Ace bly aan in pos

Ace Magashule, beleërde sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Twitter)

Die beleërde sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, bly in hierdie stadium aan in dié posisie.

Die ANC se topleiers het Dinsdagaand vergader om die lasbrief wat vir Magashule uitgereik is te bespreek en het daar tot ʼn vergelyk gekom, het twee van die party se hoofamptenare, Paul Mashatile (tesourier-generaal) en Jessie Duarte (adjunk-sekretaris-generaal), Woensdag gesê.

Magashule verskyn intussen Vrydag in die streekhof in Bloemfontein op die aanklagte van korrupsie teen hom.

Hy het gevra dat geen optogte op dié dag by die hof gehou word nie, asook dat geen T-hemde met sy naam daarop gedruk word nie.

Die ANC het in ʼn baie kort verklaring alle korrupsie veroordeel en sy volle samewerking met die regsproses beloof.

Individuele ANC-leiers word wel by die hofverrigtinge verwag, met die voormalige hoofsweep Tony Yengeni na verwagting heel voor.

Die rede waarom Magashule nie terugstaan as sekretaris-generaal terwyl die hofsaak teen hom afgehandel word nie, is omdat die besluit dat ANC-lede wat by korrupsie betrek word, moet terugstaan tans opnuut voor die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC dien.

Magashule word ondersoek vir sy beweerde rol in die toekenning van ʼn R255 miljoen-kontrak om ʼn oudit van asbesdakke in die Vrystaat te doen. Die tender is tydens Magashule se termyn as Vrystaatse premier toegeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Willem ·

Nou hoe werk dit. As ek aangekla word van iets moet ek dadelik my pos ontrym. Wat van hulle. Hoekom mag hulle aanbly

Pieter ·

Ek neem dis n retoriese vraag. Nutuurlik is ace bo die reg verhewe, ons gaan weereens miljoene of die kastige hofsaak mors net sodat hy onskuldg verklaar kan word. Kan jy ruik wat ek ruik?

koos10 ·

Is daar nou nog ‘n stel reëls, die keer vir ANC hoog geplaasdes? As enige staatsamptenaar van so iets beskulding word, word hulle summier geskors.

Dup ·

As skelm familie is van skelm dan sal die skelm familie die res van die skelm familie beskerm.Bloed is immers dikker as water en daar is “honor amongst thieves”.

MakersMark ·

Dis hoekom SA nou gereken word as ‘n derde wêreld land. Eerste wêreld reëls geld nie. Piesangrepubliek.

Marius ·

Dit verbaas my glad nie , maar tenminste weet mens die ou kan nie vlug nie .

Deon ·

Hy kan, wat keer hom om te verdwyn, miljoene en al? Ek kan self daai vraag antwoord, ons hoop keer hom

Strandloper ·

Nê? Weereens verander die all now criminals die wet boeke om hulle te pas! As hier iets van kom vreet ek die kopdoek scarecrow se hoed op!

Hennie J ·

Ek het nou werklik vrede met hulle interne regulasies maar die ooglopende dubbelstandaarde is lagwekkend. Die ou battleaxe van Durban is uitgesmyt maar die knaap bly aan. Dubbelstandaarde net soos op ons wittes toegepas word.
Wat ek wou se is dat die mater darem nou hondmak is en dat “rent a crowd”is nie welkom nie. Ha ha ha.Wie dink hy bluf hy?

Misky ·

Hulle pluk nou weer n lat vir hul eie gat…. as hulle dit toelaat vir een, gaan almal daarop aandring. Selfde was vir Gumede gesê en met gesukkel haar uitgekry tot ondersoek afgehandel is. Nou wat nou?

Adam Adriaan ·

Hy het darem die styl wat oranje pajamas sal pas. So onskuldig. Sal pas by sy kot

Archie ·

DISKRIMINASIE. Ander oortreders word gearresteer en moet aansoek doen om borg maar sekeres is verhewe bo die wet Wat is anders hier????

Chris ·

Dit is gladnie onverwags nie ons weet mos die kaders sal hom beskerm en ondersteun. As hy sou toegesluit word sal dit seker nog moet volle salaris ook wees.

domheks ·

Lekker as jy anc kader is. Twee stelle reels. 1 vir Kaders, 2 vir wittes.

Derick ·

Maar hy sê mos hy is onskuldig. Wat is julle probleem? Die man sal mos nie vir ons jok nie.

Nie Verbaas ·

En so boomerang die ruggraatlose ANC se grootmond reels alweer.

Herman L ·

Hoeveel keer moet die ANC ‘n besluit neem voordat dit uitgevoer word? Dit het skynbaar baie te doen met wie deur die besluit geraak word.

Pieter ·

Lekker dubbel standaarde. Sê een ding maar doen ‘n ander ding. Was hy nie veronderstel om sy pos tydelik te ontruim nie

Kerneels ·

Mag dit die eerste van vele dominos wees wat vir Ace val, en die golf hom in die selle uitspu.

Johann ·

Lekker man. Dis dan hoe die ANC oor korrupsie en korruptes dink en doen! Hou hulle in die mags poste wat hulle is om ordentlik te vat en beegryp.

Derek ·

Die sogenaamde demokrasie met “the rule under law”, seker die grootste flater ooit en saam met dit artikel 15.1 van die handves van menseregte net nog n klug.

Cornelius ·

Die ANC is n Mafia struktuur by wie die Sicilian Mafia iets kan leer. Ek is bevrees die land het geen toekoms nie. Zimbabwe is ons voorland.

Derek ·

Ons leef mos in n demokratiese “rule of law”! Dit is mos wat Cyril Ramaphosa gese het, die wet is net bedoel vir die blankes, want ons is mos “frogs” volgens hom.

Pieter ·

Belasting boikot dan wil ek sien wie gaan die klomp kommuniste se selarisse betaal. Praat gaan ons niks help nie.

Page ·

Ek verstaan glad nie. Die jakkals moet verskyn vir aanklagte van korrupsie, hy bly aan in sy pos & die ANC veroordeel korrupsie. Die dots connect nie.
Wat ń vervelige ou rympie. Onnosel lot!

Martie Smartie ·

Hierdie vent weet duidelik baie dinge wat die ANC nie wil laat uitkom nie …

Androclus ·

Dankie hulle is nou op sy draad,mag God se wil geskied.

Pietertjie ·

Ace gaan net soveel oorkom as Jacob, Lucky, Dudu, JuJu… die lys is lank. Vra maar vir Ray!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.