Ad hoc-komitee oor onteiening se spertyd uitgestel

(Argieffoto: pixabay)

Die veelbesproke ad hoc-komitee om art. 25 van die Grondwet te wysig ten einde onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, se spertyd vir die afhandeling van die werk is met drie maande tot 31 Maart 2021 verleng.

Die ad hoc-komitee se openbare deelnameprosesse vir lede van die publiek in die nege provinsies is afgehandel en al wat oorbly is om die verslag met die voorgestelde verandering in die Grondwet te voltooi sodat dit in die Nasionale Vergadering tot stemming gebring kan word.

Dit het egter verlede week by die Nasionale Vergadering se programkomitee geblyk dat daar groot ontevredenheid by alle partye (selfs die ANC) is oor hoe die ANC-LP dr. Mathole Motshekga die komitee se werk hanteer, asook oor die juistheid van die inligting wat hy aanmeld.

In ʼn hoogs ongewone stap is hy daaroor ingeroep deur die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise.

Die Nasionale Vergadering het dus Donderdagmiddag eenparig besluit om die mandaat van die komitee te verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.