Absa-hoë verdink van R103 miljoen se diefstal

absa 01

Argieffoto.

ʼn 30-jarige man bly in aanhouding ná hy in hegtenis geneem is op aanklag van diefstal van R103 miljoen van Absa.

Die man, ʼn spesialis-ingenieur by Absa Sandton, het na bewering tussen September en Desember 2021 ongeveer R103 miljoen tydens verskillende transaksies na ses verskillende bankrekeninge oorbetaal, sê kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).

“Die saak is by die Valke se eenheid in Johannesburg, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, aanhangig gemaak vir verdere ondersoek. Hy is Woensdag in Queenstown in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.”

Hy het die volgende dag in die Queenstown-landdroshof verskyn. “Die hof het bepaal dat hy in aanhouding moet bly hangende verdere ondersoek. Die saak is na die Palm Ridge- gespesialiseerde handelsmisdaadhof oorgeplaas.”

Die man sal na verwagting op 27 Januarie weer in die hof verskyn vir regsverteenwoordiging en ʼn aansoek om borgtog.

“Verdere inhegtenisnemings en bykomende klagtes kan nie uitgesluit word nie,” sê Mulamu. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
pompies

Mag ons sy naam en van weet hy was mos klaar in die hof?