Ace betwis vandag skorsing in hof

Ace Magashule is vroeër vanjaar as sekretaris-generaal van die ANC geskors. (Argieffoto: Itumeleng English/ANA)

Ace Magashule sleep sy eie party hof toe om sy skorsing as sekretaris-generaal van die ANC in die hof te betwis.

Die saak word Donderdag en Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof deur ’n volbank regters aangehoor.

Magashule sal sy saak aan regters Jody Kollapen, Edwin Molahleli en Sharise Weiner moet stel.

Maroela Media het vroeër berig Magashule is in Mei uit die ANC geskors nadat hy geweier het om opsy te staan hangende die finale uitslag van die strafsaak teen hom.

Die geskorste sekretaris-generaal staan tereg op verskeie aanklagte, waaronder bedrog en korrupsie, wat verband hou met die ondersoek na die miljoene rande wat betaal is vir ʼn ondersoek na asbesdakke in die Vrystaat. Die saak word in Augustus in die hooggeregshof hervat.

Magashule sal na verwagting nou in die hof aanvoer dat sy skorsing onwettig, ongeldig en ongrondwetlik was en tersyde gestel moet word.

Hy voer ook in sy hofstukke aan dat hy by magte was om ná sy skorsing dáárdie brief aan Ramaphosa te rig waarin hy aangekondig het dat hy pres. Cyril Ramaphosa uit die ANC “skors”.

Volgens Magashule behoort dié skorsing van Ramaphosa geldig te wees.

eNCA berig pres. Cyril Ramaphosa is die eerste respondent in die saak, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte, die tweede respondent en die regerende party die derde respondent.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het Donderdagoggend gesê die regerende party het reeds sy hofstukke ingedien en bevestig dat die saak in die hof aangehoor sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Hoe belaglik. Aanvaar dat daar iemand anders is wat meer aanhangers het en meer gewild is. Kyk na jou optredes en ondersoek jouself.

Persheks Adri ·

Deny deny deny delay delay delay laat jou hakke raas met ace

Misky ·

Darem dikvelligste vent wat ek in lang tyd gesien het!!!
Hulle skop hom uit en se: “Ons soek jou nie” en hy baklei om terug in die bende te wees

Baardman ·

Nog belasting geld wat in die hof vermors gaan word. Hoop ek is verkeerd.

Lood ·

Kry die springmielies reg – die sirkus gaan begin. Ek hoop hy betaal sy eie regskoste.

marius ·

Die gemors het niks met die belasting betaler uit te waai nie . Hierdie regters moet eers bepaal wie betaal die regskoste .

Lizelle ·

Kan die man nie besef hul wil hom nie meer daar hê nie??? Dit is seker hoe dit gaan….. wurm hulself oral in.

KB ·

En more oormore vind ons uit die Guptas betaal ook sý hofsake…(hy is nie verniet Zumpie se maatjie nie).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.