ACDP-leier boos oor Ramaphosa-uitlating

Die ACDP-leier, Kenneth Meshoe. Argieffoto: ANA

Die leier van die ACDP sê pres. Cyril Ramaphosa se beweerde stelling dat geen boere vermoor word nie, is “ʼn nasionale skande” waarvoor hy die boerderygemeenskap verskoning moet vra.

“Pres. Cyril Ramaphosa het die meeste van ons wat hom vertrou het, teleurgestel toe hy ontken het dat grondgrype in Suid-Afrika gebeur en met sy ontkenning dat boere vermoor word,” het Kenneth Meshoe Saterdag gesê.

“Hoe kan ons iemand vertrou wat blatant vir die wêreldgemeenskap lieg?” wou Meshoe weet. “Dit is ʼn nasionale skande. Ons doen ʼn beroep op hom om die boerdery gemeenskap verskoning te vra.”

Hy sê die ACDP is diep teleurgestel in Ramaphosa se stelling tydens ʼn onderhoud met die Verenigde Nasies in New York in reaksie op pres. Donald Trump se omstrede twiet in Augustus rakende boere in Suid-Afrika.

Die jongste misdaadstatistieke van die SAPD dui op skokkende vlakke van misdaad en geweld in Suid-Afrika met 19 016 moorde wat van April 2016 tot Maart 2017 aangemeld is. In dieselfde tyd is 62 moorde op plase aangemeld, waarvan 52 op eienaars of bewoners van plase was. Meshoe sê dit weerlê die president se uitlating.

“Al probeer die presidensie die opmerking wegpraat en voer hulle aan die president se woorde word verdraai, bly die uitlating uiters teleurstellend,” sê Meshoe, “en getuig dit van ʼn gebrek aan simpatie met die families van boere en plaaswerkers.”

Hy sê benewens die moorde is baie boere en hul gesinslede wreed aangerand en selfs mishandel. Die posttraumatiese skade aan die gesinne van vermoorde boere en plaaswerkers, asook dié wat wrede aanvalle oorleef het, is onberekenbaar.

Meshoe het Agri SA aangehaal wat bereken boere het in 2017 sowat R7,7 miljard weens misdaad op plase verloor. Hy meen dis totaal onaanvaarbaar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

jakes ·

CR wys sy ware kleure. Nes Ashwin Willemse val hy van hero na zero.

Blah blah blah ·

Jakes hier ryk n swart man uit na afrikaners en al wat jy wil doen is om n bruinman aan te val . Dus oor verkraamptes soos jy dat mense nie simpatie met plaas moorde het nie. Dink daar aan voor jy volgende keer komentaar lewer. Jy saai wat jy maai . Min afrikaners wil verander en nou pluk onskuldiges die vrugte daarvan. Kyk maar wat in Drakenstein gebeur. Hoe boere mense wat al dekades daar werk en boere ryk gewerk het van plase verjaag sou daarvan hou om te sien wat afriforum daar oor te se het. Gaan se dit nou vir trump

Skol Lievan Niekaap ·

Cyril kan nie vertrou word nie. Hy het dit oor en oor bewys.

Jordaan ·

Nee man, as jy luister hoe mense soos Pieter du Toit verduidelik, verstaan ons weer nie mooi wat hy eintlik bedoel het nie. Blykbaar is daar een of ander liberale filter wat mens moet gebruik om te luister sodat jy nie dalk dink ons regering lieg nie.

Dries du Toit ·

Agbare heer Pieter du Toit moet asb sy naam verander na PETRUS Eh DuTooiYA. Hys nie my van waardig nie of waardig om n wit Afrikaan genoem te word nie

Corne ·

Net wanneer ek dink erger leuens , korrupsie en wreedheid kan daar nie wees nie … word ek weereens verkeerd bewys.

smurfie ·

En ons dog, Zuma was nie n goeie president nie?…
Wys jou net, be carefull what you wish for…

Molly ·

Ek sê dit al vir jare. ‘Rather the devil you know than the devil you don’t!’

Cornelia ·

Al is die wêreld al voos geslaan deur leuen politici, terroriste en aktiviste, is daar darem nog enkeles soos Mnr Trump, Peter Dutton en ander wat wakker bly rondom misleidende strategie. Hulle wéét dat Ramaphosa Afrika se eeue oue “resep” inspan. Al die Ramaphosas weet op hulle beurt dat DIE verskynsel ‘n voetegeskuif afgee wat pionne soos blare in die wind laat skarrel en gorrel om te poets en te paai. So bly diegene onder dieselfde vloek in oefening. Maar u en ek kan gerus weet dat al die nasie leiers, nie neusloos ruik en blind kyk nie. Daarvoor sorg die Here. Vertrou nie op “prinse” nie ACDP. Julle skrik te laat wakker. Versoen voort. Julle sal dorings in die plek van vrugte pluk.

Waarheid ·

Ramapaddakoker dink ons weet nie wat hy oorsee kwytraak nie.
Wat n huigelaar.Die oomblik is seker so groot vir hom tusse wereldleiers dat hy enige iets uit sy mond laat borrel wat hom in n goeie lig sal plaas -dink hy natuurlik.

Breytenbach ·

CR se uitlating wys weereens hoe naief besorgde Suid Afrikaners is. CR se ware kleure kom telkens uit maar ons hou aan om hom te verdedig as sou hy besig wees met ‘n slim plan om die situasie in SA te beredder. CR word selfs bejammer vir die geweldige taak wat hy onder “moeilike” omstandighede kwansuis in die post Zuma era probeer uitvoer. Agri SA se onderhandelinge gaan op niks uitloop nie en DA rep min woorde oor sy verraad en verkies om ander kant toe te kyk want hulle steun uitbuiting deur BBBEE en OSV. Die wat moedig voortveg teen die verraad teen SA word deur hul eie mense as nie verteenwoordigend, randeiers of ver-regs uitgekryt. Onthou asb. dat CR telkemale aangedui het dat OSV en BBBEE sal plaasvind of ons nou daarvan hou of nie. A.g.v ons verdeelde ideologiee kom CR weg met sy agterbakse bestuurstyl. Daar is gematigde groperinge in SA soos die VF+, ACDP, Cope, Afriforum en Solidariteit wat deur CR se bedrieglike optrede sien. Jerry sal seker weer aapstuipe kry oor my siening maar ek volstaan daarby.

Henry ·

Onbegryplik, koddig(?) dat sommige siele soveel aandag aan ‘jerry’ se kommintare verleen. Dit is bloot ‘n herhaling van wat daagliks op N24 te lese is.

Geweeg en te lig bevind ·

Ek wil net weet vir watter dwaas ‘n verskoning genoeg sal wees?

Anoniem ·

Siud Afrikaners loop met oog klappe. Hulle weet Cyril is n leun en kan en sal nooit n goeie president kan wees nie. Hy lieg vir die mense en ook vir die ganse wereld. Hy laat toe dat onskuldige bloed vloei om sy doel te bereik maar dit gaan ook so in ander dele van die wereld want dit is hoe politiek werk.

nkulu ·

gaaaaap. waar was jy met die vorige verkiesing en waar gaan jy volgende jaar wees?

GPC ·

Onthou, CR was n uniebaas. Kyk na vandag se uniebase, hul doen en late is alles vir hulself, en gee nie n duiwel om vir die wie hom/haar ondersteun nie. Solank die geld inrol, dis al wat saak maak.

CJ ·

Geen verskoning aan boerderygemeenskap gaan die feit wegneem dat CR hulle verliese / veiligheidsituasie minag nie. Shame on you CR!

Hannetjie ·

Hoede af vir die ACDP leier.Dankie Mnr Meshoe vir jou eerlike kritiek teenoor onse President

HALWE WAARHEID ·

Cyril loop die wereld vol en vertel dat die grond kwessie ‘n sweer is van 1913. Nou vertel hy die wereld dat die regering besig is met onderhandelings met alle partye en dat die transformasie regverdig sal wees.(intussen is ‘n besluit klaar geneem-maak nie saak wat voorgelê word in die sogenaamde gesprek) Volgens Cyril steun die buiteland transformasie. Natuurlik hoor die buiteland net ‘n halwe waarheid. Hy verswyg egter die feit dat die regering ALLEENLIK grond van persone gaan vat wat WIT is. Geen swart man se grond sal gevat word nie. Hulle het klaar so besluit. Onlangs het hy plaaslik in ‘n toespraak dit duidelik gemaak dat slegs die witmense se grond gevat sal word. Die feit dat hy nie meld aan die buiteland dat hy die WITMENSE se grond alleen gaan vat beteken dat hy WEET DIT IS VERKEERD EN RASSISTIS is.

Anoniem! ·

Melanie Verwoerd en Max du Preez, u skryf en praat so baie; is sy edele Cyril Ramaphosa integriteitsloos al dan nie!?

Snowball ·

Ja Anoniem, so onlangs soos die 18de van hierdie maand word Max du Preez hoopvol oor die ‘many green shoots appearing’ nadat Ramaphosa aan stuur kom, al die positiewe wat dan nou kwansuis so misgekyk word deur die Armagedon doemprofete wat aan ‘Schadenfreude’ ly; hulle wat hulle glo verlekker in die eindelose of sal mens sê die nimmereindigende mislukkings van die ANC…..soos dit egter vir my lyk, is die enigste ‘green shoot’ òf ‘n ou daggaplantjie wat kop uitsteek, òf net nóg ‘n hardnekkige onkruid op die kolosale ANC mishoop. My Schadenfreude groei dus ongehinderd voort!

Jannie ·

En “kerke” oor die algemeen is doodstil daaroor!!! Dan praat ek nie eens van Oom Ertappel nie…….diè Katolieke Vrymesselaar is juis nou so stil soos die graf!!! Andersins is sy bek GROOT wanneer hy die regime ter wille wil wees!!!

willie ·

die ertappel is nie n katoliek nie. maar jy is reg, die kerke, veral die jatolieke kerk swyg in hulle goedkeuring van die blatante diefstal. trouens oral in die land het hulle al grond geskenk ter wille van versoening.

Zelda ·

Jannie…..Nou maak jy nes CR. Lieg lekker. Hy (Angus) is nie katoliek of vrymesselaar nie. Maak seker van jou feite voor jy dit hier plaas.

Wiehan ·

En CR noem hom ‘n Christen, in die By bel staat jy mag nie lig nie.
Vra maar net

pieter ·

Gaan lees julle geskiedenis rondom dingaan en piet retief. Niemand kan vetrou word nie behalwe God ons Vader,Jesus en Heilige Gees.

Hannetjie ·

Dit seg ek mos al lankal…nie te vertrou nie.Nou maar so!

Joe Olivier ·

En dan was die ACDP se Mnr Swart ook die grootste kritici van Ernst Roets toe hy sy voorlegging aan die parlement teen grondonteiening gedoen het. ACDP moet ook maar mooi dink voor hulle praat.

Lynette ·

In die verre verlede kon hulle wegkom met die storie dat hul woorde verdraai word omdat ons slegs daarvan kon lees in koerante, so verdraaiing was moontlik. Vandag egter word hul toespraak op tv en selfs in enige media per video gewys en ons hoor alles direk uit hul monde!!! Dus kan niemand beskuldig word van verdraaiing van woorde nie. Ons hoor en sien elke woord direk uit hul monde. Dis tyd dst hul besef dat die minderheid met meer verstand as wat hulle wil erken, geseen is.

Hansie Slim ·

CR is ‘n groot teleurstelling en verleentheid. Hy het mens so bietjie hoop gegee vir die toekoms, wat nou alles verwoes word!! Hoe kan ‘n president so blatant lieg!!!! ….dis seker maar hoe sy voorganger hom geleer het.

Grietjie Slim ·

Bietjie hoop gegee? Ongelukkig vir te veel mense ja.
Maar ek het van die begin af geweet hy gaan druk op die wit gemeenskap sit.
Voor mense weer hoop op n leier sit, maak eers seker watse tipe mens hy is en waar was hy al oral betrokke was.

Pieter ·

Baie dankie aan die ACDP wat nie doekies omdraai nie en wat die morele hoëgrond behou en nie hulle oë toemaak vir die harde realiteit in SA nie. Waarom kon CR nie net erken dat daar massiewe probleme in SA is nie. Hy kon selfs sê dat misdaad toegeneem het en dat moorde op plase en in die townships onaanvaarbaar hoog is. Die ekonomiese plan sal nie slaag as die misdaad, korrupsie en onbeheerde vergrype aan finansies wat brood nodig is , nie hok geslaan word nie. Korrupsie is soos ‘n dam wat lek. Kyk maar na Hartswater, een van die groei punte in die NK. Ten spyte van fabrieke, besighede, Pekanneute, besproeiing ens. skuld die munisipaliteit 125milj waarvan 55milj aan Eskom is. Die grootste en mooiste mansios is gebou, duur motors ry die strate vol, maar die dorp sit met loadshedding en ‘n massiewe water rekening. Die dam het vinniger gelek as wat bo ingepomp kon word. Net soos al ons staatsbeheerde ondernemings – Eskom, Poskantoor, SAL, SABC. Nee mnr CR, kry eers jou huis in orde voor jy weer by die res van die wêreld wil bakhand staan. Hulle is nie so dom soos jy dink nie, en die media is ook vryer as wat jy dink.

Chris ·

Het die ACDP ook vir n slag iets gedoen? Groot hande klap ???? ??
“Ons wat hom vertrou het”? Ek hoop hy praat van mense oor die algemeen, want ek twyfel in n Christen wat n marxist as leier vertrou.

Rina Kotze ·

Die Woord sê duidelik dat mens nie op mense moet vertrou nie.

Die Woord sê ook dat mense moet praat wanneer daar onregverdig gehandel word.

Die eerwaarde het net sy plig gedoen. Baie dankie hiervoor! Naas Mnr Lekota van Cope, is hy een van min wat nog opstaan en baklei teen onregverdigheid,

En so terloops, Angus hou gereeld gebedsdae teen alle geweld en alle moorde en het al teen die plaasmoorde gepraat.

Gogga ·

Ek kan nognie glo wat Pieter du Toit kwytgeraak het nie- is hy horende doof en sienende blind oor wat in ons land aangaan of soek hy guns by CR? Pieter moet luister na die nuwe dokumentêr op You Tube ivm plaasanvalle dan ‘kan sy ogies en ore miskien oopgaan! SKANDE!! Van die paddapotkoker kan jy enige iets verwag!!

Peppie ·

Nuwer tegnologie word ingespan om die proses vinniger te maak, dis ‘n paddapotdrukkoker.

Cherokee ·

Toe die mense van Suid Afrika gedink het daar kan nie ‘n swakker president wees as Zuma nie, bewys Ramaphosa die mense wat so gedink het, verkeerd.

Cornelia ·

Die ACDP is nie ‘n “kerk” forum in die politiek nie. Maar Chris stel dit duidelik en ondubbelsin nig. Angus Buchan is God se gesalfde wat op breê front losstaande van Kerkgebonde families, ruim kan uitbeweeg om God se Boodskap aan almal oor te dra. En hy is Getrou. Sy vrugte wat hy dra getuig daarvan. Hy het ‘n opdrag wat globaal aan gelowiges en ongelowiges ‘n lieflike eindoes ten doel het. Dank die Here vir Sy getroue boodskapper en boodskappers in elke gemeente wat die bruid oproep tot geloofs volharding en bekering.

Frank ·

Die ertapel prediker het net soos wat Cyril sy ware kleure gewys het met die gelieg, sy ware klere gewys toe hy se dit reen nie in die Kaap nie omdat God die ongelowiges straf. Hy wou mos daar gaan bid vir reen maar toe begin dit reen voor hy daar kon kom. Dink net hoe hy sou spog dat HY vir die reen gesorg het. Sorry, maar enige jan rap en sy maat wat GELD VERDIEN deur die geloof is maar dieselfde en hoe meer hulle verdien, hoe “heiliger” beskou hulle hulself. Met SY “redenasie” is afrika hel baie geseend met goeie reen vir hulle goeie dade en mense in droe streke hel slegte ongelowiges. yes right.

preppie ·

te kort aan batterye cornelia? wha ha ha ha gesalfde inderdaad.

Pieter ·

Baie mooi verduidelik Cornelia. As ‘n mens nie eers mans genoeg is om Angus Buchan by die naam te noem nie en hom oom Ertappel noem, en jy beskuldig hom valslik dat hy ‘ Vry Messelaar’ is sonder bewyse, dan is jy presies dieselfde as die President. Jy verspei leuens. Ek is dankbaar vir iemand soos Angus wat leiding gee op Geestelike vlak en rigting gee aan die verdwaaldes. Net God en Hy alleen kan die land red en ons moet ons vertroue op Hom alleen plaas.

Nel ·

Pieter du Toit: He who pays the piper calls the tune… of dans na die pype van die poppemeester.

John ·

Mnr Meshoe, wat erger is as CR se lieg uitlatings op internationale tv netwerk was jou parlementslid, Steve Swart se reaksie op Ernst Roets se kommentaar voor parlementere kommitee oor grondgryp – skokkend!

Boy van die Suburbs ·

Enige iemand wat dink oom Aartappel is die Lig in donker Afrika, moet sy kop laat lees……..

Cornelia ·

Daarom verkondig Angus Buchan dat Jesus Christus die Lig is in donker Afrika, Suid Afrika en die ganse wêreld. Nie hy nie, nie sy aartappels nie. Maar deur sy gehoorsaamheid, geloof en ontsag vir die God van Genade, kan hy vertrou word met hierdie omvattende sendingwerk. Die wat God ken, ken ook Sy gestuurdes.

Catherine ·

Hoe kan ons iemand vertrou wat jok?Ons het so gehoop dinge gaan verander. No ways!

Amelia ·

Hoe kan ons vra dat God ons help maar jul vloek en sê dienaars van God so sleg. Suid Afrika draai terug na God toe. Al die goed is tydelik God wag op ons!!! Sit n wag voor jul monde die tong is n lelike wapen!!

christa ·

VIR DIE VEROMDE LAASTE Keer MAROELA MEDIA MOET NIE MY KOMENTAAR WEG NEEM NIE EK BETAAL VIR DIT SO ASSEBLIEF HOU DIT OP CYRIL LIEG SIT N WIT MAN IN BEHEER VAN SUID AFRIKA JA ONS KAN ALTYD GOED GELEEF HET SWART EN WITB SO EK WAARSU NEEM WEER MY KOMENTAAR WEG.

Morné van Rooyen ·

Dagsê, Christa. Dankie vir jou belangstelling. Maroela Media se nuus is gratis en so ook die voorreg om daarop kommentaar te lewer. Groetnis, Morné nms. Maroela Media.

Piet ·

Morne, rerrig? Nou hoekom word so baie kommentaar van verskillende mense nie geplaas nie? Iewers is n slang in die gras!

Morné van Rooyen ·

Dagsê Piet. Vergewis jou gerus van ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname. Dis onder punt 5. Groetnis, Morné nms. Maroela Media.

Piet ·

Morne, ek neem kennis, maar baie kommentaar word of nie geplaas, of verwyder wat gladnie skuldig is aan punt 5 nie. Dit is in elk geval die meeste en langste bepalings en voorwaardes wat ek van enige koerant ooit gesien het. Belaglik!

Akademi Buktu ·

Piet, dan is jy skynbaar onbewus van die feit dat News24 die geleentheid om op berigte kommentaar te lewer met sowat 99.9999999% uitgeskakel het.

Geweeg en te lig bevind ·

God help die wat hul self wil help. God is liefde. God = liefde, Seun=hoop, Heilige Gees = Geloof. Lees Tolstoy.

Cornelia ·

Piet en preppie, niks wat julle twee kan kwytraak, kan die Waarheid skend nie. Ja preppie. Angus is God se gesalfde vir ‘n tyd soos hierdie. Maar ook elke man, vrou en kind wat met Woord en Daad getuig van God en Sy Lewegewende Woord. Die boom word aan sy vrugte geken, sê die Here. ‘n Duidelike maatstaf is vir ons gegee. Toets die geeste of hulle uit God is. Daar is dus “tekens” waaraan ‘n christen uitgeken word. Wees bly oor God se voor siening. Daarvoor bid ek. Julle het nie my gebede nodig nie, ek weet. Maar dit is ‘n Godgegewe Opdrag. Sy Liefde doen Wonders. Dit reinig en vernuwe ons harte, denke en woorde. Ek sluit nou af met die boodskap. Neem in ag dat die Here wakker is oor Sy Woord. Luister na Sy Stem.

waarheid ·

Ek kan net my kop skud – al hierdie dinge wat nou met ons gebeur het Siener van geskryf en daarom is dit nie vir my ‘n verrassing nie. Dit gaan nog erger word – en dit gaan ook nie vir my ‘n verrassing wees nie – eers wanneer alles heeltemal tot niet is – gaan daar ‘n draaipunt in ons guns kom. Ons moet egter terugkeer na God toe – want sonder Hom gaan ons dit nie maak nie.

Schalk ·

Ja dit is jammer dat wit afrikaners wat geestelik hoogmoedig is so aangaan, maar ignoreer Romeine 13.In kort laat elke wese onderdanig wees aan die outoriteite oor hul aangestel. Daar is geen outoriteit wat nie deur God(YHWH) aangesstel is nie. Soos Nebukadnesar n kneg van God(YHWH) was en aangestel is oor die ongehoorsame Israel so is dit huidiglik. Laat ons almal eers ons Vader se aangesig opsoek en bid tot Vader soos Messiah versoek het.Los jul klip gooiery, want nie een van ons is onskuldig voor Vader nie. Waarskuwing in nederigheid. Slegs vir hul wat die wil van Vader doen.

Schalk ·

Hoekom word my kommentaar nie gepos. Julle moet mooi dink voor jul dit ignoreer, sterkte gelukkig is gesê wat ek moes sê nou is dit jul verantwoordelikheid MM. Hoop jul kan pa staan.

George Pelser ·

En toe slaan ou Ramaphoccio sy eie geloofwaardigheid met ‘n plank voor die hele wye wereld. So almal weet nou hy’s ‘n infame leuenaar. Mens kon eintlik nie vir beter gevra het nie. Die verskonings waarmee hulle nou opkom in hulle benoudheid verskaf my baie lekkerte en groot vermaak. Doen so voort Cyril & kie.

Wessel ·

Ek glo nie hierdie mense wat sleg praat van Angus het al self die pyn en leiding ervaar van hierdie siek nuwe SA nie los hulle aan hulle eie genade oor om saam met SA te verrot

Theresa ·

Die Staatspresident het gejok oor 2 sake. Ernstige, dieprakende kwessies. Vernietigende kwessies.
Gejok vir die eerste wêreld heersers.
Skandelik!!!!
Dankie dat iemand die moed het om dit te sê – ACDP – dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.