Volgens Small se vrou, Rosalie, het Small Vrydag ʼn ingewikkelde operasie ondergaan. Dit is nog nie bekend wat die operasie behels het nie.
Le Cordeur het gesê hy gaan Small baie mis. “Small was die ewige gentleman, wat elke brief afgesluit het met ‘Hoogagtend die uwe, Adam’. Hy wou net Adam wees (let wel die Afrikaanse Adam, het hy menige mense tereg gewys). Onlangs het hy my raad gevra (kan julle glo?) oor die Taalbeleid van die UP waarheen hy inderhaas ontbied was om te kom help. Dit was hy. Altyd besig met Afrikaans.”
Volgens Le Cordeur was Small vir hom in meer as een opsig die verpersoonliking van Afrikaans. “Hy was ʼn baanbreker wat sy mense, die bruin mense, taalkundig bemagtig het deur nie net in Kaaps te skryf en te dig nie, maar danksy hom is die taal van bruin mense via sy werke in skole en universiteite bestudeer. Soos ek in die commendatio tydens sy ontvangs van ʼn eredoktorsgraad van die US gesê het, was dit hy wat Kaaps verhef tot ʼn letterkundetaal. In die dae van apartheid, waaronder hyself gely het, was sy werk (dramas en gedigte) ʼn uitlaatklep vir bruin mense se frustrasies en woede jeens apartheid en danksy sy werk kon ons ons eie verset teen die onreg laat hoor.”
Small se drama Kanna hy ko hystoe is deur baie letterkundiges, insluitende JC Kannemeyer en Andre P Brink, aangeslaan as die grootste drama nog in Afrikaans. “Hy was die inspirasie vir so baie digters en akademici, onderwysers en studente, insluitend myself. Vir my moet die naam van Adam Small in dieselfde asem genoem word as Van Wyk Louw (aan wie se voete hy dikwels gesit het) en DJ Opperman.”
Volgens Le Cordeur dink hy nie Small het die erkenning gekry wat hy verdien het nie. “ʼn Profeet wat ver voor sy tyd was, maar ʼn profeet word selde in sy eie land geëer. Hy was inderdaad een van die drie grotes. Hy was my mentor. Suid-Afrika en Afrikaans het een van sy grootste seuns verloor. Adam Small is dood. Lank lewe Adam. Lank lewe Afrikaans.”
Ek was as ‘n seuntjie bevoorreg om eendag die bruin oom te ontmoet wat met my kom praat het, toe hy sien ek sit en lees by ‘n piekniek plek. Hy het my vertel van sy grootword jare en sy liefde vir Afrikaans en my aangemoedig om nooit op te hou lees nie. Dankie oom Adam Small jy het ‘n blywende indruk op my gemaak. Rus in vrede
ai ai ai… dat ń mens in sy dood nog op sy velkleur defineer word…
Rus in Vrede Adam. Nou is dit amper net Breyten wat oorbly van die Sestigers.
Etienne le Roux al vroeg daarmee heen, toe Andre P brink, en nou jy.
Lewende legendes, julle ouens. R.I.P. Jy is my held!!
Ag elize regtig, jy moet altyd iets oor kleur te se he, kom tog daar oor. Wat moes hy nou se, bruin is bruin wit is wit en ja swart is swart!
Dit is een van die grootste verliese in ons Afrikaanse en Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hy sal werklik gemis word. Baie sterkte aan die familie.
Elize Adam Smal was bruin soos bruin kardoes papier met chips gekoop in die stad in daardie dae….
Jy was net eenvoudig vir my n liefhebber van die taal die grootste omdat ek ook Namakwaland bruin is…
Wat n groot hartseer. Dankie liewe Oom Adam Small vir alles wat jy vir Afrikaans gedoen het, lekker met ons leesvernuf & persepsie gespeel het, wat vir ons anders na boeke en tydskrifte laat kyk het, meer oop, meer uit die boxie dink!
Le Cordeur se verering van Small is erg oordrewe. Soos gebruiklik is sy uitlatings gelaai met lof vir homself. Wat gerus genoem kan word, is dat sowel Le Cordeur as Small hulle duidelik ten gunste van die verengelsing van die Universiteit Stellenbosch uitgespreek het.