Absa skenk R10 miljoen aan Universiteit van Johannesburg

Argieffoto van die Universiteit van Johannesburg

Argieffoto van die Universiteit van Johannesburg

Die Universiteit van Johannesburg het Donderdag gesê hy het ʼn skenking van R10 miljoen van Absa ontvang om studente te help wat sukkel om hul studentegeld te betaal.

Die skenking het ten doel om studente te ondersteun wat in die sogenaamde “vermiste middel” is en nie vir finansiering van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) kwalifiseer nie.

Ihron Rensburg, visekanselier van UJ, het gesê die universiteit ondersteun die implementering van gratis onderwys vir arm studente en maan ander maatskappye om ook ʼn bydrae te maak om behoeftige studente te ondersteun.

“Ons is uiters dankbaar vir ondernemings en die bedryf, en die openbare sektor vir hul tydige reaksie en vrygewige bydraes wat die UJ gehelp het om sy doelwit te bereik vir die ‘vermiste middel’,” het hy gesê. “Ek wil ʼn verdere beroep doen, dat ander maatskappye ook ʼn bydrae sal lewer vir hierdie belangrike saak. Deur mildelik by te dra tot hierdie ‘vermiste middel’-veldtog, bou en vorm en bekragtig ons saam ons land se toekomstige leiers.”

Rensburg het gesê dis belangrik dat die studente die toewyding en die bydrae moet erken wat die privaat sektor lewer tot die finansiering van hul hoër onderwys, soos Absa met dié skenking bewys het.

Die “vermiste middel” is studente wat bó die NSFAS-drumpel lê, maar nie hoër onderwys kan bekostig nie.

Duisende studente het die afgelope ses weke gratis hoër onderrig geëis tydens die #FeesMustFall-veldtog wat gekenmerk is deur geweld, sterftes, beserings en vandalisme.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ouvrou ·

Maroela media- daar is ‘n verskil tussen maan en versoek.

hans ·

ABSA moet in gedagte hou dat mense van alle bevolkingsgroepe groepe by ABSA bank ens en gevolglik vertrou ek dat die fondse aan alle groepe toegeken sal word.

M'Lady ·

Nee ABSA julle het dit nie geskenk nie. Jullle vat dit van my wat n klient by julle bank is. So ek het dit geskenk teen my wil.

Leeutjie ·

Jy is so reg M’lady! Gee hulle hulle sin! Ondersteun hulle in hulle kwaad! Hulle behoeftes en eise gaan net groter en groter word!!! Pleks ABSA liefs die geld skenk vir die herstel van die skade aan alles!!! Die belastingbetaler gaan daarvoor inboet!

Ouvrou ·

Ek betaal belasting. Is ‘n kliënt van Absa en betaal vir 2 kinders op UP. Dus betaal ek 4 keer.

Will i am ·

En wat van die belaglike lening wat ek moet terug betaal om my kind te laat studeer het

David ·

Ja Wiĺl i am ek het 2 seuns met studente lenings en ‘n rentekoers van 13.5%. Mag hulle net volgende jaar klaar maak!!

Johan ·

ja en ek is `n klient by Absa. As ek daar kom word ek nie in my taal bedien nie maar moet ekEngels praat. As daat `n Shoto of Thwana kom word hy en sy in hulle taal gehelp. Hoe werk dit?

J ·

Ons ABSA kliente wat sulke belaglike bank koste betaal. ABSA het nie my kind help studeer nie.

Pik ·

Kyk net wie is aan die stuur van absa en met wie is sy getroud geen geheim wie hulle ondersteun nie tot borgskap vir rugby ontrek oor “geld” nou is daar geld vir mense wat alles afbreek

Gideon ·

Belaglik!! Wat van ons wat die hoë rente maandeliks terug betaal aan Absa vir ons kinders wat hul grade voltooi het!! Pleks julle verlaag daardie rente!!

Dup du Plessis ·

en waar kom ABSA vadaan? Is dit nie van die Afrikaner se Volkskas nie? en dink julle daar gaan ‘n beurs vir ‘n behoeftige Afrikaner wees?….nee ons weet daar sal nie….dis presies dieselfde as om belastinggeld rond te gooi…..dis maar weer net iemand anders wat moet betaal. Pleks skep ABSA 30 beurse vir verdienstelike studente met bo-gemiddelde punte….want vra ek: Hoekom UJ?….het iemand van ABSA belange daar? dalk baantjies vir boeties…..

Johnny ·

So wie het hierdie mildelike skenking goedgekeur : die klante of die aandeelhouers. Raai wie betaal daarvoor…

hashtag ·

Nou gaan ons bankfooie sekerlik verhoog word om die geld terug Te maak. Niks is verniet nie. Nou is die tyd vir #bankfooiemoetval

PATSY ·

Nee ABSA toe my kinders geswot het wou jul GEEN lening vir my gegee het nie. Hoekom nou aan ander. My kinders is klaar geswot maar ek betaal nou nog terug aan daardie studiegelde omdat ek my verband moes gebruik.

Alida ·

ABSA het nou al so baie kliente verloor en gaan nou nog meer verloor want daardie R10m gaan van die kliente verhaal word. Hoekom skenk hulle geld vir studies maar die infrastruktuur is afgebreek en verbrand. Dit is belaglik!!!! Kyk nou mooi – sodra alles herstel is na astronomiese kostes dan betoog hulle weer en brand weer alles af. Hoe dom kan mens wees om te bly herstel en bly gee net om weer afgebreek te word. Die studente wat WIL leer moet met die hand uitgesoek word en die ou mans van 32 wat voorgee dat hulle studeer moet uit en gaan werk om plek te maak vir WARE studente. Maar nou-ja kry dit nou in hulle koppe.

Katrien ·

Onthou maar net dat niemand wat deel vorm van Absa se besluitnemingsproses Maroela Media se leserskommentaar lees nie, helaas.

Ruby ·

Absa, ek groet julle nog voordat ek ‘n rekening oop gemaak het, ek sou hierdie Saterdag ‘n rekening vir my seun oopmaak.

Dit is duidelik waar julle lojaliteit lê, by die wat afbreek en demand, dit is ‘n politieke besluit.

Bly ek is nie deel van julle.

Koos1 ·

Ek wil nou nie die “Devil’s Advocate” speel nie, maar hou asb die volgende in gedagte, ABSA het vir jare Noot vir Noot geborg, asook Rugby Currie cup. Het almal ook gekla dat hulle daarvoor moet betaal? Nee ek werk nie vir ABSA nie, en het net een rekening daar.
Wat ek wel dink die regte besluit sou wees van om beurse of lenings beskikbaar te stel vir die “missing middle”, dan sou ABSA meer beheer oor die geld gehad het en moontlik ook toekomstige werknemers vir hulle organisasie gekweek het. Die R10 mij. wat geskenk is, belowe ek julle vandag ABSA, daai geld is so weg soos my laas maand se salaris.

Magdalena ·

ABSA lees eers my dispuut en klagte en betaal my geld terug voordat julle my (en al die ander klante) se geld vat……ABSA sukkel om te lees…..en somme te maak. ….pppfff ….maar hulle skenk 10 miljoen aan universiteite! !!!! PATETIES

top ·

ABSA ek daag julld uit om aan 20 wit studente beurse te gee en in Afrikaans te praat wanneer julle dit aan hulle oorhandig.

Padre ·

Dit is rerig skokkend dat Absa geld so kan skenk. Hoekom maak hulle dit nie makliker vir die studente wat lenings het deur afskaffing van rente op die lenings as hulle presteer en al hulle vakke deurkom. Dit behoort n inspirasie te wees vir die wat wel wil leer.
Ek gaan beslis my rekening na nander instansie oorplaas met my volgende besoek aan SA

Yolande Joubert ·

En net hier besluit ek om volgende week, na amper 40jaar as ABSA klient, al my rekenings oor te skuif na ‘n ander bank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.