Adam Barnard sterf

Adam Barnard (Foto: Jakkie Louw/Facebook)

Die sanger Adam Barnard, voormalige lid van die gewilde mansgroep Romanz, is oorlede.

Almitra Barnard, Adam se vrou, het bevestig hy is Vrydag in die vroeë oggendure oorlede.

“Adam is vanoggend vroeg na sy hemelse huis waar hy uiteindelik pynvry kan wees en weer [kan] sing en hardloop.

“Dankie vir elkeen wat ons in gebed gedra het en nog voortgaan daarmee. Die wêreld se gebede omring ons en dis wat ons nou nodig het.”

Barnard het verlede week in ʼn koma verval nadat sy toestand versleg het. Hy het vir ʼn geruime tyd dialise en ander mediese behandelings ontvang om hom aan die lewe te hou nadat hy nierskade opgedoen het.

Barnard het vir langer as ses jaar op ʼn nieroorplanting gewag en hoewel talle skenkers getoets is en deur voorbereidingstoetse gegaan het, het nie een van dié beplande skenkings werklikheid geword nie.

Almitra het vroeër gesê haar man het sedert Augustus 2021 ʼn reeks traumatiese struikelblokke ervaar en oorkom.

“Hierdie keer was anders. Sy liggaam is moeg. Sy siel en gees is moeg. Toe hy hoor dat hy weer opgeneem sou word vir infeksie, was dit soos ʼn rots wat hy moes dra. Dit was aanvanklik nie so ernstig nie en sou vinnig wees.

“Tot verlede Saterdag toe hy weer aan die ventilator gekoppel is. Hy het enkele oomblikke voor dit nog gepraat. Daarna het hy nog nie weer sy bewussyn herwin en min tot geen reaksie getoon nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Net ek ·

@Lillian – die dag wanneer jy iemand so naby soos ‘n geliefde, n eggenoot verloor wil ek graag weer hoor of jy gaan sê “dis beter so”. Die pyn en hartseer van hierdie naby familie is onbeskryflik en elke sekonde wat hulle saam met hom kon hê was kosbaar en sou hulle waarskynlik nog baie sulke kosbaar oomblike wou hê.
Ek ken hulle nie, maar praat uit ondervinding………………

Miets ·

Ek stem saam met jou, maar glo Lillian het dit nie sleg bedoel nie. Mag hierdie familie vrede vind in die wete dat hy veilig is.

AmY ·

Dis baie hartseer.
Baie sterkte aan die familie en al sy vriende.

Jakkie ·

Baie sterkte aan die familie, dit is baie hartseer, julle is in ons gebede

Grassie ·

My opregte meegevoel aan al sy geliefdes. Die Romanz sanggroep is een van my gunstelinge en Adam het besonder mooi gesing. Dit is ‘n groot verlies vir die Afrikaanse musiekwêreld. Hy gaan gemis word.

Wondermaarnet ·

Dit is baie hartseer. RIV Adam. Sterkte aan die familie.

Roebs ·

Hartseer nuus, nou rus jou siel, Baie sterkte aan familie en almal wat saam hom was op die reis.

Miena ·

Ai Almitra- dis voorwaar baie hartseer nuus so vroeg in die oggend. Ons weet hy is verlos van enige pyn en lyding en hy wandel in sy Hemelse Huis waar hy vir die Engele sing. Sterkte vir jou en sussie en die res van die familie. Ons praat sommer vinnig weer.

Papsak ·

Bitter hartseer maar sterkte aan sy vrou en familie hy is verlos van alle pyn en lyding op beter plek rus in vrede sterkte

Michele ·

So jammer vir Almitra en sy familie. Hy het so n mooi stem gehad. Baie sterkte aan die familie en vriende

RB ·

Mooier as sy stem was sy hart!! Hy was ‘n nederige man met baie tyd vir ander. Daar is geen twyfel dat sy burgerskap in die hemel is nie.
Hy het bloot sy familie vooruit gegaan. Natuurlik is hulle harte seer omdat hulle hom hièr gaan mis, maar daar is geen groter troos as die wete dat daar ‘n weersiens is.

Racheltjie Debeer ·

Innige meegevoel aan die familie en al sy vriende.

Samuel ·

Innige simpatie met sy vrou en naasbestaandes. RIV. Hy het baie mooi gesing.

Swerwer ·

Sò sò hartseer. Innige simpatie en meegevoel met sy familie en naasbestaandes.

JL ·

Jongman, jy het kosbare herinneringe agtergelaat. Geniet jou ewige rus. Jou geliefdes is vertroos deur jou durf.

Kobus ·

Hartseer. Ene hoendervleis. Hy was my gunsteling in die groep. Rus sag.

Mariana ·

Nog ‘n stem het stil geword. Hartseer. Meegevoel aan sy familie. Sterkte. RIV Adam.

Janee ·

So bitter bitter hartseer……Mag hy in vrede rus en sy ouers weet dat die Wil van die Vader altyd die regte een is..

Magda G ·

Rus In Vrede Adam, geen pyn en lyding meer. Sterkte aan jou vroutjie en die familie

Sonneblomkind ·

Hys verlos van al sy pyn en sing nou saam met die engelkies. Hy sal altyd geliefd wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.