Ace skuldig bevind aan wangedrag

Ace Magashule (Foto: Twitter)

Ace Magashule, voormalige sekretaris-generaal van die ANC, is deur sy party skuldig bevind aan wangedrag.

Magashule het nou sewe kalenderdae om skriftelike vertoë aan die ANC se nasionale dissiplinêre komitee te rig oor waarom hy nie uit die regerende party geskors moet word nie.

Die komitee het vroeër vandeesmaand tydens ʼn virtuele dissiplinêre verhoor bevind dat Magashule hom aan wangedrag skuldig gemaak het toe hy twee jaar gelede ʼn  skorsingsbrief aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur het.

Magashule het die president op 3 Mei 2021 uit die ANC “geskors” kort nadat hy self geskors is hangende die finale uitslag van die strafsaak teen hom.

Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie by Luthuli-huis gesê Magashule het die regerende party se strukture ondermyn toe hy die brief sonder die ANC se nasionale werkkomitee óf die nasionale uitvoerende komitee se goedkeuring aan die president gestuur het.

Magashule het ook versuim om verskoning te vra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Piet 6 ·

Al 2 jaar gelede geskors? En met volle betaling? Geen woder die ANC het nie geld om salarisse te betaal nie.

Harley Davidson ·

Hy hoort in die tronk vir korrupsie en diefstal ,wanneer word hy aangekla en begin sy hofsaak .Dit is die vraag wat ek sou vrae as ek n joernalis was.

annie ·

Fikile is die grootste grap van die ANC. Hy kan nie veel oor Ace sê nie. Hy sit nou in lg se joppie sonder dat hy enigiets kan wys as aanbeveling vir sy aanstelling. Al wat hy gedoen het is om Cyril se tone skoon te lek toe dié ou in die mis getrap het op Phala-Lala tog nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.