Abrahams sê vandag of Zuma vervolg word

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die langverwagte besluit of voormalige pres. Jacob Zuma op ʼn string korrupsieaanklagte vervolg sal word of nie, word vanmiddag in Pretoria bekend gemaak.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê adv. Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, sal die besluit om 15:30 tydens ʼn mediakonferensie by die NVG se hoofkantoor in Silverton aankondig.

Die NVG het verlede maand gesê Abrahams het ʼn besluit geneem of Zuma wel sy dag in die hof sal hê.

Die vervolgingsgesag het egter gesê die besluit sal eers later bekend gemaak word aangesien dié liggaam en die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) ʼn ooreenkoms aangegaan het. Volgens die ooreenkoms sal Abrahams vir Casac ʼn kennistydperk van twee weke gee voordat hy sy aankondiging maak.

Mfaku het destyds gesê Casac is reeds in kennis gestel dat Abrahams ʼn besluit oor Zuma se vervolging geneem het om die ooreenkoms tussen die liggame te eerbiedig. Hy het gesê die tweeweke-kennistydperk verval op 15 Maart.

Zuma het einde Januarie dokumente by die NVG ingedien oor hoekom hy nié vervolg moet word nie. Die aanvanklike sperdatum vir dié vertoë was 30 November 2017, maar Zuma is uitstel van sewe weke toegeken.

Die DA het op 30 November dokumente by die NVG ingedien oor hoekom 783 aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery teen Zuma onmiddellik weer ingestel moet word. Mmusi Maimane, leier van die DA, het destyds aangevoer die besluit in April 2009 om die aanklagte teen Zuma terug te trek, net maande voordat hy as president verkies is, was irrasioneel.

Die aanklagte teen Zuma hou verband met ʼn multi-miljoenrandse wapenooreenkoms.

Zuma (75) het op 14 Februarie uit sy amp as president bedank wat ʼn einde gebring het aan sy nege jaar lange termyn as president, ʼn termyn wat gekenmerk is deur een skandaal na die ander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Audrey Bierman ·

Laat ek raai. Die besluit word eers vandag gedoen om Zuma kans te gee om soos die Guptas landyit te vlug. Net nog n vertragingstegniek.

jjobson ·

Ek wed julle die uitslag is negatief. Zuma en neef shabier speel nou saam gholf en lag die REGERING uit.

Cherokee ·

jjob, miskien sal dit nie nagatief wees as die besluit negatief is nie. Betrobare binne-inligting beweer dat die DA en Gertjie Nel hul tande slyp daarvoor.

Johann ·

Kan ons dan sommer n update kry oor waar STORTKOP homself bevind en of hy nog op ons kos ry en bly en eet en party en vat en vergryp?

Marius ·

Hoekom vir Zuma gaan kuier voor hy vervolg gaan word dit is nie hoe dit gedoen word.Zuma het seker vir hom gese as jy my vervolg gaan Adrahams saam met hom tronk toe.

julius ·

Abrams sal nie vir zuma laat vervolg nie, want dan duik hy ook.

ne ·

Hoekom is daar nie geluister toe die hof beslis het Abrams is nie geskik vir die pos nie????
Hoekom sal hy nou sy comrade laat vervolg???

zoom zoom ·

En toe surprise Abrams julle wat so teen hom uitgevaar het. He He He gaan nou maar sy dag in die hof kry en ek hoop hy kom met die sak pattats voorendag en moem almal wat gedeel het in ons belasting geld.

Gerrit ·

Al word hy skuldig bevind sal hy twee weke in n tronk hospitaal wees en daarna vrygelaat word weens mediese redes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.