Abrahams moet sê hoekom hy nie geskors moet word

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma het adv. Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag en twee van sy direkteure, versoek om redes te gee hoekom hulle nie geskors moet word nie.

Die presidensie het in ʼn verklaring bevestig Abrahams, Sibongile Mzinyathi, direkteur van openbare vervolging en dr. Torie Pretorius, waarnemende spesiale direkteur van openbare vervolging, is versoek om redes te verskaf oor hoekom hulle nie geskors moet word nie, hangende ʼn ondersoek na hul geskiktheid om die amp te beklee.

“Die president het die drie advokate versoek om ʼn geskrewe voorlegging te doen oor hoekom hulle nie geskors moet word hangende die ondersoek nie.” Die presidensie het gesê dit is gedoen in reaksie op die organisasies Freedom Under Law en die Helen Suzman-stigting se versoek.

“Die organisasies het hul kommer uitgespreek oor die manier waarop die drie advokate die vervolging van minister Pravin Gordhan, Visvanathan Pillay en George Magashula hanteer het.” Die organisasies het ʼn dringende hofaansoek ingedien om die president te dwing om Abrahams, Mzinyathi en Pretorius te skors.

EWN berig intussen Abrahams het dokumente by die hof ingedien oor briewe tussen hom en Berning Ntlemeza, hoof van die Valke. In die briewe verskil Abrahams en Ntlemeza sterk oor die terugtrek van die aanklagte teen Gordhan. Ntlemeza voer onder andere aan dat Abrahams nie te goeder trou opgetree het nie en onder openbare druk geswig het toe hy die aanklagte teen Gordhan teruggetrek het.

Die drie advokate het tot 28 November om redes aan pres. Zuma te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Justice ·

Skerp Johann – jy is in die kol en hy gaan steeds weier om JZ te vervolg wat sekerlik die hoofrede sal wees.

Buitestander ·

Laat hulle Gordhan vervolg en ons agter die byl kan kom.
Bring alles aan die lig dat ons deursigtigheid kan beleef.

Alida ·

Hy moet JZ vervolg. Hy sal gou agterkom JZ gebruik net mense tot sy eie voordeel daarna gooi hy hulle vir die wolwe. Lekker tjierienkies braai.

Rynhardt ·

Shaun Abrahamse moet se aan Zuma hoekom hy nie geskors moet word nie? Die einste Shaun wou Zuma nie vervolg vir 783klagtes nie! Mense, kyk die siek toneelsoel! Vanaand oor radio wil Maimane van die DA he dat Shaun omverskoning moet vra.Maimane dit gaan nie Zuma agter tralies laat beland nie.SA is n lekker groot piesangrepubliek omring deur heerlike soet kersies en roomys.Jy kan nog lekker lekkernye by die resep voeg.

snoefie ·

o nou het Abraham’s skielik vennote of is dit minions gekry wat saam met hom moet tereg staan. vanwaar gehasi?

Gerd Lourens ·

Johanna. Voeg sommer stortkop, hlaudi en ‘n hele paar ander hierby.

Fransie Rowles ·

S.A sirkus!!! Ons kort n President vir wie mens respek het!!

Nico ·

Hoe kan n ongeleerde persoon geleerde persone vra vir redes om nie geskors te word nie hy gaan dit nie verstaan nie dis nie net zuma wat die land in die afgrond in stuur nie almal wat agter hom staan Satan inkluis help om daarmee die wiel draai stadig maar verseker

Gert ·

Kry vir jou ou Ahbramsie, wat jy saai sal jy maai, moet net nie teveel simpatie verwag nie. Dit gebeur wanneer jy jou bereid verklaar om ‘n marionette vir Stortkop te wees………. dan knip hy die toutjies!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.