Ace bring dringende hofaansoek oor skorsing

Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC, het Vrydag ’n dringende hofaansoek ingedien om sy skorsing ongeldig te laat verklaar. (Foto: Twitter)

Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal, het Vrydag ’n dringende hofaansoek ingedien om sy skorsing tersyde te stel.

Magashule, wat deur adv. Dali Mpofu verteenwoordig word, voer in sy hofstukke aan dat Reël 25.70 in die ANC se grondwet ongeldig, ongrondwetlik én onwettig is.

Maroela Media het vroeër berig dat diegene wat aangekla is van korrupsie of ander ernstige misdade, en wat nog nie opsy gestaan het nie, ingevolge dié reël geskors moet word.

Magashule staan tereg op verskeie aanklagte van korrupsie en bedrog en is verlede week tydelike geskors nadat hy nie binne 30 dae vrywillig teruggestaan het soos die reël voorskryf nie.

Magashule versoek voorts in hofstukke aan dat sy skorsing opgehef of tersyde gestel moet word en dat hy weer in sy pos aangestel word.

Daar word ook versoek dat alternatiewe, gepaste en regverdige remedies nagestreef moet word.

Magashule eis dan ook dat enige respondent, onder wie pres. Cyril Ramaphosa, Jesse Duarte (die ANC se waarnemende sekretaris-generaal) en die ANC, wat die aansoek teenstaan, die koste daarvan moet betaal.

Die respondente word tot 14 Mei om 14:00 gegun om aan te dui of hulle wel die aansoek gaan teenstaan.

Magashule beweer dat die reël vir sy skorsing selektief toegepas is weens ’n begeerte om van hom ontslae te raak.

“Die werklike motief agter my skorsing is die begeerte om my, op enige manier denkbaar, uit my amp as sekretaris-generaal te verwyder, om die weg vir pres. Cyril Ramaphosa en sy faksie in die volgende nasionale konferensie te baan.

“Ek wil byvoeg dat enige vrese dat ek met die demokratiese proses sal inmeng, misplaas is en onnodig paniek saai,” sê Magashule.

Maroela Media het berig dat Magashule in sy reaksie op die skorsing ’n brief aan Ramaphosa gestuur het waarin hy op sy beurt die president skors.

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK), die party se hoogste besluitnemingsliggaam, het daarom besluit dat Magashule benewens sy skorsing nou ook aan die ANC-gemeenskap en Suid-Afrikaners om verskoning moet vra.

Magashule het nog geen sprak gesprook oor dié verskoning nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Magashule se arrogansie skree ten hemele! Wanneer gaan hy finaal in die bek geruk word?!

Aai

Lyk my die man is mal hy dink hy, kan maak soos hy wil dan moet ons hard werkende mense vir sy spelletjies betaal.Jy kry ‘n lekker salaris sonder om te werk so spandeur dit ‘n bietjie nar.

Persheks Adri

Nou pas dit hom om te sê als is ongrondwetlik en ongeldig. Hy’t die vermetelheid om tyd te gee vir ‘n antwoord gggmmmfff. Hoop ons raak ontslae van hom

Jannie van Niekerk

Dit is verstommend hoe die ANC en EFF dink dat misdaad wat deur swart mense gepleeg word nie as misdaad beskou mag word nie.

LANA is ELANè

Grap van die jaar, hierdie sirkus wat ons land beheer en beslis nie nawense bestuur nie. Hulle is meer in die hof as op enige ander plek om onderlangse politiek en skorsings te regverdig of nie te regverdig nie. So siek om alewig van dieselfde “same old same” se gesigte oral te moet sien.