Ace glo uit NUK-vergadering geskop

Ace Magashule (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC, is volgens berigte nie toegelaat om die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK)-vergadering by te woon nie.

Die vergadering vind aanlyn plaas en was glo reeds ʼn paar minute aan die gang toe daar opgemerk is dat Magashule deel is van die vergadering waarna hy verwyder is.

Die vergadering het vandag begin en sal tot Maandag duur. Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het vroeër gesê verskeie sake sal tydens die vergadering bespreek word, insluitend die verslae van die party se integriteitskommissie en die implementering van resolusies en riglyne vir partylede om opsy te staan.

Die ANC het na afloop van sy vorige NUK-vergadering opnuut gesê alle lede wat van korrupsie of ander ernstige misdade aangekla word, moet binne 30 dae opsy staan anders word hul geskors.

Magashule, wat van korrupsie aangekla word, het egter nie opsy gestaan nie en is verlede week uit die regerende party geskors. Hy het ʼn brief ontvang wat lui dat hy van 3 Mei tydelik geskors word, hangende die finale uitslag van die strafsaak teen hom. Magashule is met volle voordele geskors.

Hy het egter teruggekap en sy onmiddellike appèl teen sy skorsing aangekondig. Magashule het ook verder gegaan en Ramaphosa uit die ANC “geskors”.

Magashule het ook volgehou dat hy die naweek se NUK-vergadering sal bywoon.

In ʼn onderhoud met die openbare uitsaaier Vrydag het Magashule volgehou hy het “niks verkeerd gedoen nie” en dat hy om die rede nie opsy sal staan nie.

“Ek was en sal ʼn gedissiplineerde lid van die ANC bly. Ek sal doodgaan in die ANC,” het hy tydens die uur lange onderhoud gesê. “Ek het nog nooit ʼn sent van die regering of die mense van Suid-Afrika gevat nie.”

Magashule het ook gesê die resolusie rakende die opsystaan-kwessie word misbruik om van hom ontslae te raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Persheks Adri ·

Joh hy lieg mos deur sy tande en sal alles ontken. Hy verstaan ook nie die woord integriteit nie hel man. Klimraam het al voor skool gebreek eish

Blikke ·

Lyk my ou Acie sal maar iewers n Hasie uit die hoed uit moet trek……

Dirk Mostert ·

As ek CR was, reel ek dat die ANC bestuur geent word en maak seker Ace kry die REGTE inspuiting.

Chris ·

Was dit nou ‘n witman, wonder ek of hy ooit die sonlig sal sien. As hy kan lieg oor al sy doen en late, watter voorbeeld stel hy aan sy volgelinge? Geen, want dit is wie hul is.

Nie Verbaas ·

“Ek het nog nooit ʼn sent van die regering of die mense van Suid-Afrika gevat nie.”. Wat n lafaard of glo hy dat hy geregtig is op wat hy gedoen het.

RB ·

Seker net soos hy nog nooit gelieg het nie!!
Net hy en sy maters glo hom.

Hoe weet jy hy lieg?
Sy lippe beweeg!

Sarel ·

Ja so onskuldig en hoog Heilig….Vrystaters weet van beter.
Tipies Zuma maatjie…hy sal nou moontlik sy eie party stig om due ANC opdraande te gee

JM ·

“Ek was en sal ʼn gedissiplineerde lid van die ANC bly. Ek sal doodgaan in die ANC,” het hy tydens die uur lange onderhoud gesê. “Ek het nog nooit ʼn sent van die regering of die mense van Suid-Afrika gevat nie.” Zuma het ook gevra: “What did I do wrong?”

Die man yl en lieg soos ‘n tandetrekker. Die begrip integriteit ontbreek totaal en al. Ek kan nie glo dat hy sowaar nog besoldig word nie! Hy hoort agter die tralies. Intussen word die belastingbetalers leeg gemelk om die gewetenlose diewe se sakke vol te hou.

marius ·

Die pot is leeg . Nou moor hulle oor die krummels op die grond . Geniet dit roelfie en pienkes …

marius ·

Alliansie met zuma en eff is op pad . Paddapot en sy maters se tyd is verby .glo dit maar.

Johan ·

Paddapot? Dit klink interresant, wie is dit? Of praat jy van die padda in die kookwater?

Thom ·

Jy droom ___ hy het vir Roelfie ore aangesit en is besig met presies dieselfe met hierdie lot . Moet NOOIT vir Rampie onderskat nie !

Jaco ·

“Ek het nog nooit ʼn sent van die regering of die mense van Suid-Afrika gevat nie.”
Selfs al was dit waar, was sy salaris as premier ens in elk geval te veel. Ramaphosa kry R3.6 miljoen per jaar, ministers en provinsiale premiers ‘n raps minder. Parlementslede van ALLE politieke partye kry meer as R1miljoen per jaar PLUS ‘n luukse motor PLUS ‘n vet petroltoelae PLUS ‘n onthaaltoelaes PLUS verniet vlieg. ALLE verkose politici van ALLE politieke partye behoort hulle te skaam vir hoe lekker hulle lewe terwyl die meerderheid van hulle kiesers swaarkry.

Johan ·

En as hul oornag verdwyn sal ons nie een van hul mis nie, in teendeel. Net Vryheid wat ons laas voor die Engelse oorlog geken het.

M-woord ·

Shame, so sal hulle klou aan hulle mag – hierdie dalk net die begin van die skeuring van die korrupte party: Ace Ace Baby…

annie ·

En wat is die doel van ons parlement en die duur verkiesings soos die een wat binnekort plaasvind? Niks, net ‘n show vir die wèreld dat ons ‘n demokrasie het soos in die VSA. Ha, ha! Ons toekoms speel op Skype af tussen haatdraende kaders. Terrorisme was die ANC se hoofbedryf en dit is as ‘n normaal aanvaar by die DeKM-onder-handelings. En waar staan ons nou? Beautiful the view.

Snowball ·

Dit raak onmoontlik om na hierdie klugspel van ‘n regering te kyk en nie totaal en al sinies en pessimisties te word nie; maar nou ja, die politikus wat nie net daar is vir eie eer of gewin nie, moet seker nog gebore word.

Jack ·

Ai weereens die zuma virus wat almal aangesteek het. Hy moet gaan waar hy min lig sien.

Andre ·

Nou word hy geskors met betaling soos almal maar en die ondersoeke duur jare voort wyl die anc reeds hul personeel laat weet het dat geld skraps is.

Jr ·

Hoe drink die cANCEer society hulle Johnny Walker – Hopelik sonder ” ace”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.