ActionSA-partylede veilig na kapers met hul wegjaag 

ActionSA se Funzi Ngobeni (Foto: ActionSA/Facebook)

ActionSA se Funzi Ngobeni, Gautengse premierskandidaat, en Hluphi Gafane, jeugforumvoorsitter, is veilig gevind nadat hulle glo gekaap en aangehou is.

Volgens Michael Beaumont, ActionSA se nasionale voorsitter, is die twee omstreeks 19:00 in Olievenhoutbosch by Centurion gekaap en omstreeks 22:45 in die Benoni-omgewing gevind.

“ActionSA is verheug dat Ngobeni en Gafane albei ongedeerd is, maar hulle is ongetwyfeld geruk deur die voorval.”

ActionSA het sy innige dankbaarheid teenoor die polisiediens uitgespreek.

“Daar word versoek dat Ngobeni en Gafane die ruimte gegun word om saam met hul gesinne van hul beproewing te herstel voordat meer konkrete inligting oor hierdie gebeure verskaf kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leeubekkie ·

Wat word van ons land? Niemand meer veilig nie… dis hartseer.

Piet parys ·

En wie sè dis nie maar net n manier om aandag te kry nie . Politiek is maar vuilspelietjie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.