ActionSA wys EFF-koalisieaanbod van die hand

Herman Mashaba, president van ActionSA (Foto: Action SA)

ActionSA het ʼn voorstel vir samewerking van die Ekonomiese Vryheidsvegters van die hand gewys.

Herman Mashaba, president van ActionSA, sê indien sy party in ʼn koalisieregering betrokke raak, verbind dit ActionSA met enige party wat betref prioriteite vir dienslewering aan die kiesers wat betref die ontwikkeling van begrotings.

“Alhoewel ons senaat ʼn rits kwessies oor die voorstel deur die EFF bespreek het, hou die primêre kwessie verband met afhanklikheid van ANC-ondersteuning. ActionSA het tydens sy verkiesingsveldtog homself daartoe verbind om nooit met die ANC saam te werk nie en enige reëling wat afhanklik is van ondersteuning van die ANC, sal ʼn oortreding wees van die belofte wat ons aan Suid-Afrikaners gemaak het.”

Mashaba sê ActionSA het dit duidelik gestel dat mens nie die probleme in Suid-Afrika kan oplos deur samewerking met die ANC nie – die oorsaak van die probleem.

“Onder só reëling kan dienslewering nie geprioritiseer word nie, want die ANC wil hê departemente moet gevul word met mense wat aangestel word op grond van wie hulle ken, nie wat hulle weet nie. Onder só reëling sal ActionSA nie sy mandaat kan vervul om korrupsie teen te staan nie, want hy sal deurgaans diegene, met wie hy in koalisie staan, moet ondersoek en stappe teen hulle moet doen.”

ActionSA werk onverpoosd saam met ander politieke partye om ʼn koalisie-ooreenkoms aan te gaan waar inwoners eerste gestel word. “Ons doen ʼn beroep op partye, wat in dié verband soos ons dink, om vinnig en beslissend op te tree en ʼn ooreenkoms aan te gaan wat die wil van Suid-Afrikaners wat die ANC uit sy magsposisie te verwyder, sal reflekteer. Ons wil ANC in die opposisiebanke behou sodat die werk om Suid-Afrika te herstel, kan begin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Samuel ·

Hoelank gaan ActionSA korrupsie vry wees? Kiesersbeloftes beteken nie veel vir politici nie. Herman Mashaba moet lig loop vir die wolwe in skaapsklere met wie hy in koalisie wil gaan.

Dries ·

Om met die EFF saam te werk gaan net so erg wees as om met die ANC saam te werk. ACTIOn SA sal dan ook sy ondersteuning verloor

Aanhouer ·

ň Man so na my hart. As hy die regte getalle (stemme) uiteindelik, vorentoe agter hom kan kry, sal hy ň gróót verskil in hierdie land bewerkstellig.

Pieter9 ·

Die EFF kan in niks ‘n vennoot wees nie – op’ n stadium sal die hangende hofsake teen Malema en sy comrades seker ook moet begin in ‘n rigting gaan… Hoe gouer hoe beter.

Althes ·

Ek het nog altyd respek gehad vir mnr Mashaba. Dankie dat jy standpunt ingeneem het, want jy weet hoe verrot en magshonger en gierig daardie twee partye is.

Di ·

Ja nee om ‘n koalisieregering met die EFF aan te gaan is tien keer erger as om een met die ANC aan te gaan. Hulle moto is net geweld, diskriminiasie teen blankes, opstoking en ontwrigting te veroorsaak net waar hulle gaan. BLY WEG van EFF af

Adriaan ·

Ek hoop ander partye (DA, ek dink spesifiek aan julle) het dieselfde beginselvastigheid as ActionSA en bly eerder, indien dit nie anders kan nie, goeie opposisie as deel van n swak koalisie.

Catherina ·

Hierdie part is n wenner. Sterkte vorentoe. Jammer DA het gemaak dat hy nie by hulle bly nie.

Philip ·

Mashaba gaan dit nog ver bring in SA veral met die eensgesindheid onder verskillende gemeenskappe.

Shakespeare ·

Mooi so Mashaba. Ek sal ook nie saam met die kriminele EFF werk nie.

JohanR ·

Lyk my niemand hou van die ANC of die EFF behalwe die wat vir hulle ‘n stem gegooi het!

WILLEM ·

Herman Mashaba se visie is indrukwekkend. Hoop net sy aanstellings sal hom ondersteun.Dit het HOOG tyd geword dat ons land bestuur en goed geregeer moetword. In die laaste jare is dit net korrupsie en vure doodslaan en geen regering nie. Ons moet ons HOOP en VERTROUE rig op God en Sy hulp vra soos Hy in die Woord vir ons leer.

annie ·

Mr Action sal moet leer om sy woorde te tel of sy wit ondersteuners se aandag gaan begin dwaal. Miskien kan hy sy openbare optredes ook temper en rustiger praat? Hy lyk uit beheer van die situasie.

Alet ·

Hulle het niks in gemeen nie. Strategiese bestuur en helder denke vs klippe gooi en brand stig….

Deon ·

Goeie woorde wat baie van ons wil hoor….. Nou wil ons “action sien”.

Winnie ·

Sal dit nie wonderlik wees as hulle en die DA die land kan regeer nie. Gooi sommer die VF+ ook in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.