Action SA, OVK dié week in hof oor stembrief

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: RODRIGO ARANGUA/AFP)

Die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) en Action SA sal mekaar Donderdag in die hof pak oor die kwessie van name op die stembrief.

Die  politieke party van Herman Mashaba, voormalige DA-burgemeester van Johannesburg, is vies omdat die OVK die party se naam op konsepstembriewe in Gauteng weggelaat het en nou glo versuim om die fout reg te stel. Action SA het die kieshof daarom vroeg in Oktober met ʼn dringende aansoek genader, met die hoop om dit reg te stel voor die verkiesing op 1 November plaasvind.

“Action SA het pas bepalings van die kieshof ontvang wat ons in kennis stel dat die saak tussen ons en die OVK Donderdag virtueel aangehoor sal word,” het die party Maandag in ʼn verklaring gesê.

“Ons is bly dat dit die dringendheid van die saak weerspieël en ons regspan behoort ons hoofargumente Dinsdag teen 10:00 by die hof in te dien.

“Die regstelsel is nou ons laaste hoop teen mislukte staatsinstellings wat nie in die beste belang van Suid-Afrikaners en die Grondwet optree nie.”

Die konsepstembriewe bevat die name van die wykskandidate, die logo’s van die partye en die verkorte name van die partye. Maroela Media het berig niks staan geskryf in die ruimte waar Action SA se naam veronderstel is om te wees nie en dat slegs die party se logo hierop verskyn.

Die party voer aan dat hy weens die fout benadeel gaan word omdat kiesers hom slegs deur ʼn kandidaat se naam en die logo op die stembrief sal kan uitken, terwyl ander partye voordeel gaan trek omdat hul naam of bekende afkorting wel op die stembrief verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Vertrou enige iemand in SA die OVK? Ons sal sien die dag waaneer dit lyk of die ANC ‘n verkiesing gaan verloor. Dan sal dit bokse en bokse stembriefe in die bosse wees!

Jolandé ·

Ek dink in hierdie geval is dit “iemand” wat dalk bang is vir wat SAaction sal doen aan “hulle” getalle haha

Swerwer ·

Sterkte Actioins SA, mag jul die saak loshande wen. Die ANC is bang jul gaan wen met die verkiesing 1 Nov 2021, dit is hoekom hul bokspringe uitvoer.

Yvonne ·

Ag asb…so hol al weet leef en beef hof toe….geen redernerings vermoe nie….ontoereikend, onbekwaam ongedissiplineerd onbevoeg en nog honderde… Etc… etc….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.