ADF veroordeel xenofobiese aanvalle in Pretoria

Argieffoto

Argieffoto

Die African Diaspora Forum (ADF) het Saterdag die Suid-Afrikaanse regering versoek om al die nodige stappe te doen om seker te maak dat aanvalle op uitlanders verhoed word.

Die forum het Saterdag in ʼn verklaring gesê die onrus verlede week in Rosettenville, Johannesburg, waar inwoners 10 huise wat glo aan dwelmhandelaars behoort, aan die brand gesteek het, het nou na Pretoria-Wes uitgebrei. “Diegene wat in die gebied bly, word gemaan om versigtig te wees,” het die ADF gesê. “Motors en huise is deur ontstoke inwoners aan die brand gesteek wat glo dwelmmiddels en prostitusie in die gebied wou uitroei.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat twee huise aan die brand gesteek is nie.

Geweld het Saterdagoggend in Pretoria-Wes uitgebreek toe gemeenskapslede onderneem het om “dwelmmiddels en prostitusie” in die gebied uit te roei. Twee huise, een glo ʼn bordeel en ʼn ander een waar dwelmmiddels verkoop word, is afgebrand.

“Ons doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse regering om te verseker dat uitlanders nie aangeval word nie. Ons moedig alle belanghebbendes en gemeenskapslede aan om enige misdade of kriminele aktiwiteit by die polisie aan te meld en te verhoed dat die reg in eie hande geneem word,” lui die verklaring.

“Ons versoek immigrante, Suid-Afrikaanse burgers en besorgde inwoners om te help om die situasie te laat bedaar. Twee afsonderlike vergaderings word Sondag in Johannesburg en Pretoria gehou om die kwessie te bespreek,” het die ADF gesê.

– Die vergadering in Johannesburg vind om 10:00 plaas by JC BEZ Numsa House in Eloffstraat 34.
– Die vergadering in Pretoria vind om 15:00 plaas by die Lawyers for Human Rights-kantoor in Ktlwamnon Democracy Centre in Sisulustraat 357.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

tom ·

Hulle hoort nier gaan in elke dorp in dan sien jy hoeveel onwettiges is hier in die land tussen 30 en 40 miljoen

Andre ·

Die gemeenskappe is keelvol vir geweld en kriminele aktiwiteite. Na soveel keer met die polisie gepraat is en geen verandering plaasvind.
Plaasmoorde en stedelike geweld word meestal deur volksvreemdes gepleeg.
Die regering is onbevoeg om selfs die kleinste probleem reg te stel of te hanteer. Dus is hierdie die enigste manier .

John ·

Die term diaspora word ontleen aan die erge vervolging van die Jode veral na die 2e Wereldoorlog en hul vlug na veilige hawens. Dis meer as teatraal om misdadige uitlanders wat chaos in ons land kom saai, as sulks aan te dui. Moet ons hulle nou op die hande dra?

Johann ·

Ek stem saam. Is die mense wettig in die land? Die regering moet hulle deporteer.

wilma ·

Die regering en polisie doen nix. Tyd dat gemeenskappe iets doen. Dis die gemeenskappe se kids wie met dwelms deurmekaar raak. Govt officials slaap rustig

H.A. ·

Dit gaan nie oor xenofobie nie ! Dit gaan oor drugs en prostitusie ! Kyk bv. hoe is die Kaap al van al die drugs wat daar is. Onbeheerbaar. S.A. IS NOT A DRUG COUNTRY ! They must leave S.A. ! Go back to their drug root villages !

Ed ·

Ons het hier ook n Trump regering nodig wat ons land sal skoonmaak van al die gemors, drug dealers, prostitute, moordenaars, onwettige immigrants en wat ook al. Ons land is in n groot gemors , ons eie bevolking is keelvol vir die indringers. Goed so dat hulle in opstand kom.

Dereck Le Roux ·

Meer ad 99persent van die sogenaamde imigrante is wettig in die land en bitter min van hulle maak ‘n positiewe bydrae tot die land en tot die samelewing is is niks anders as parasiete en voortvlugtende kriminele wat uit hulle eie lande uit gevlug het vir geregtelike vervolging en nou die konstitusionele regte kom soek en vind van die land, ons sal niks verloor as die regering hulle moet wegjaag terug na hulle lande van oorsprong nie.

Michael ·

Ek stem saam hulle moet teruggaan waar hulle vandaan kom .Hulle misbruik Suid-Afrika se hulpbronne en die meerderheid hou hulle net besig met misdaad.

"Eksê" ·

Hulle gebruik SA se hulpbronne om misdaad te bevorder full stop. Hulle gebruik haarsalonne as dekmantels om hul belange te bevorder. Hulle sê hulle gaan nie stil staan sodat hulle vermoor word nie, kom ons kyk! Suid Africans het letterlik genoeg gehad. Hulle is keelvol.foreigners (buitelanders)is ‘n doring in die vlees vir di inwoners.

SA ner ·

Hulle bring dwelms die land in en vernietig ons kinders daarmee. Hulle skep nie werk nie. Hoeveel is stropers? Hoeveel was by plaasaanvalle betrokke. Derpoteer hulle. Hulle hoort nie hier niem

FM ·

Zuma sal die buitelanders beskerm, maar geen beskerming vir plaasmense teen aanvallers.

ken benoni ·

Stuur die klomp terug, hulle plak verniet, kry gratis mediese dienste, betaal nie belasting, kry “grants” vir hul buite egtelike kinders, gebruik ons kosbare waterbronne en besoedel dit dan, kry hulp van mense wat dokumente vervals, roof, plunde, verkrag, vermoor,smokkel dwelms, drank, sigarette, prostitisie, ontvoer mense, bedrywig in mensehandel en dan nog vreemde godsdienste wat saam kom en dan dring hulle nog aan op Regte!
Stuur hulle terug, hulle vernietig die laaste bietjie van Suid-Afrika wat nog oor is vir sy eie inwoners. Hulle suig die hard verdiende fondse van lands burgers uit. Waar is ons land se Donald Trump?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.