Abrahams se aanstelling ʼn ‘bespotting van grondwet’

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Die regspan van Freedom Under Law (FUL) het Woensdag aan die konstitusionele hof gesê die aanstelling van Shaun Abrahams as die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) was ʼn resultaat van oudpres. Jacob Zuma se misbruik van mag en daarom is enige hofbevel wat meld dat Abrahams is sy pos mag aanbly “ʼn bespotting van Suid-Afrika se grondwet”.

Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) het ʼn aansoek in die konstitusionele hof gebring om ʼn hooggeregshofuitspraak wat Abrahams se aanstelling tersyde stel, te bevestig.

Wim Trengove, vir FUL, het Woensdag gesê Zuma het Mxolisi Nxasana, voormalige NDOV, geboelie en onwettiglik openbare geld gebruik om hom te oortuig om die nasionale vervolgingsgesag (NVG) te verlaat.

“Die president wou van die NDOV ontslae raak en hom vervang. Hy het hom uit sy pos geboelie en hom met ʼn ondersoek na sy bevoegdheid gedreig, en toe dit nie werk nie, het hy hom verlei met reusebedrae geld,” het Trengrove gesê.

“Of Nxasana nou ʼn pion of ʼn slagoffer van die president se aksies was – sy aanstelling was ʼn produk van die president se magsmisbruik. Hoe takel ʼn mens hierdie ongeregtigheid? ʼn Mens kan dit nie beredder deur Abrahams in die pos toe te laat nie, dit sal ʼn bespotting van die grondwet maak. Ons meen sy aanstelling is onwettig,” het Trengrove gesê.

Nxasana is in 2015 ʼn goue handdruk van R17,3 miljoen gegee om sy pos te verlaat te midde van die korrupsieklagte wat soos ʼn swaard oor Zuma se kop gehang het.

Nxasana is tydelik vervang met Silas Ramaite. Abrahams is toe permanent aangestel.

Abrahams word die afgelope tyd wyd gekritiseer omdat hy skynbaar huiwerig is om Zuma se korrupsieaanklagte weer in te stel.

Die hooggeregshof in Pretoria het in Desember verlede jaar Abrahams se aanstelling ter syde gestel en pres. Cyril Ramaphosa opdrag gegee om ʼn nuwe NDOV aan te stel.

FUL, wat as ʼn vriend van die hof toegelaat is, asook Corruption Watch en die Helen Suzman-stigting wil hê dat Abrahams se aanstelling ter syde gestel word en dat Nxasana weer aangestel word.

Die NVG en Abrahams staan die aansoek teen. Die NVG wil wel hê dat Nxasana die R17 miljoen terug betaal.

Casac hou vol dat Abrahams nie bo verdenking is nie en nie aan die hoof van die NVG, wat in beheer is van Zuma se vervolging, moet staan nie.

Die NVG het intussen bevestig dat Abrahams tot ʼn besluit gekom het oor of hy Zuma gaan vervolg of nie. Abrahams sal na verwagting volgende maand ʼn aankondiging in dié verband doen.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

ASKUUS? Hyt klaar tot n besluit gekom, maar hy sal eers oor n maand se wat hy besluit het? So vir wie en wat speel hy vir tyd? Of vat dit so lank vir sy kop om iets by sy mond uit te kry? Narre parradys!

ANC is n bespotting van mensdom ·

Die ANC is n bespotting van als wat menswaardig is. Alle ja stemmers moet julle hoofde laat sak en nederig jammer se.

Ek stem ! ·

Ja ek voel hulle moet aan ons NEE stemmers ‘n bedrag geld betaal om ons deur die moeilike tye wat HULLE veroorsaak het te dra .. hulle kan sommer ‘n eiendom of twee ook aan ons toestaan want ons gaan ons s’n verloor.

Stephen Groenewaldt ·

Die ANC het fouteer maar dit beteken nie dat hulle nie die opkomende verkiesing sal wen nie.Die DA het heeltemaal irrelevant geword en hul optrede teenoor Delille laat n mens ook wonder.Ek is egter hoopvol dat goed sal seevier bo sleg.Suid Afrikaners moet leer om die positiewe in alles ook te sien.Daar is geen rede om die wat fouteer het verewig te kruisig nie.As ons dit doen ,sal wit mense verewig herinner word aan apartheid.Kom ons wees hoopvol vir n New Dawn.

@ Stephen ·

Ons word al 24 jaar daaraan herinner en sal nog die volgende 240 jaar daaraan hierinner word, wat laat jou dink dit gaan stop? Die ANC en EFF gaan saamsmelt, en dan is hulle ‘n 2/3 meerderheid wat jou van alles gaan ontneem, ook jou vryheid om aan hierdie kolomme deel te neem.

Eddie ·

Ek is nogal teleurgesteld dat Cyril nie reeds die opdrag van die Hof uitgevoer het nie ! Die hele land verwag dit van hom !

Ouman ·

Moennie hoop op Cyril plaas nie want ANC bloed vloei deur sy are. Alles gaan oor die ANC al beteken dit ook dat die land, ekonomie en siele wat in die land woon moet swaarkry. Ons woon in ‘n tipiese derdewereld Afrika land.

NAR ·

DIE GRONDWET SELF IS ‘N BESPOTTING. Julle het geen waardesisteme nie, van Regter Mogoeng Mogoeng wat die Afrikaners hulle reg om in hulle eie moedertaal te studeer weggeneem het tot Malema wat met EEN mosie mense se land en eiendom onder hulle alies uit georganise het . DIE GRONDWET IS ‘n BESPOTTING .. !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.