Ad hoc-komitee moet SAUK-raad ondersoek

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die Nasionale Vergadering het Donderdag ʼn resolusie aanvaar dat ʼn ad hoc-komitee op die been gebring sal word om die SAUK-raad te ondersoek.

Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep, het voorgestel dat die ondersoek nie deur die portefeuljekomitee oor kommunikasie hanteer word nie, maar dat ʼn ad hoc-komitee aangestel word om die vermoë van die SAUK-raad om sy verpligtinge uit te voer, te ondersoek.

Volgens die resolusie, wat deur al die politieke partye ondersteun is, sal die komitee onder meer die finansiële volhoubaarheid van die openbare uitsaaier ondersoek, die SAUK se reaksie op onlangse hofuitsprake en die vermoë van die raad om wetlik bindende besluite te neem aangesien daar net drie lede op die raad oor is.

Die komitee sal uit 11 lede bestaan, ses van die ANC, twee van die DA, een van die EFF en twee van ander partye.

Die komitee sal op 28 Februarie volgende jaar aan die Nasionale Vergadering terugvoering gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

ANC lede in die meerderheid so die uitslag is reeds uitgewerk dit net mors van geld

Thyskotze ·

Waarom geld mors opsaakwat alreeds besluit is ons weet reeds wat die uitslag is net n klomp niks segende besluite die kop van sabc is vrot dit is ďie eintlike gemors waarmee ons sit

Uvonka ·

Ondersoek, ondersoek in hulle glory in en daar kom net mooi niks daarvan nie. Geldmors is duidelik heel bo aan die agenda. Ai!!!!

Koos1 ·

Nou hoeveel kommisies en ondersoeke nog?
Gaan ons nou soos Nkandla dit aanvaar en laat uitrek vir 3 jaar?

Koos ·

Die parlement het mos klaar opdrag gegee om die hofbevel uit te voer., of het ou hoedjie die Minister n bonus aangebied. Hy kan mos uitdeel want daar is geld in die bank

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.