Ace vandag weer in die hof

Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Twitter)

Ace Magashule, die ANC se geskorste sekretaris-generaal, sal vandag weer in die hooggeregshof in Bloemfontein verskyn op aanklag van bedrog.

Magashule en sy 15 medebeskuldigdes staan tereg op meer as 70 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery. Dit hou verband met ʼn ondersoek na ʼn R255 miljoen-tender wat tydens sy termyn as premier van die Vrystaat vir ʼn ondersoek na asbesdakke in die provinsie toegeken is.

Die DA het Dinsdagoggend aangedui dat van sy lede tydens die verhoor voor die hof sal betoog.

“Die DA wil graag hê dat die verhoor flink sal verloop en dat die politieke argitekte van die asbestendersaak verantwoordbaar gehou sal word,” het die DA in ʼn verklaring gesê.

Volgens die DA is dit deur die toedoen van die beskuldigdes dat 32 500 gesinne in die provinsie nou nog onder “lewensbedreigende” asbesdakke moet leef.

Leona Kleynhans, DA-lid in die Vrystaatse wetgewer wat aanvanklik ongerymdhede met die asbessaak aan die lig gebring en ʼn kriminele klag teen Magashule en die voormalige burgemeester van die Vrystaat gelê het, sal die saak bywoon, lui die verklaring.

Magashule, wat weens die strafregtelike aanklagte teen hom tydelik uit die ANC geskors is, hou vol dat hy onskuldig is en dat die saak “polities gedrewe” is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Shakespeare ·

“Kannie glo dat so ‘n opregte, eerlike, bevoegde leier van “our people” voor die hof gedaag word nie”. via ANC/EFF beleid.

Dries ·

Ja,,,, nee kyk. Lag ek nou lekker. Hy is dan soo eerlik. Eerlik my gat????????????

Kalla ·

Altyd ‘n antwoord vir alles, sal ons land óóit weer regkom? Korrupsie het alles oorgeneem!

Swerwer ·

Met die DA se beoogde betoging voor die hoef moet ek sê, daal ons land se morele waardes darem nog vinniger. Niks word bereik deur te betoog nie, jy slaan net eenvoudig jou naam met ‘n plank en daal tot die ANC se vlak.

Prikkie ·

Stem saam Swerwer. Die DA moet liewer die woonbuurte wat versmoor onder die vullis in die Kaap gaan opruim.

Shakespeare ·

Hou asb op om die DA swart te smeer. Wat gaan jy die as die EFF opposisie party is ??

Piet ·

Een van die grootste anc skelms van alle tye!!Hoop hy sien sy agterent met hierdie saak en speel nie weer dieselfde uitsteltaktiek soos die verrotte jz nie!!!!

SjN ·

Die saak gaan net weer uitgestel word, Ace is besig om te smelt.

Samuel ·

Al wat ek kan sê, is mag geregtigheid geskied. Hierdie ou is ‘n glibberige paling.

JohanR ·

Ek soek op Maroela na die worde Ace gaan vandag tronk toe!

Grassie ·

Dit sal interessant wees as die DA en die ANC se Zuma-fleuel albei daar opdaag.

Asgat ·

As hy skuldig bevind word gaan dit nes Zuma opeindig in mediese perool…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.