Abrahams sê dán of Zuma vervolg sal word

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), sal binnekort aankondig of oudpres. Jacob Zuma strafregtelik vervolg sal word vir die 783 aanklagte van onder meer bedrog en korrupsie wat hom in die gesig staar.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag laat in ʼn verklaring bevestig dat Abrahams by ʼn besluit berus het.

Luidens die verklaring van die NVG sal Abrahams se besluit egter eers later bekend gemaak word aangesien dié liggaam en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) ʼn ooreenkoms aangegaan het. Volgens die ooreenkoms sal Abrahams vir Casac ʼn kennistydperk van twee weke gee voordat hy sy aankondiging maak.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, sê Casac is reeds in kennis gestel dat Abrahams ʼn besluit oor Zuma se vervolging geneem het om die ooreenkoms tussen die liggame te eerbiedig. Hy sê die tweeweke-kennistydperk verval op 15 Maart.

Mfaku het Vrydag gesê Abrahams het ʼn memorandum van die NDOV-vervolgingspan ontvang wat aanbevelings maak oor of Zuma vervolg moet word of nie.

Zuma het einde Januarie dokumente by die NVG ingedien oor hoekom hy nié vervolg moet word nie. Die aanvanklike sperdatum vir dié vertoë was 30 November 2017, maar Zuma is uitstel van sewe weke toegeken.

Die DA het op 30 November dokumente by die NVG ingedien oor hoekom 783 aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery teen Zuma onmiddellik weer ingestel moet word. Mmusi Maimane, leier van die DA, het destyds aangevoer die besluit in April 2009 om die aanklagte teen Zuma terug te trek, net maande voordat hy as president verkies is, was irrasioneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

christa ·

al so moeg om die man se grynslag te sien. Kan hulle nie liewer ‘n foto van die natuur wys nie. Dit sal nie my siek maak nog voor die dag begin het nie

Theresa B ·

Hi Christa, Daai grynslag is van banggeit. Moenie dat dit jou pluf nie, maar ja ek stem. Iets uit die mooi natuur sal meer voldoende wees.

Ag en is hulle nou nie dramaties met die aankondiging nie. Shame!

snoefie ·

die vraag behoort nie te wees OF HY VERVOLG GAAN WORD NIE moes eerder gewees her wanneer. maar nou ja. hy kamp nog lekker in die presidentieėle woning nkandla (Nkandla nKandla hoe hie hie) is seker te winderig vir hom. of te ver van die golfbaan.

Chris Ws ·

Shaun Abrahams is net besig om tyd te mors.Sou hy besluit om zumpie NIE te vervolg nie sal Adv.Gerrie Nel die vervolging privaat doen en Abrahams WEET dit.Miskien gee hy vir zumpie tyd om hom gou oorsee te gaan vestig!Maar dit sal bevredigent wees as zumpie sy laaste dae in die tronk deurbring.

Kobus Steyn ·

Hy koop net tyd hy gaan saam met Z in die tronk sit ??

christa ·

die hele parlement het saam met zumpie geskep. Die hele parlement moet vervang word. CR bly maar net nog ‘n ANC. Hy is die een wat nog gaan instem vir grond stelery

Gloeilamp omruil ·

Die hele fiasko laat my dink aan grappe oor hoeveel mense nodig is om n gloeilamp te ruil, en hoeveel tyd hulle nodig het. Die land is n groot grap. Die eenvoudigste, logieste ding om te doen word uitgerek en raad oor gevra tot in oneindigheid in.

My Mening ·

Shaun Abrahams is die hoof van die NVG en die om n beslissing te maak, so ek glo wanneer hy beslis Zuma word nie vervolg nie. gaan Gerrie Nel dit beslis nie vanself kan voort sit nie.
Maar ja ek hoo die man word vervolg en kry alles wat hy uitgedeel het!
But remember on the end rather the devil you know than the devil you don’t!!!

Andre ·

Abrahams moes al verwyder word, hy is daar om Zuma te beskerm.
Baie dankie Cyril dat jy Zuma skotvry gaan laat wegkom.

Pateties verby…

doris ·

Hy Zuma moet maar vir sy dade gaan boet wat is hy beter as enige van ons kan hy dan maar net doen wat hy wil so Shaunie jy moet baie gou jou besluite bekend maak want dankie vir n man soos Mnr. Gerrie Nel wat daar is om te sien dat geregtigheid sal seevier.

Anoniem ·

Kan daar nie op ‘n manier gesorg word dat Zuma nie die land kan verlaat nie? Bv beslag lê op sy paspoort? Doane op “high alert” sit? Ek vermoed sterk dat hy in die donker van die nag gaan wegglip Dubai toe as dinge te warm raak vir hom…

Pierre ·

Cyrl = “Stilte voor die groot storm” Die land is nou vinniger oppad lala land toe.

Johan ·

Nou hoekom moet Casac ‘n kennisgewing tydperk gegee word? Ek lees nie alle nuus nie, maar darem redelik baie. Nog nooit van Casac gehoor nie en nou speel Casac eintlik ‘n “prominente rol” in hoekom Abrahans se besluit nog nie bekend gemaak word nie.

Is dit om Zumpie kans te gee om te vlug na Dubai? Of nee, in die 2 weke gaan Abrahams vervang word. Dan moet die nuwe hoof van NVG opnuut ‘n ander/nuwe besluit neem. Alles net om vir tyd te speel. Soos george Orwell (dink ek) geskryf het: “All animals on the farm are equal – some just more than the others”.

christa ·

Anoniem, nee die ANC speel reeds vir tyd sodat die skelm genoeg tyd het om te vlug, alles te danke aan CR.

Nettie ·

WAT OP DEES AARDE het die Raad op die Bevording van die Grondwet (“what or whoever that might be”) of die Grondwet self HOEGENAAMD te doen met die feit dat JZ vervolg MOET word vir 783 aanklagtes van korrupsie en geldwassery??? Dit is net nóg ‘n manier om nóg meer tyd te wen sodat Zuma later ‘n vergete skadu word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.