Ace dalk nóg dieper in die pekel

Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC. (Argieffoto: ANC/Facebook)

Die ANC se geskorste sekretaris-generaal is weer in die pekel, dié keer oor sy uitlatings by oudpres. Jacob Zuma se korrupsieverhoor.

In ʼn verklaring deur die ANC met terugvoer oor ʼn vergadering van sy nasionale werkkomitee (NWK), veroordeel die regerende party die “onvanpaste, verdelende en uitdagende gedrag” van Ace Magashule, Tony Yengeni, ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) en Carl Niehaus, ʼn amptenaar van Luthuli-huis en woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe- militêre vereniging.

Magashule het verlede week, tydens die hofverskyning van oudpres. Jacob Zuma op aanklag van korrupsie, buite die hof steeds uitlatings gemaak ten spyte van sy skorsingsvoorwaardes wat hom verbied om dit te doen.

Hy het onder meer aan die skare gesê niemand sal hom uit die ANC ban nie.

Die NWK het nou opdrag gegee dat die party se dissiplinêre komitee na dié verbreking van dissipline kyk en ondersoek instel na aanklagte in ooreenstemming met die ANC se grondwet en gedragskode.

Luidens die ANC se verklaring steun die party ook die besluit om Magashule se dringende hooggeregshofaansoek om sy tydelike skorsing ter syde te laat stel, teen te staan.

Magashule het ten spyte van die opdrag om dit te doen ook nog nie verskoning gevra vir die brief wat hy aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur het waarin hy hom uit die party skors nie.

Die NWK neem ook kennis van die ANC se provinsiale en parlementêre koukus se voortgesette inwerkingstelling van die NUK-besluit dat diegene wat van korrupsie op ander ernstige misdade aangekla is vrywillig opsy moet staan, of ingevolge die ANC se grondwet geskors moet word.

Diegene wat beskuldig word van korrupsie maar nog nie aangekla is nie, moet voor die onderskeie integriteitskommissies van die party verskyn.

ʼn Integriteitappèlkomitee is intussen onder voorsitterskap van ANC-veteraan Vusi Khanyile op die been gebring. Ander lede van die paneel is Mavivi Manzini, Josiah Jele, Dipuo Peters asook Johnny de Lange.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Di ·

Hulle mors hulle tyd. Die kriminele elemente in die ANC Regering gaan niks oorkom nie. Our people is untouchable! Spul narre

Nicholaas ·

Ons moet bid en aanhou bid, waar GOD intree sal altyd n goeie einde wees.

Lesly ·

Die ANC het’n Integriteitappèlkomitee?? Dit dien omtrent dieselfe doel as ‘n flikkerlig hefboom in ‘n BMW

Nie Verbaas ·

Dit terwyl ANC geen integriteit het nie. Hulle moet eerder n anti astrantheid kommitee stig maar met geen integriteit behoort dit dieselfde uitkoms te he.

Ian ·

ANC julle is n lopende voorbeeld hoe n politieke party nie hulself moet gedra nie. Jul kaders het nou groter geraak as die party self en hulle het respek vir niemand elkeen is n god op sy eie. Julle volgelinge sien dit en leef die voorbeeld uit in munisipaliteite ensomeer. Julle het nou alle waardes verloor asook die vermoe om jul kaders verantwoordelik te hou vir hul uitlading en dade. Sies!! Hoe wil jy n land bestuur as julle in so n toestand is.

jzjz05 ·

Dit is korrek gestel en het geen skaamte daarvoor nie,in teendeel hulle glo hulle is die kampionne met die gedrag.

Blikke ·

Daars ongelukkig nie pille vir die soort van astrandheid nie…..

annie ·

Vandag moes alle Vrystaters by Zuma se afstelhofsaak wees… het Ace mos beveel. Wat seker ook sal beteken dat sy edele Zondo en alle ander howelinge maar kan aftree want g’n skelm is voortaan meer ‘n skelm nie.

Genis ·

Ek wonder of die ANC weet integriteit is? Integrity: the quality of being honest and having strong moral principles. Miskien in ANC taal is dit die teenoorgestelde?

Jannie van Niekerk ·

Hulle het nie ‘n benul wat die woord betekne nie. Integriteit vir hulle is om skelm te wees en te tseel , solank jy net ANC of EFF is.

Heinrich ·

Die ANC het beslis ‘n ander woordeboek!
Integriteit = party lojaliteit
Regstellende Aksie = meer van hulle kaders moet aangestel word
Democracy = meerderheidsregering met geen opinies toegelaat van die minderhede nie
Daar is nog baie, dink mooi!

Blikkies ·

Hier gaan absoluut niks van kom nie. Ek dink die NUK is te bang vir hom en Zumpie.

Androclus ·

Jy moet ‘n kriminele rekord (in korrupsie) het,dan kwalifiseer jy as ANC lid.

Nie Verbaas ·

Niks sal gebeur nie net soos met Zuma terwyl Ramaphosa voort blabber oor korruptes en verwag dat iemand met meer as een breinsel hom moet glo.

Jannie van Niekerk ·

Hulle praat en vergader net en doen niks. Nou hoop hulle die “probleem” sal vanself weggaan. Ek wag nog in spananing om te hoor wat die besluit by Maandag se vergadering tov oompie ACE was, maar die ANC swyg….

Schalk ·

Hond eet Hond is besig om te gebeur. Die vingers skraap die bodem van die geldpot en nou begin die werklike kleur wys.

Hennie J ·

Hierdie sweer sal een of ander tyd oopbars en dan eers sal ons weet wie (of wat) eintlik die regering is. Kieser ondersteuning is nie n barometer nie. Ek bly daar doer wat ver is; ek oorleef op my sassa toelaag; ek is totaal ongeletterd; ek word gese as nie vir die anc stem nie, dan verval my toelaag; so vir wie stem ek?

jzjz05 ·

Wonder van watter pekel hul praat seker nie by die ANC nie hulle is te slap in die rug.

Rian ·

Bra Ace , jy moet nou maar van die toneel verdwyn jong. Jy het genoeg geskep en geeët uit die belastingbetaler se pot.

My siening ·

al die ANC eendjies stap in n ry en die voorste een is skelm verby! Eish Ace!

Ansie ·

Raak sommer van Tony Yengeni en Carl Niehaus ook ontslae. Hulle voeg geen waarde toe tot die ANC (of die land in sy geheel) nie.

JohanR ·

Hoekom skop hulle hom nie uit die ANC nie. Maar nee hulle los hom sodat hy nou alle soorte perde mis aanvang! Is die ou die slegste wat die ANC vir Suid Afrika gee, of is daar nog slegter?

Jaco ·

Vreemd dat, toe die ANC nog in ballingskap was, hulle dié lede wat net 1 millimeter van ANC beleid afgewyk het, DADELIK in strafkampe in Angola gegooi het. Nou gaan Ace en ander top ANC mense so aan, en bitter min word teen hulle gedoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.