Ace Magashule se week uit die hel

Ace Magashule. Foto: ANC/Facebook

Die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, ervaar skynbaar ’n week reguit uit die hel, met verskeie kaiings wat besig is om vir hom uit te braai.

Sy eerste probleem was ’n buitelandse een. Nadat hy die Zimbabwiese regering van pres. Emmerson Mnangagwa tereg ingevlieg het oor die huidige gewelddadige onderdrukking van die Zimbabwiese bevolking, het woordvoerders van sowel Zimbabwe se regering as die regerende party, Zanu-PF (tradisioneel ’n ANC-bondgenoot), vir Magashule goed laat verstaan hy moet sy neus uit hul sake hou.

“Hy is ’n verleentheid vir homself en vir sy party,” het Patrick Chinamasa, ’n hooggeplaaste in Zanu-PF, uitgewys.

’n Tweede terugslag het Magashule getref toe dit uitgelek het dat verskeie lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) uiters ontevrede is oor inligting wat hy uitgelaat het in die mediaverklaring oor die jongste NUK-vergadering.

Dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie.

In hierdie geval het pres. Cyril Ramaphosa aan die NUK gesê dat Suid-Afrika sy besluit om uit die Internasionale Strafhof in Den Haag te onttrek, moet heroorweeg omdat dit in die lig van strategiese veranderings Suid-Afrika ’n buitestander in Afrika maak.

Magashule, wat ten gunste van die land se onttrekking uit die Internasionale Strafhof is en dus van Ramaphosa verskil oor die kwessie, het die inligting bloot verswyg in die mediaverklaring waarvoor hy as sekretaris-generaal verantwoordelik is.

Derdens het die hof die verslag deur die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, oor die Estina-suiwelplaas by Vrede in die Oos-Vrystaat, ongeldig bevind. Die verslag het Magashule, wie se destydse Vrystaatse regering beskuldig word van grootskaalse korrupsie in samewerking met die berugte Gupta-familie, baie lig daarvan laat afkom, maar nou is die jag op hom weer oop.

Laastens het Magashule in ’n onderhoud gewaarsku dat wetstoepassingsagentskappe nie gebruik moet word om politieke geskille te besleg nie. Dit het spekulasie in politieke kringe laat toeneem dat die dag al nader kom dat wetstoepassers teen Magashule gaan optree, en dat hy dit dan op politiekery gaan blameer. Hy word juis daarvan verdink dat hy sy twee seuns onlangs gehelp het om bedenklike kontrakte vir die verskaf van Covid-19-toerusting in die Vrystaat in te palm.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

J ·

Stuur net ‘n streng konstabel om hom te arresteer!

.. asb net nie NOG ‘n kommissie van ondersoek nie!

Want die ANC rampokkers is reeds die mees ondersoekte regime in die geskiedenis van SA (.. miskien in die WÊRELD?).

Die belastingkas is reeds leeg ‘gestroop’ deur regsgeleerdes wat buitensporige vergoeding ontvang vir nimmereindigende kommissies van ondersoek wat tot dusver tot GEEN vervolging gelei het nie.

Inteendeel! … die kommissies dien as “misleiding” (distraction) van wetstoepassing tot voordeel van die ‘ondersoekte’ kriminele.

JohanR ·

Hoop sy kaiings word lekker gebraai! Kan net dink om die ou as President te he?

Androclus ·

Nee wat hy sal niks oor kom nie,hulle is kop in een mis.

Yvonne ·

Hy is een van die baie…sonder gewete…..die Woord se vir ons die goed word aan die Lig gebring

Kanjynoumeer ·

Hy sal niks oorkom nie. Hulle beskerm mekaar.
Fat Cats!

Juffrou ·

Hoekom word hy met handskoene hanteer? Lyk my almal is bang vir dié adder.

Sonia ·

Spreuke 21:6 Skatte wat met bedrog versamel is verdwyn in die wind en bring die dood. Die Here Sal reg laat geskied, een of ander tyd

Sarel ·

Hahaha…gevorder tot Sekretaris van die ANC ten soyte van sy rekord. Die ou gaan niks oorkom.nie hy sit lekker in die ” poundseats” . Volgende is Parlementspos.

Dries ·

Ag foeitog. En nou gaan al die stres sy immuniteit laat afneem, en dan is hy nog meer vatbaar vir Covid. So het die ‘expert’ op ‘n ANC begrafnis mos anderdag gese.

Jakes ·

As daar n sak vrot appels is dan is Magashule die een heel bo. Na hom volg die ANC regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.