultra virus en verwyder van sy stoel. Sons Gerrie Nel en Afriforum moet die NVG waarsku dat hulle gevoeg sal word indien hulle sou inmeng met Malema se vervolging.

Johan ·

Dankie Shaun vir die aandag wat jy nou aan Afriforum gegee het, jy sê mos hulle soek aandag en dan nog bietjie gratis publisiteit ook

Ben ·

Josua – ek stem saam – lekker hand op die blaas met Zuma en nou met malema ook. Totally hidden agenda.
Indien iemand nie met Afri tevrede is nie – gee asb vir ons ‘n ander plan? Veral die leunstoel kommentators wat absoluut niks doen om met iets te help nie maar is gou om klippe te gooi.

Jacques ·

Wat steek Shaun weg of wat probeer hy toe smeer ? MMMMMMMM ek wonder maar net , want ek ruik n rot .

Mrs H ·

Hahaha hier kom nog n spul wurm blikke wat oopgevlek gaan word. Shaun het pas dit bevestig met sy komentaar! Voorwaarts mars Afriforum… Fantasties.

Mielie ·

Nee, hulle soek nie aandag nie SA, hulle vestig die publiek se aandag daarop dat jy nie jou werk doen nie en ons betalstingbetalers se geld mors. Ek is glad nie skaam vir Afriforum se werk nie, nes ander mense nie skaam is vir Jacob Zuma en kie se korrupsie en Julius Malema se haat en rassisme nie. Hulle hou die vervolgings gesag op hul tone. Hoe lank sou dit gevat het om Malema en Duduzane te vervolg. SA is die Bollie van NVG. Nes ander instansies het Afriforum ook regte en doen hulle baie goeie dinge. n Goeie voorbeeld is dat hulle n wetsverandering saam met HZF goedgekeur gekry sodat Zuma nie net wegkom van verantwoordelikheid nie.

Gerrit ·

Afriforum is nog nooit verdink van korupsie of kriminele betrokkenheid ,as abrahams sy werk doen sal Afriforum nie nodig hê om die stappe te neem nie.

PJC ·

Shaun Abrahams was nog nooit van plan om Malema te vervolg nie. Nou het Afriforum hom in ń blik gedruk en weet hy nie hoe om uit hierdie penarie te kom nie.

Melt Olckers ·

Hoekom is Abrahams nog in daai pos? Hy moes ook al lankal soos die Hof bevind het afgedank gewees het.

Schalk wie ·

Schalk die komediant? Watse kredietwaardigheid dra die nogal? Dis mos logies, die NVG doen nie hil werk nie daarom moet ander dit doen of die skuldiges loop vry.

Judge Dredd ·

Nee Mnr Abrahams, die rede is die NVG sloer nou al amper 3 jaar en het nog steeds nie besluit of hul Malema gaan vervolg nie, ‘n besluit/ondersoek wat niks langer as 6 maande behoort te vat nie.

kla-kous ·

Ek is bly die vervolgingsgesag kyk darem nog na die saak – al is ons nou 3 jaar verder.

Hessie.tess ·

Baie goed gestel, maar ons vra vir die geleerde Mnr Tinus Oosthuizen of hy weet wat staatskaping is, of daar in die Suid Afrikaanse reg so n misdryf is, wat die verwysing of definisie daarvan is dit lyk vir my eintlik of dit n oorsese misdryf is, ek kry dit nie in my Snyman nie, is die n gemeenregtelike of statutêr misdryf?

Haibo ·

Abrahams bly eerder stil, jou posisie is self nog verdag . hou op geraas maak .. dalk neem iemand jou ernstig op . maar dis nou eers NADAT hulle vasgestel het of jou aanstelling WETTIG is. Eintlik moet ALMAL MALEMA se optrede en uitsprake VEROORDEEL. Baie swartes se vandag ONS as gewone witmense wat nie in politiek was nie moes die apartheidsbeleid teegestaan en veroordeel het TOG SIEN EK NIE EEN SWARTMAN WAT VIR DIE WITTES IN SA OPSTAAN en MALEMA en die ANC EN EFF KRITISEER nie .. almal love hulle haatlike uitsprake en dreigmente so MOENIE weer vir my kom vertel EK moes tydens apartheid Opgetree het nie .. JULLE DOEN DIT OOK NIE!

Theuns ·

As ons voor die hof gedaag word,hetsy as aangeklaagdes of as getuies ,en nie opdaag nie, dan sal daar ñ inhegtenis bevel uitgereik word en ons sal toegesluit word. Maar mr julias en sy trawante hoef nie op te daag by die hof nie ,en dan word die saak sommer uit die hof uitgegooi en hulle loop vry rond. Baie goeie regs stelsel in SA.

Wolf ·

Mmmmm, Laat ek nou sien, ek is nogal baie wiskundig.” Talle getuies ” word ondervra. Die som lyk so Talle= Infinity.
Dus as Infinity met 1 per dag vermenigvuldig word is die antwoord? Hy sal nooit vervolg kan word nie. Slim ne? Ou Abrahams het voor my die antwoord geken.

André Badenhorst ·

Aaitsa! Wie’s Shaun Abrahams nou weer? Kan hy praat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.