Abrahams sê oor Zuma se vervolging

Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, het Vrydag die NVG se langverwagte besluit of voormalige pres. Jacob Zuma op ʼn string korrupsieaanklagte vervolg sal word of nie, tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria bekend gemaak.

Abrahams het aangekondig dat Zuma wel in die hof sal moet verskyn en dat daar ʼn redelike kans bestaan dat vervolging suksesvol sal wees.

Hy het verwys na die lang geskiedenis van die saak wat reeds in 2007 begin het, ná ʼn ondersoek oor ʼn multi-miljoenrandse wapenooreenkoms. Hy het gesê byna elke direkteur en adjunkdirekteur van openbare vervolging het dié saak al onder oë gehad.

Wat betref die dokumente wat hy van Zuma ontvang het waarom hy nie vervolg moet word nie, het Abrahams ʼn span kenners aangestel om deur die bewysstukke te werk en hom van advies te bedien of aanklagte teen Zuma ingestel moet word of nie.

Daar is 16 hoofaanklagte oor 783 beweerde voorvalle van korrupsie (2), bedrog (12), geldwassery (1) en rampokkery (1) wat weer teen Zuma ingestel sal word.

Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in April 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg nie. Zuma is die maand daarna as president van die land ingehuldig. Op 13 Oktober 2017 het die hoogste hof van appèl egter bevind Mpshe se besluit, om Zuma nie te vervolg nie, was irrasioneel en onredelik. Zuma moes daarna die NVG van redes bedien waarom die klagtes nie weer teen hom ingestel moet word nie. Zuma het einde Januarie dokumente by die NVG ingedien oor hoekom hy nié vervolg moet word nie. Die aanvanklike sperdatum vir dié vertoë was 30 November 2017, maar Zuma is uitstel van sewe weke toegeken.

Die NVG het verlede maand gesê Abrahams het ʼn besluit geneem of Zuma wel sy dag in die hof sal hê. Abrahams kon egter eers vandag die besluit bekend maak, aangesien die NVG en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) ʼn ooreenkoms aangegaan het waarvolgens Abrahams vir Casac ʼn kennistydperk van twee weke sou gee voordat hy sy aankondiging maak. Dié kennistydperk het gister verstryk.

Zuma (75) het op 14 Februarie uit sy amp as president bedank wat ʼn einde gebring het aan sy nege jaar lange termyn as president, ʼn termyn wat gekenmerk is deur een skandaal na die ander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

ne ·

Dommie verstaan nou nie mooi nie! Van 783 aanklagte net die paartjies waarop zuma vervolg gaan word????
Hoekom nie op almal nie – hy is net so ‘n landsburger soos ek. Hoop hy vrot in die tronk….

ne ·

Baantjies vir boeties! Hoe kan Abrams sy comrade vervolg? Hoop JZ vrot in die tronk. Gerrie Nel – besluit gou of jy SA kan help. Van 783 word dit nou afgewater na minder as 20?
Nou kan ek ook maar woeker om geld in die hande te kry – 783 keer, en net enkeles word ek op verhoor? Wat goed is vir een is goed vir almal.

Henk ·

Word daar nou ook strafregtelike klagtes van regsverydeling teen die korrupte aanklaer ondersoek wat die saak teen zuma laat vaar het, en teen die wat hom tot op hierdie punt beskerm het? Is Zuma nog in die land of sit hy reeds in Dubia?

Paul ·

As ek reg het sit Zuma nog in die Staatspresident se ampswoning, hulle sal hom eers daar moet gaan uithaal, want dit lyk my Cyril is te lig in die broek om vir Zoempie te beduie hy moet skoert. Ek sal nie verbaas wees as Zuma daar wil bly tot einde van die jaar nie, tot die tyd wat sy termyn sou verstryk het, as hy nie bedank het nie. So wys hy vir Cyril wie is ‘baas’. Hehehehe …..

Blik Wurms ·

Ek dink die spulletjie is vrek bang om ou Zumpie & Company aan te vat omdat dit heel waarskynlik die aandadigheid van ‘n groot deel van die NSA sirkus-sitters (politici) na vore gaan bring. Om hierdie Azaniese blik wurms oop te maak is hulle nie voor lus nie, want dan gaan ou Zumpie hulle almal sáám ondertoe trek. So glo ek.

Johanna Botha ·

9 jaar te laat ….wat gaan dit neem om te herstel na die zume era

Jack Klok ·

Dis een ding om te sê Zuma moet sy dag in die hof kry, dis ‘n ander om sover te kom om dit ‘n werklikheid te maak.

Zuma was baie suksesvol om die hele morsige storie uit te rek met allerhand slim vertragings foefies, en ek verwag hy slal hierdie taktiek tot sy uiterste tydens enige hofsaak, indien dit realiseer, voort te sit.

Ek sal eers opgewonde raak as hy skuldig bevind is, die laaste appel afgehandel is en die tronkdeure finaal agter hom toeslaan. Hierdie man het Seffrica soveel skade berokken dat dit ‘n baie lang tyd sal neem net om ‘n opname van al sy misdade te maak, wat nog te sê van te herstel.

Mielie ·

Ek het n voorgevoel dat hy siek gaan word en sat hier dadels van sal kom

TLC ·

Mielie ek stem die is n front wat voorgehou gaan word en hy gaan weer wegkom soos n gliberige slang Shaun Abrams weet dit hul is mos big tjommies

Bennie ·

Daar was al vroeër berig oor sy gesondheid, nou word sy ouderdom genoem, kyk mooi hy gaan te siek wees om vervolg te word, dodelik siek word ewe skielik.

Rynhardt ·

Dit gaan jare vat voordat Zuma aangekla gaan word.Glo nie hy gaan n tronk ooit sien nie.Daar is net te veel op die spel vir Anc en bose magte agter die skerms.Glo hy gaan wel baie uitspel(nie alles nie)oor die omkopery by Kodesa!

Michael ·

ja hy moet vrot in die tronk ek hoop hulle gee hom droe ou brood om te eet hy ssl minstens tussen sy pelle wees hy moet swaar kry vir wat hy aan die land gedoen soveel mense gaan nog baie swaar trek deur hom ek hoop dit is n saak wat gou af gehandel word so dat ons nooit weer sy naam hoef te hoor nie hy het het mos die nasie uit gelag ek hoop daai geharde krimenele lag vir hom Go & rest in peace ZUMA

Piet ·

Wat my aangaan kan hy maar net baie lig gestraf word, sê10 jaar vir elk van die 20 aanklagte. Hy mag ook nog afslag kry vir goeie gedrag. Daar is net één voorwaarde : die vonnisse mag nie gelyklopend uitgedien word nie. Uiteraard sal hy self al sy regskoste moet betaal. Dit is in elk geval die kans om vir hom te sê wat hy alles verkeerd gedoen het want self is hy mos van niks bewus nie. Hopelik sal dit uiteindelik tot hom deurdring of sal hy in die tjoekie genoeg tyd hê om dit te besef.

Westing ·

JZ hoef nie bekommerd te wees nie. Alles n verbluf spel om stemme te werf. Sy pad geplavei, want almal kop in een mus. Krimmenele kyk mos na mekaar

Oom Kalahari ·

Mnr. Zuma jy is so gelukkig om net op 16 van jou 783 aanklagte vervolg te word. Na 11jr en baie geld, beskerming, leuens ens. Ons weet dit gaan ‘n aanhoudende uitstel en appellerings wees om tyd te speel en die belasting betaler nog miljoene kos. Hy gaan of te siek raak en ouderdom inagneming of na Dubai verhuis. Sy dag in die hof gaan nie veel van kom nie en dit kan jul maar gerus gaan bespreek met sy 13 Sangoma’s. Voorspoed ou Grote.

Cherokee ·

Hierdie is weer diskriminasie deur die ANC! Zuma se wense word eerbiedig selfs nadat hy afgedank is! Jàrre der jàrre spreek hy die wens uit om sý dag in die hof te hê en jou werklikwaar sy wens word nagekom soos deur hom gevra. Ag ja..!

Cherokee ·

Gaaf, na ‘n vroeë Vrydagaand drankie en herbesinning het ek besluit, siende dat dìt sy wens was sedert steeds ‘n staatsamptenaar, gun hom dit!

AJ ·

Zuma sal nooit agter tralies gaan sit nie. Hy is reeds 75 jaar oud … daardie saak gaan vir 20 jaar uitgerek word … hy sal nie 95 haal nie … ? …Khwezi se wraak!

Piet Pompies ·

Clap your hands and stamp your feet….hier kom ‘n ding. Volgende is mense regte skending. Die manne wat so haatspraak lewer vanuit die EFF en ander groepe, laat hierdie vir julle ‘n les wees.

Robert ·

Vir die wat nie weet nie. Daar is nie 783 aanklagte teen Zuma nie. Daar is 783 transaksies wat plaasgevind het en dit is in hierdie 16 aanklagte ingesluit. Ja elkeen van die 783 was onwettig, in die ware sin, wat daarop mag neerkom op 783 aanklagte, maar dit is belaglik om 783 aanklagte op die aanklag te sit. Nogtans sal elkeen van die 783 transaksies (aanklagte) elkeen op sy meriete voort gebring word wanneer dit voor die hof kom.

Muffin ·

Mnr Abrahams baie dankie oor die verdere vervolging van Zuma. Maar asb moet net nie dat dit die belastingbetalers verder geld gaan kos nie. AJ jy is reg, daar sal niks van kom nie. Is die vervolging teen Zuma nie dalk werkskepping nie. Vra maar net.

j d kruger ·

zuma sal so min skuldig bevind word soos ek .Watter aanklaer is bevoeg vandag om die vervolging te behartig. Hierdie is maar net weer n slenter.Private vervolging met Gerrie Nel sou baie beter gewees het.

Paul ·

Kan iemand aub help, waar staan dit in die wetboek dat mense bo ‘n sekere ouderdom vir misdaad van tronkstraf vrygespreek word?

Eddie ·

Sou ‘n wonderwerk gebeur en Zumpie gaan wel tronk toe , glo my daar sal ‘n bogemiddelde standard sel vir hom voorberei wees , beter behuising en sorg as wat enige bejaarde sorg sentrum in die land sal kan bied !!

Johann ·

As die NVG hulle werk gedoen het in 2007 sou al die gemors wat hy saam met die Guptas aangevang het nie gebeur het nie. Hulle moet sommer die destydse hoof van die NVG saam met die Guptas en Zuma aan die pen laat ry.

Johann ·

Mense moet ophou so negatief en pessimisties wees. Ek glo dat die reg sy gang sal gaan en dat met al sy handlangers in sleutel posisies uit die prentjie, sal hy sy dag in die hof kry al vat dit 10 jaar en onthou hy moet self betaal!

Wessel ·

Wie wil Nkandla koop? Hy sal maar Nkandla moet verkoop om sy regskostes te dek.

CHRISTA ·

Moet Mpshe nie OOK aangekla word omdat hy MET OPSET sy PLIGTE VERSUIM het nie?

Martin ·

Shaun het by Zuma geleer hoe om n saak uit te rek (dis sy buddy) almal van hulle wat in daardie top poste sit is korrup en help mekaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.