Ace se voorverhoorverrigtinge begin dán

Ace Magashule. (Foto: Twitter)

Voorverhoorverrigtinge in die multimiljoenrandse asbeskorrupsiesaak teen Ace Magashule en sy medebeskuldigdes is tot 10 Junie uitgestel.

Magashule en sy medebeskuldigdes het Maandag in die hooggeregshof in Bloemfontein op aanklag van bedrog verskyn.

Magashule en sy 16 medebeskuldigdes staan tereg op meer as 70 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery. Dit hou verband met ʼn ondersoek na ʼn R255 miljoen-tender wat tydens sy termyn as premier van die Vrystaat vir ʼn ondersoek na asbesdakke in die provinsie toegeken is.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die siviele verrigtinge in die asbeskorrupsiesaak is tot Dinsdag om 10:00 uitgestel. Dít is nadat die hof argumente van regsverteenwoordigers aangehoor het wat aanklagte wat teen die beskuldigdes ingedien is, en getuienis van die Staatskapingskommissie van Ondersoek, betwis.

Die hof het regsverteenwoordigers van vier beskuldigdes aangehoor wat teen die toelaatbaarheid van sulke getuienis argumenteer, terwyl die vervolging – wat deur adv. Nazeer Cassim verteenwoordig is – aangevoer het dat toelaatbaarheid van getuienis ʼn aangeleentheid is wat onderhewig is aan verhoor voor ʼn geregshof.

Die strafregtelike verrigtinge betreffende ʼn voorverhoorkonferensie is uitgestel tot 10 Junie.

“Ondanks hul argumente is die aanklaer steeds vol vertroue dat daar voldoende bewyse is om die aanklagte te handhaaf wanneer die verhoor begin. Dit is duidelik uiteengesit in die akte van beskuldiging wat aan die beskuldigde oorhandig is,” sê Mhaga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wat Wou ·

Ag en hoe onskuldig en eerbaar lyk die man tog!Botter kan nie in sy mond smelt nie. Honorable tot die dood toe!

quartus ·

Teen die pas wat die saak vorder sal die verhoor eers oor ongeveer 10 jaar afgehandel word,

Pietertjie ·

Is daar ooit enige hofsake in SA wat net gewoonweg voortgaan en afgehandel word nadat getuies ondervra en op kruisverhoor geneem is?

AW ·

Hierdie saak laat my dink aan……

” ‘But, then again, it is absolutely par for the course in these heist trails for the defence to delay the proceedings for long as possible.
It’s a deliberate strategy. It’s exactly what happened with the prosecution in the 2001 airport heist. There, they dragged things out for so long that ultimately the witness refuse to testify, and the accused got off’.”
(Page. 143)

HEIST ! South Africa’s Cash-In- Transit Epidemic Uncovered. 2018

Anneliese Burgess

Vertraag so lank moontlik !!

Christine ·

Vertraag die saak lewenslank, of sit weer met laasjaar se onluste op jul hande en dra die gevolge van meer sterftes, openbare geweld en maatskappye wat afgebrand en geplunder gaan word.

annie ·

Mmm… Ja, hoofkantoor sukkel kwaai sonder hul raadgewers en planmakers… Charming gentlemen op die koop toe. Makura hoop ok op beter dae in die ‘vesting’-der-dae-sat vir die troonstoel. Oei!

Mieke ·

Hulle kan dan nie eers vir Zuma in die tronk hou nie…. en Ace gaan ook nie in die tronk beland nie. Wait and see!!!

SjN ·

Uitstel,uitstel uitstel, speel vir tyd, maak n bespotting van die regstelsel.

Gert ·

Ace se hofsaak is nie naby die Zondo kommisie se R 1.5 Miljard ANC, BEE Rook skerm nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.