Absa sê oor bedrieglike debietorders

Foto: Absa Groep

Absa het Sondag gesê hy sal kliënte wat die slagoffers van bedrieglike debietorders geword het, vergoed vir die geld wat hulle verloor het.

Dit kom nadat die bank se kliënte onlangs deurgeloop het onder ʼn toename in bedrieglike debietorders wat dikwels ongesiens van hul rekeninge afgaan. Die bank het in ʼn verklaring gesê behalwe om dié debietorders om te keer, sal hy ook strafregtelike aanklagte aanhangig maak teen die vermeende skuldiges.

Dit sal gedoen word in samewerking met die Betalingsvereniging van Suid-Afrika (Pasa) en die Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric).

In aanloop tot die volle implementering van DebiCheck, ʼn inisiatief wat deur Pasa gedryf en in die bankindustrie toegepas word, het bedrieërs hul pogings verskerp om soveel as moontlik bankkliënte te bedrieg. Die modus operandi is om debietorders te registreer waarvoor geen mandaat gegee is nie en vir bedrae wat nie ʼn SMS-kennisgewing aan die rekeninghouer sal stuur nie.

“Absa hou op om te werk met maatskappye wat daar gevind word debietorders sonder mandate deursit en rapporteer hulle aan Pasa, sodat hulle by die vereniging geswartlys kan word. Waar daar gevind word bedrog het plaasgevind, sal Absa die transaksies omkeer en verbruikers wat bedrieg is terugbetaal,” sê die bank.

“Bykomend hiertoe sal ʼn nuwe risiko-gebaseerde benadering vir die verwerking van debietorders geïmplementeer word, waardeur die bank ontledings sal gebruik om proaktief bedrieërs te identifiseer op grond van hul gedrag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

@Hanna ·

Dit is n baie goeie ding wat absa doen, dit gebeur ook by standerd bank het al debietorders op my rekening gekry wat ek geen kennis van dra nie en dan moet ek nog betaal ook om dit terug te skyf en te stop. En dan is dit geen waarborg dat dit gekeer kan word nie nie. As die bedrag verander word gaan dit maar net weer af. Mens voel so magteloos, dis jou rekening maar jy het ook nie regtig beheer daaroor nie.

Rm ·

Sukkel al meer as n jaar om debietorder by absa gestop te kry, maar kry dit nie reg nie, dit gaan al meer as vyf jaar af, maar absa se hulle kan dit nie stop nie, daar is nie eers meer fondse in bank nie maar dit gaan nog steeds deur, al het ek ookk nie meer n oortrokke fasiliteit by hulle nie

Veritas ·

Rm, as Absa nie die saak wil regstel nie, is dit mos maklik om na ‘n ander bank te skuif.

ES ·

@Veritas

Geen bank kan ‘n debietorder kanselleer nie – die besigheid of persoon wat dit instel moet dit kanselleer. Net stoporders kan deur ‘n bank gestop word. Jy kan na enige bank skuif, dieselfde gaan daar gebeur. ‘n Bank is ‘n bank en alle tipe transaksies en produkte werk dieselfde en onder dieselfde reels.

Hansie Slim ·

Veritas,
Dit gebeur ook by ander banke. Ek dag as die Guptas uit die banke uit is, is ons geldjies so bietjie veiliger…toe nie!!!
Hulle is toe reeds “besmet”.
Sal maar vandag met my bank gaan gesels…. vir wat dit werds is.
Wat is nog reg in hierdie land van ons???

Tanya ·

Dit is nie n nuwe ding by absa nie dit kom al jare saam hulle. Dit is die rede hoekom ek vir jare al weg is van hulle.

Bryanette ·

Absa! Jou kliente bly altyd aan die verloorkant. Hoekom heeltyd krisisbestuur doen en nooit voorkoming by julle nie? Dit was n wyse besluit om my rekening by jul te verwyder het. Jul het baie teleer by ander banke oor kliente diens. Vriende van ons wag nog steeds vir die gelde wat uit hul rekening “verdwyn” het na letterlik jare en jare se besigheid by julle. Julle trek net skouers op. Dis regtig nie regverdig nie.

LATIE ·

bly weg vir absa bank hul baie skelm en hul nie hul werk doen nie ek was al by absa bank gewees en ek het alles kanselleer ek by gelukkig by ander bank nooit probleem nie my bank is puik help my baie daaroor

Helen ·

Daar was so ‘n debietorder op my rekening vir R50 pm wat sekerlik vir ‘n hele paar maande afgegaan het voordat ek dit agtergekom het. Ek het verlede jaar Maart Absa gaan sien en hul gevra om daai debietorder te stop aangesien ek met geen instansie ‘n ooreekoms aan gegaan het vir daai bedrag nie. Ek het daar by die klerk gesit tot hy die debietorder van my rekening verwyder het en het tot vandag toe nog nie weer daai of enige ander bedrag van my rekening gesien afgaan nie. Die diens wat ek ontvang het was uitstekend dit vat net ‘n bietjie van jou tyd en om ongeskik teenoor die persoon wat jou probeer help te wees en beskuldigings rond te slinger gaan jou niks help nie. Dis soos die engelse sê; humble pie goes a long way. Vriendelikheid help baie want dit is nie daai persoon wat jou probeer help se skuld nie. Dit is ‘n les wat baie van ons nog moet leer om ons in te hou al is ons hoe kwaad en frustreerd. Sterkte aan almal wat hiermee belas is.

Schalk ·

As n debied order transaksie aan gegaan word moet die aankoper die banke daarvan in gelig word. Dan weet die banke mos daar is toestemming gegee.

Grassie ·

Ek is van mening dat daar ‘n hele klomp bedriërs in ABSA se eie geledere is. My seun het onlangs skade van meer as R50 000 gely toe daar in die middel van die nag ‘n reeks onttrekkings uit sy rekening gemaak is. ABSA weier om pa te staan daarvoor, hulle beweer sy pinnommer (wat is die Afrikaans daarvoor?) is gebruik en dat hy dit aan iemand moes gegee het. Hy verseker my hy het dit nie gedoen nie, dit is nêrens neergekryf nie en hy was baie versigtig dat niemand dit kon sien nie. Geen buitestaander buite die bank kon in die rekening inkom nie. Maar ABSA trek net hul skouers op. Geen wonder me Ramos het bedank nie.

HPV ·

Wow!! Absa gaan die transaksies ondersoek en omkeer, ek is beïndruk, wat het intussen verander? Ek moes na 30 jaar van bank verander om sulke diens te kry. Die tipe diens wat vanselfsprekend by baie ander banke is.

GM ·

ABSA kon in jare nie eers vir my bankstate stuur nie, al het ek hoeveel keer ingegaan om die adres vir hul te gee waantoe dit gestuur moet word. (En dit het nog nooit verander nie). Selfs nie eers toe ek ingee op die ‘stuur state via e-pos’ opsie, kon hul dit regkry om dit te stuur nie. Elke keer het hulle ‘n ou e-pos adres. Dan is dit weer ure in bankrye, net om oor ‘n maand weer te moet hoor dat dit nie verander is nie. Hulle is natuurlik baie vinnig om bankkostes te verhaal – daarmee het hul geen probleem nie.

GM ·

Dis pateties dat debietorders toegelaat word sonder sms-kennisgewing. By party ander banke kan jy ‘n ekstra fooi van R2/R3 betaal, dan kry jy sms’e vir alle debietorders, ongeag of dit onder R100 is of nie.

anton ·

Ja ek was baie jare by Absa maar hulle diens het so verswak dat ek dit nie meer met hulle kon uithou nie!!!Reeds al baie jare weg by hulle.
Hulle nuwe naam moet eerder BLABSA wees!!!

Ora ·

Nedbank kliënte loop ook deur. Hul skryf terug en gee geld terug maar trek andersins ook maar skouers op. Uiteindelik doen Absa ten minste iets aan die saak.

Benita van Onselen ·

Wat is die verskil tussen ABSA en APLA. Jy kan met APLA onderhandel

Nicoleen ·

Dit het ook met my gebeur die afgeloop laaste paar maande. Ek is by Nedbank en hulle skryf dit nou elke maand terug teen ‘n koste. Ek het nie vantevore die sms’s gekry nie so hulle kon net die laaste wat nie ouer as 30 dae was vir my terug skryf. Party maande sin van tot 4 transaksies met ‘n totale bedrag van R420.00. Al die transaksies is iets te doen met Viva, debtdoctor ens.

Nico van Heerden ·

Baie dankie hiervoor In Desember is R4500-00 uit my rekening na my seun “oorgedra” en baie vinnig ontrek Ek doen geen oordragte uit my krediekaart nie Hulle opmerking was jou seun jok vir jou hy HET die geld gekry Daarna is ek van bakboord na stuurboord gestuur sonder sukses
Waardeer julle berig en ondersteuning

Lizzy ·

Is d debietaftrekkers net Viva en Debtdoctor? Of is daar meer waarna ń mens moet oplet op jou bankstaat?

Pikkewyn ·

Ek gaan gereeld ons bankstate na. Dit het nou al ‘n paar keer met my man by Nedbank ook gebeur. Eers ‘n gewapende reaksie sekuriteits maatskappy in KZN se diebietorder wat teen sy rekening afgegaan het en ons bly in die Kaap (nog nooit in KZN gewoon nie) en nou weer iemand wat lekker ‘n Netflix paaiement van sy kredietkaart laat aftrek het. Volgens Nedbank gebeur dit by hul hoofkantoor in JHB. Dit wil voorkom asof ons maar weer ons geld onder ons matrasse moet bêre soos in di ou dae, want in die bank is dit beslis nie meer veilig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.