ACDP skop vas oor verpligte inenting

Eerw. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP. (Foto: Facebook)

Die ACDP sê hy steun studente by hoër onderwysinstellings wat die afgelope ruk hul stem dik gemaak het teen verpligte Covid-19-inentings.

Die party hou voet by stuk dat verpligte inenting nie in Suid-Afrika toegelaat mag word nie. “God gee aan mense ʼn keuse. As God aan mense ʼn keuse gee, is dit verkeerd vir enige regering om mense te dwing om iets te doen wat hulle nie wil nie,” het dr. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, Maandag gesê.

Verskeie universiteite het die afgelope ruk aangekondig dat diegene wat nie ingeënt is nie, nie voortaan op kampusse toegelaat sal word nie. Dit sluit in die Universiteit van die Vrystaat, waar studente, besoekers en personeel van volgende maand ʼn Covid-19-inentingsertifikaat of ʼn negatiewe Covid-19-toets moet toon voor hulle toegang tot een van die UV se drie kampusse mag kry.

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het ook aangekondig dat studente en personeel voortaan ʼn bewys van inenting sal moet lewer as ʼn voorwaarde vir registrasie en om die indiensneming van personeellede te bestuur.

Die Universiteit Stellenbosch (US) het vroeër aangekondig hy beplan soortgelyke reëls, terwyl die Universiteit van Kaapstad (UK) ook onlangs die groen lig gekry het om inentings verpligtend te maak.

Meshoe het gister opnuut die party se teenkanting teen verpligte inenting te kenne gegee en gesê mense moet ʼn keuse daaroor gegun word.

“Ek wil net sê ‘viva’ aan die studente. Ons sal saam met julle staan.”

Meshoe sê hierdie instellings kan nie teen die Grondwet – wat toegang tot onderrig waarborg – en die wense van studente gaan nie. “Alle studente moet toegang tot onderrig hê.

“As jy vrede in Suid-Afrika wil hê, moenie mense dwing nie.”

‘Nee’ vir verpligte inenting  

Die ACDP is sterk gekant teen verpligte inenting en is ook besig met ʼn regstryd in die hooggeregshof om die inenting van kinders te stuit. Die saak word binnekort aangehoor.

“Van wanneer af word mense gedwing om aan eksperimente deel te neem? As jy wil deelneem, is dit jou keuse,” sê Meshoe.

Die ACDP-leier sê mense word stilgepraat en dat dwang altyd verkeerd is – ook in die geval van entstowwe. Meshoe sê daar is ʼn afname, verdwyning en verwoesting van demokratiese waardes in sommige lande waar mense nie meer toegelaat word om vir hulself oor kwessies soos inenting te besluit nie.

Hy sê mense word onder andere met dreigemente oor hul vryheid gedwing om ingeënt te word. Maatreëls soos Covid-paspoorte en ʼn verbod op toegang tot sekere venues is volgens Meshoe ook niks anders as “hedendaagse apartheid” nie.

Gʼn hulp vir dié met newe-effekte

Meshoe sê mense wat in sommige gevalle subtiel gedwing word om ingeënt te word, het nou boonop nêrens om hul heen te wend wanneer iets skeefloop nie. Volgens die ACDP voer die party ʼn opdraande stryd om enige inligting oor die regering se vergoedingsfonds vir diegene wat skade ly omdat hulle die Covid-19-entstof ontvang het, te bekom.

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake het verlede jaar aangekondig dat dié vergoedingsfonds as deel van die ramptoestand op die been gebring word. Dit is veronderstel om diegene wat ernstige newe-effekte weens die toediening van die Covid-19-entstof ondervind by te staan.

Meshoe sê om te hoor dat die fonds steeds nie ten volle in werking gestel is nie, is ʼn bron van groot kommer.

“Dit is onregverdig vir mense om beserings op te doen wanneer hulle opdragte uitvoer, of gedwing word om iets te neem wat hulle nie wil nie. En wanneer hulle dan mediese uitgawes het of pyn ondervind, is daar niemand om hulle te help nie.

“Hulle het hulp nodig; hul lewens is omgekeer. Ons glo daar moet hulp wees. Die president het ʼn belofte gemaak. Daar is ʼn vergoedingsfonds en die publiek moet daarvan weet en weet hoe om toegang daartoe te kry.”

Twee mense wat aanvoer dat hulle ernstige newe-effekte ondervind het sedert hulle die Covid-19-entstof ontvang het, het Maandag hul ondervindings op die ACDP se mediakonferensie gedeel.

Zakhele Goqo is ʼn voormalige paramedikus wat aanvoer dat die toediening van die entstof sy lewe in ʼn nagmerrie verander het, terwyl Soreka Oosthuizen by mense gepleit het om hulle nie te laat ompraat indien hulle gekant is teen die entstof nie.

Meshoe sê sommige van die slagoffers word boonop beskuldig dat hulle jok wanneer hulle praat oor ernstige newe-effekte. “Kom ons ontken dit nie wanneer hulle sê hulle ondervind pyn nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Claudette ·

Ek stem ons kan nie gedwing word om die jab te vat nie. Dis teen ons regte

Johan ·

Mense wat lekker sterk natuurlike immuunstelsel het…laat hulle vry, hoekom hul hoegenaamd bloodstel aan doe neweefekte van die spuit! Dis darem maar vreeslik hoe boos mense wat mag het is. Die is nie die wêreld wat God vir ons bedoel het nie.

Casper ·

Wat ‘n grap.Julle wil nie inent nie en lê dan die blaam voor die deur van regeringslui as julle die virus opdoen.Tersieëre instellings is juis waar die virus kan toeslaan.As daardie mense wel die spuit vat kan kudde inenting vinniger bereik word en kan die pandemie gestuit word.Jy mag natuurlik weier maar die reël van “reg van toegang voorbehou”geld ook.Twee mense met ernstige newe effekte uit hoeveel miljoen wat ingeënt is.Is dit werklik van die spuit of is dit veroorsaak deur ander mediese toestande.Hierdie aangeleentheid sal met omsigtigheid benader moet word.Is die virus afkomstig van God af pastoor en die entstof van die duiwel af of is dit andersom.

Anchin ·

Ai Casper – dit was jou keuse om ingeent te word. Los tog die mensdom uit…

Vlooitjie ·

Jy maak ‘n fout deur te dink antivaxxers lê die blaam enigsins voor ‘n ander deur. Ons is heeltemal bereid om die kanse te vat wat saamgaan met ons besluite.

VaalDonkie ·

Meneer, hoe gaan jy kudde immuniteit bereik met die klontskoot as hy jou nie immuun maak nie? Al wat hy doen is om jou effe minder siek te maak (as jy nie die hart-inflammasie en bloedklonte tel nie). Jy kan nogsteeds die virus vang en oordra want daar is geen neutraliserende teenliggaampies in jou speeksel nie. Dis die mense met die natuurlike immuniteit post-covid wat ons gaan red van hierdie ding. Gelukkig het net 25% van Suid-Afrikaners vir die leuens geval.

Johnny ·

Leë pyp – hou toe jou kraan.
Die regime en ander instansies se besluit om oningespuites te beperk het niks met gesondheid of risiko te doen nie, maar met beheer en afdwing van blindelingse gehoorsaamheid.

Dirk Mostert ·

En om Pfizer en kie se omset te boost. Van die $34biljoen sover was daar seker ietsie vir “reklame”.

Renier johannes ·

Casper word waker gaan julle jabers die land red uit die gemors grap van die jaar

Jacobus ·

Die finansiële bevoordeeldes is nie baie goed met akkurate verslagdoening nie. Die entstof is veronderstel om immuniteit te vestig – nie jare se inkomste vir groot firmas te vestig nie. Goebbels sou bly wees oor sukses van propoganda.

Jacobus ·

Die begrip is kudde immuniteit. Kudde inenting is waar skape “en masse” toustaan vir ‘n eksperimentele produk. Effektief in ‘n persentasie gevalle – langtermyn gevolge nog in toekoms!
Daar is ‘n beduidende persentasie van bevolking wat kudde immuniteit opbou sonder inenting. Dit pas egter nie die narratief van paranoia wat die dollers laat instroom!

Dirk Mostert ·

Van die beloofde ent-kudde immuniteit het niks gekom nie. Frankryk, Israel en ander lande met die hoogste % inenting ondervind nou die grootste golwe.

Trotse Boervrou ·

Ek dink met die volgende verkiesing stem ek ACDP. Hul gee om vir mense en het nie hul eie verskuilde agendas nie. Dankie eerw. Meshoe, baie respek.

Jacob ·

Die afdwing van mRNA entstowwe op mense kan in sekere ouderdomsgroepe as poging tot moord beskou word as die voorkoms van miokarditis en perikarditis in ag geneem word. En daar is heelwat ander toestande wat kan voorkom.

Verder is die mRNA entstowwe steeds in ‘n eksperimentele toetsfase en dus is ‘n mRNA Covid 19 entstof mandaat volgens die Nuremborg Kode, ‘n misstap teen die mensdom. Mandate herinner inderdaad aan Nazi Duitsland.

Enige ingeligte persoon weet dat die entstowwe grootliks nutteloos is, veral teen Omicron en dat die sogenaamde beskerming ‘n paar maande na ‘n tweede dosis, basies verdwyn. In die Europese Unie het die EU Med Agency gewaarsku dat “boosters” kan lei tot skade aan die immunstelsel en moontlik selfs tot permanente skade.

Hierdie gaan lankal nie meer oor die welstand van bevolkings nie, maar dryf ‘n politieke agenda en universiteite sing die deuntjie wat deur regerings aan hulle voorgeskryf word.

…en waar is Afriforum en Solidariteit nou?

Waarom ·

Die entstof werk nie. Eerste wêreld lande is al by hulle 3 de booster en daar is ‘n 4de vlaag ” wave” hulle is oor 80% ingespuit. Dit is nie haalbaar om die hele planeet se bevolking elke 4 maande intespuit nie.

ENFM ·

Na ons met die eerste vlaag covid gehad het, sou die teenliggame, jou vir 3 maande beskerm. ‘n Jaar later het ons steeds teenliggame gehad. Toe kom die ente en hulle sê hulle weet nie hoe lank dit jou gaan beskerm nie.
Hoe volhoubaar is dit? Hoe gereeld gaan almal dit moet kry? Wat is die implikasie op ons belastinggeld, want niks is regtig gratis nie.

Papsak ·

Ek stem dit bly ons reg om in geent te wil word of nie moenie mense vors nie asb

Elize ·

Die man is ‘n oppertunis. Tien uit tien. Wen stemme onder al die anti-vaksers. Met die volgende verkiesing het sy ondersteuner getal met 200% gestyg.

Janee ·

Daar is vir baie jare al gekerm dat die aarde te veel mense dra….van wanneer af sou enige regering omgee dat die mense tog moet ingespuit word om te verhoed dat hulle sterf en ander aansteek….Feit is….alles is ‘n eksperiment..

Pieter ·

Verpligte inentings met ‘n eksperimentele middel skend die Neuremberg-kode. Skielik besef ek, ek is omring deur neo-Nazies wat die konsentrasiekamp gebeure laat herleef.

ENFM ·

Is die vol gende vrae aan jou gestel toe jy jou J&J / Phizer inspuiting ontvang het?
“Het jy ‘n geskiedenis van van erge allergiese reaksie?”
“Het jy of jou familie ‘n geskiedenis van trombose – hartaanvalle, beroerte, longembolisme – indien wel, kan jy nie hierdie inspuiting kry nie..”
Mev tussen 30-49 ” is jy bewus daarvan dat die grootste hoeveelheid newe-effekte agv bloedklonte in jou ouderdomsgroep plaasvind?”
Is jou risko vir immuun trombositopenia met jou bespreek?
Kyk maar na die ander instruksies in die voubiljet van J&J en Phizer se voubiljette op die CDC se webblad vir meer inligting.

ENFM ·

Hoeveel mense (voor covid), weet vooraf hulle gaan ‘n hartaanval of ‘n beroerte kry? Indien hulle dit geweet het, sou hulle iets gedoen het om dit te keer?
Indien die voubiljet aandui dat bloedklonte ‘n newe effek is en ‘n ingespuite persoon, sterf aan ‘n hartaanval, beroerte, ander bloedklont, is dit iets, wat in elk geval sou gebeur het, of is dit dalk moontlik dat dit met die spuit verband hou?

Wat wel gesê word: ” Dis die beste manier om hospitalisasie en dood te voorkom. Jou arm gaan seer wees en jy kan dalk effens siek voel..”
Sou dink dis heelwat erger om van ‘n hartaanval of beroerte te kry as ‘n virus, wat met oor die toonbank medikasie behandel kan word.

Ingespuit of nie, jy kan steeds die virus oordra en kry. Is hartaanvalle en beroertes aansteeklik?

Waarom ·

Wat ek hoor is dat die entstof ‘n protein spike veroorsaak wat ‘n verdukking van bloed veroorsaak wat in sekere gevalle aanleiding gee tot bloedklonte en hartaanvalle.

Samuel ·

Jy word uitgelag en afgejak as jy praat van ernstige nagevolge van die eksperimentele inenting. Tog is dit waarheid. Ek is dankbaar vir die ACDP wat opstaan vir mense sonder stemme, wat nie gehoor word nie. Dankie.

Genis ·

My ligaam, my reg my keuse… So ons kan nou verkrag ook, teen iemand se wil? Wie het aids en vigs, mag ons dit vra? Hoekom kry net swart mense werk?

DJ ·

Ek gaan beslis in die toekoms vir die ACDP stem, skielik is Afriform en sy maatjies baie stil

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.