Absa oorweeg regstappe teen OB

absa 01

Argieffoto.

Absa het gesê die bank handhaaf sy mening dat hy geen verpligting het om enigiets aan die Suid-Afrikaanse regering terug te betaal nie.

Dit was die bank se reaksie op adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), se verslag waarin sy bevind het dat Absa, voorheen Bankorp, tussen 1985 en 1995 ʼn onwettige reddingsboei van die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontvang het. Sy het aanbeveel dat R1,125 miljard deur die Spesiale Ondersoekeenheid van Absa verhaal word.

Mkhwebane het verder in die verslag wat sy Maandag tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria bekendgestel het, aanbeveel dat die Grondwet ook gewysig word sodat die hoofdoel van die Reserwebank is om die sosio-ekonomiese welstand van landsburgers te beskerm. Sy het voorts gesê die Reserwebank en die parlement moet gereeld vergader sodat daar betekenisvolle sosio-ekonomiese transformasie bewerkstellig kan word. Die OB het die Reserwebank gekap omdat sy reken hulle het versuim om die geld van Absa te verhaal.

Absa het Dinsdagoggend bevestig dat die bank wel die OB se verslag oor die ondersoek ontvang het, nadat dit gister aangedui het die bank het kennis geneem van die OB se verslag, maar dit nog nie ontvang nie. Die bank is nou besig om die verslag te bestudeer en oorweeg om regstappe te neem om die OB se aanbevelings tersyde te laat stel.

“Absa het al sy verpligtinge nagekom ten opsigte van die lening wat die Reserwebank teen Oktober 1995 voorsien het en daar is geen verpligting om enigiets aan die regering terug te betaal hiervoor nie,” het die bank in ʼn mediaverklaring op sy webwerf gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

En so maak die Zumakie handpoppe allerhande passies en dansies om die aandag af te trek van die ZUPTANIA BEWIND! SKOKKEND om te dink dat diegene ter wille van Zuma en sy handpoppe se vergrype, ten koste van SA dink en doen.

Danie ·

Dak mis ek net die punt êrens. Die ouens wat by ‘n bank hulle geld bank is gewoonlik ook die ouens wat meestal getrou belasting betaal. En neem aan ‘n gedeelte van die belasting geld gaan na die Reserwe Bank. Indien die bank aansoek doen by die Reserwe Bank vir ‘n reddingsboei en die Reserwe Bank dit goedkeur (ek neem aan hulle deel nie sommer links en regs reddingsboeie uit nie) is die saak hangende voorwaardes seker afgehandel. ABSA het hulle verpligtinge nagekom en loop winsgewend. Word daar nie nou amper elke jaar vir die afgelope 10 jaar al reddingsboeie aan SAL gegee nie. Steeds word hulle nie winsgewend bestuur nie. Dalk moet die OB SAL eerder deeglik ondersoek.

Leendert ·

Noujatoe, nou is dit sommer beide die twee kollosale groot visse wat sy vir die staat, met een hoek, probeer vang het, wat haar uitspraak in die hof gaan beveg.

al ·

Goeie nuus! Hou jou oë eerder op die bal van staatskaping, puppet protector!

Adam ·

Mooi beskrywing, al. Ons kan dalk “muppet protector” ook oorweeg.

Alida ·

Roer haar want sy probeer nou die geld wat gesteel is deur die huidige regering terugkry. Hoewel, dit is net ‘n druppel in die emmer. Absa sleep haar hof toe ASB.

Ouman ·

Wat het dit die SARB gekos om African Bank van ondrtgang te red? Daaroor kraai geen haan of “Presidential Protector” nie. Wonder of die publiek eers behoorlik ingelig is oor die African Bank debakel?

CHRISTA ·

Sy moet ‘n bietjie verder ondersoek gaan instel ten einde vas te stel hoeveel rekeninge deur swart kliente by Bankorp gehou was. Besef sy watter gevolge dit vir hulle sou hê as Bankorp bankrot sou speel of is sy soos haar baas wat net geen bloue duit omgee nie?!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.