Adam Catzavelos oor video: ‘Ek voel absolute skaamte’

Adam Catzavelos. Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Adam Catzavelos, die man wat vandeesweek aan die ontvangkant van ʼn stortvloed kritiek was nadat ʼn video aan die lig gekom het waarin hy die k-woord gebruik, sê hy voel “absolute skaamte” oor die video.

“Dit is moeilik om in woorde om te sit wat ek wil sê en opreg om verskoning te vra. Ek was onbesonne en onsensitief en het ʼn totale gebrek aan begrip getoon vir wat die mense van ons nasie deurgemaak het. Ek het so baie van my mense beledig. Ek is nie trots daarop nie.”

Catzavelos het die verskoning in ʼn geskrewe verklaring gemaak wat op sosiale media versprei is. EWN berig Catzavelos se familie het bevestig dat die verklaring wel eg is en werklik van hom af kom.

In die verklaring sê Catzavelos hy besef dat die video “ondenkbare pyn” vir elke mens in Suid-Afrika veroorsaak het en dat dit erge skade aangerig het aan ʼn land wat reeds desperaat probeer om rassespanning te genees. “Ek verwag nie dat mense my moet vergewe nie, maar ek sal die res van my lewe berou hê en probeer opmaak vir my totale gebrek aan respek en oordeel.”

Hy sê verder dat dit belangrik is vir mense om te besef dat dié video nie gesien moet word as ʼn weerspieëling van ander mense in Suid-Afrika se sienings nie. “So baie mense het hul liefde en tyd ingesit om Suid-Afrika te genees en mense soos ek wat dom goed sê en doen, maak dit moeilik vir Suid-Afrika om vorentoe te beweeg,” lui die verklaring.

“Ek kan net hoop dat die positiewe gevolge hiervan die stemme is wat verenig staan teen my uitsprake. Ek vra onvoorwaardelik om verskoning vir die skade en seer wat ek veroorsaak het. Aan my familie, my ma, pa, vrou, broer en susters en my kinders, wat die wêreld vir my beteken, ek is so, so jammer.”

Maroela Media het vroeër berig Catzavelos kan op die video gesien word hoe hy op ʼn strand by sy vakansiebestemming stap en homself met sy selfoon afneem. “Ek gaan nou vir jou ʼn weervoorspelling gee: blou lug, pragtige baaie, ongelooflike see, en nie een k****r in sig nie. F****n hemel op aarde. Jy kan dit nie klop nie – jy kán dit nie klop nie,” sê hy in die video.

Die gewraakte uitsprake het verreikende gevolge vir Catzavelos ingehou wat nie net sy werk en aandele in die familiebesigheid St. George’s Fine Foods kwyt is nie, maar ook nou deur ʼn strafregtelike aanklag in die gesig gestaar word. Die Menseregtekommissie (MRK) het ook ʼn ondersoek na die video van stapel gestuur en Catzavelos is verbied om die perseel te betree van die spogskool in Johannesburg waar sy kinders skoolgaan.

St. George’s Fine Foods het ook deurgeloop oor die video met restaurantkettings, waaronder Braza en The Baron, wat hul sakebande met die onderneming beëindig het. Die sportmaatskappy Nike moes ook dié week van hul winkels tydelik sluit uit vrees vir personeel se veiligheid aangesien Catzavelos se vrou vir dié maatskappy werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Pieter ·

Moet nie te sleg voel oor wat jy gesê het nie, jy is net menslik

Erica ·

Ek is bly het hy verskoning gevra, sy aksies was roekeloos en ondeurdag. Ek sukkel egter nog om te verstaan hoekom ek so baie haat en dreigemente van ander nasies teenoor blankes op sosiale media sien maar geen haan kraai daarna. Waar is die “dame” wat die blanke polisie en metro so sleggesê het – hoekom lees ons niks van daardie saak. Almal moet dieselfde behandel word. Hoe kan ‘n mens trots wees daarop om iemand te vervolg maar jou blind hou vir presies dieselfde oortredinge van ander.

Trish ·

Don’t judge, dis hoe ek groot gemaak is.
Ek het my skool jare van Hoêrskool in Kwazulu Natal klaar gemaak en ekt baie vriende van alle rasse gehad. n Mens respekteer mekaar. Maak nie saak wat nie. Moenie mekaar sleg se of intimideer nie. Dit maak jou nie n beter mens nie

Petra Etsebeth ·

Spyt is ‘n goeie ding maar kom altyd te laat, ne…. Dit het nou al soveel keer gebeur, ‘n mens kan eintlik nie meer die verskonings aanvaar nie. Almal wil iets negatiefs sê en later dan net ‘n verskoning uitreik. maklik ne, en dan is daar ander wat in die tronk beland. ????????

zoom zoom ·

Die een ANCYL dame in KZN het ‘n ander ook van die ANCYL die KWoord toegesnou en dit was eergister gewees en dit het skaars die media gemaak wat nog van ‘n bohaai soos die persoon wat op vakansie was en mey homself gepraat het. Ek verstaan nie ?????

Henry ·

Wonder of dermiljoene siele wat nie inwoners/burgers van die RSA met ons oordrewe ras-sensitiwiteite ook aangekla sal word, indien hulle na ‘n besoek aan hierdie droewe land iewers op ‘n strand in Griekeland staan en soortgelyke blydskap/verligting uitspreek.
Na bewering was die video vir die ou se familie/vriende bedoel en nie vir wyere verspreiding nie.
Vir wat dit ookal werd sou wees…

GM ·

Dis darem maar snaaks hoe maatskappye altyd bande breek as EEN persoon iets verkeerd gesê het. Hoekom ondersteun elke liewe restaurant nog die COKE-groep? Hulle samel dan fondse in NET vir ‘n sekere ras, alhoewel elke lid van ons sogenaamde reënboognasie hul produkte koop (one way or another).
Dit gaan my verstand te bowe dat mense nog sulke nonsens op sosiale media plaas, maar ek wens terselfdetyd dat diegene wat so aangaan oor ‘n woord, liewer die betekenis daarvan wil gaan opsoek. En dat die dubbelestandaarde natuurlik end kry., maar dis ‘wishful thinking’.

Mooiso ·

Dis n tree in die regte rigting!
Hoop net van harte jy voel sleg oor jou dade – en nie – omdat jy uitgehaal is nie…
ons land het genesing nodig. dit begin by ELKE PERSOON

Annamarie Olivier ·

Die restaurante wat nou nie meer by Fine Foods koop nie wat as julle kliente besluit om nie meer by julle te eet nie?

Johanna Botha ·

Ag wat nog n dag in Afrika wens al die ander vra ook verskoning vir hulle haat en aanhitsing tot geweld moord en misdaad …..

jannie ·

Wel Adam nou weet ALMAL dat as jy skielik oornag bekendheid wil verwerf….moet jy net oor die weer en die see en wit strande praat……

LB S ·

Mamparra. Hy word seker nou deur familie gedreig om onterf te word omdat hy die besigheid skade berokken het. Maar dat sy vrou se werk, Nike, hulle daarby betrek is regtig simpel. Dit is mos nie sy wat die goed kwytgeraak het nie!

Casper Labuschagne ·

As jy wil aanjaag, los jou selfoon tuis! Dit is die les wat Adam Catzavelos, Vicky Momberg, die doodskis twee, Penny Sparrow en die UVS huis Reitz se inwoners maar net nie kon leer nie.

En as jou selfoon jou in die pekel gaan laat beland, kry vir jou ‘n foon met slegs die heel basiese funksies.

HP ·

Mense raak simpel goed kwyt en hierdie sal nie die laaste keer wees nie. Die reaksie is egter heeltemal oordrewe (veral wanneer `n blanke die oortreder is). Hy het `n rasgroep beledig. Hy het niemand vermoor, gedreig of fisieke leed aangedoen nie. Die samelewing, sy familie en die owerhede het nou ook teen hom gedraai. Selfs sy vrou en haar werkgewer word ook nou geboelie. As dit maar net die reaksie kan wees as weerlose mense daagliks vermoor, verkrag en beroof word sal ons land en al sy mense veiliger en minder woedend wees.

Skaap ·

Mense ons lewe nie in ‘n normale land nie. Adam,Vicki en Penny is nou goeie voorbeelde van hoe die lingse propaganda heeltemal hand uitruk. Wat as ‘n persoon ‘n skisofrenie lyer is of as jou ouma of oupa nog die woord gebruik terwyl hulle aan dementia ly. Sommige mense kan dit regtig nie help nie en hulle kan hul self en hul gesin in baie gevaar plaas.

Ek het onlangs ‘n onderhoud gekyk waar prof Koos Malan verduidelik hoe ons land se grondwet gedryf word deur ideologie in plaas van die wet. Soek op youtube: “South Africa is Ruled by Ideology, Not by Law | Prof. Koos Malan”

Kyk die onderhoud en dit sal sin maak hoekom Vicky Momberg in die tronk gegooi word en ander die gereg kan vryspring.

Jannie ·

‘n Bang-gat wat op die draad sit, moet maar altyd sy bek hou, want sodra die paw-paw die ‘fan’ slaan, spring hulle agteroor om te gaan kruip!!! Dan is hulle tog SO jammer!! Foeitoggie!!!:Sê wat jy wil sê, staan daarby, of HOU JOU SMOEL!!!

Joe Olivier ·

Daar was nie een ongelowige arabier op die strand nie. Dis moes hemel ip aarde wees.

Sipho ·

Als reg Adam. Ek en al my familie en vriende het jou laaaaankal vergewe, selfs voordat jy om verskoning gevra het.

FPVZ ·

Nou spyt het iets gese wat hy as aangenaam ervaar het. Die swartes het geen respek vir ons blankes nie want hulle word aangehits. So as die woede deurskemer word jy soos slaaf in Romeinse tyd bekou. Kyk eerder hoekom hy die uitlating gemaak het. Vryheid van spraak word maar net eensydig toegepas. En haatspraak mag net teen minderheid uitgespreek word.

Illa Conradie ·

Terwyl Malema op ‘n verhoog staan en sê: “We are not asking for whites to be slaughtered … YET.” En dan op dié trant voortgaan met sy toespraak. Maar wittes bly die varke in dié verhaal. En hoekom? Omdat hulle hier ‘n land kom kry het wat grotendeels onbewoon was met primitiewe kulture hier en daar langs riviere. En toe daarvan ‘n suksesvolle Westerse land gemaak het. Maar nie die primitiewe kulture 100% in al die voordele laat deel het nie, selfs met hulle baie groter getalle, hoewel hulle meestal nie die vaardighede gehad het om met die opbou te help anders as op ‘n basiese vlak nie. Maar weens die afgelope dekades se wêreldwye aanbidding by die links-liberale altaar van gelykheid, is dit nou alles die sonde van die millennium. En die k-woord erger as moord en marteling, sodat dié man nou verskoning vra vir die “lyding” wat hy veroorsaak het. Wat ‘n kranksinnige klug.

anton ·

Ag alweer n storm in n tee koppie…………….
Dit raak nou afgesaag!!!
Wittes is mos altyd die vark in S.A.

Maro ·

Dit was onnodig om mense sleg te sê, en nie baie slim om dit noggals op sosiale media te doen nie. As almal ook net misdaad en moord met soveel passie kon vervolg en afkeer !

Riaan ·

As jy swart is mag jy se wat jy wil. Dit geld egter nie vir blankes nie. Daar sal nooit iets soos n verenigde suid afrika wees nie. Hou op droom.

Hennie ·

Alhoewel ek nie met die man se gedrag saamstem nie, het hy geen wet oortree nie! Om n AK-47 af te vuur in ‘n skare is onwettig…ja, regtig! Die normes en waardes gaan NOOIT by mekaar uitkom nie!

Freddie ·

Wat die hart van vol is loop die mond van oor. Dit was ‘n baie stupid move. As jy weet jy dra vooroordele in jou rond, moenie video’s maak nie.

Freddie ·

Wees net beskaafd en ordentlik mense. Die wat jy slegsê reflekteer meer om jou gebrek om uit te styg bo die boosheid. Mense moet ophou mekaar slegsê. Die kwaadprater maak homself benede die wat hy kwaadpraat.

Elsa ·

Mense moet nou maar net leer dat om die K woord te gebruik, deesdae erger is as moord. Hou sulke gedagtes dan eerder vir jouself, maar moenie waag om dit uit te spreek of ‘n video daarvan te maak nie. Die gevolge is beslis nie die moeite werd nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.