Twee werkers van die lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) is onder die vyf mense wat Woensdag in hegtenis geneem is oor ʼn groot besending dwelms waarop owerhede vroeër in Australië beslag gelê het.
Twee werkers van die maatskappy Menzies Aviation en ʼn werker van Swissport is ook aangekeer toe lede van die Valke by die OR Tambo-lughawe toegeslaan het.
Die intelligensie-gedrewe operasie deur die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad volg ná bewerings dat die verdagtes die verskeping van dwelms in en uit die lughawe fasiliteer. Hulle staan tereg op aanklagte van dwelmsmokkelary, oortreding van die Wet op Burgerlugvaart en die Wet op Doeane en Aksyns nadat daar onlangs op die groot vrag dwelms in Australië beslag gelê en twee verdagtes ook daar in hegtenis geneem is.
“Die verdagtes verskyn Vrydag in die Kempton Park-landdroshof. Dít is die eerste operasie van sy soort rakende internasionale dwelmhandel deur die OR Tambo-lughawe, waar ʼn internasionale dwelmbeslaglegging positief verbind word met verdagtes in Suid-Afrika vir hul [beweerde] medepligtigheid,” sê kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke.
Genl.maj. Ebrahim Kadwa, provinsiale hoof van die Valke in Gauteng, het die span geloof vir hul werk om ontslae te raak van “ongure karakters wat die naam van die OR Tambo-lughawe en die land” deur die modder sleep.
Daar is altyd geleenthede vir skelms om groot geld te maak, vir die meeste eerlikes en hardwerkendes sukkel jy ‘n leeftyd om iets bymekaar te maak. Ek is dankbaar dat hulle gevang is.
Goeie nuus dat daar op eie bodem misdadige lughawepersoneel in hegtenis geneem word.
Siek , siek
Vir hulle ‘beweerde’ misdaad gaan hulle ń opgeskorte vonnis van 2 weke gemeenskapsdiens kry.
In Vietnam en Thailand sou hul onmiddelik verhoor en die doodstraf gekry het.
Lekker man… kom vlieg saam
He-he-he …………… “die naam van die lughawe en die land deur die modder sleep”. Mister Kadwa, in watter droom-wêreld leef jy? SA HÉT nie meer ‘n naam wat deur die modder gesleep kán word nie. Ons is die stinkmuishond van die wêreld!
het nie job vir my nie ek soek werk daar