Adj.pres. Mabuza ook vir Covid-19 getoets

Adjunkpresident David Mabuza (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Adj.pres. David Mabuza het bekend gemaak dat hy negatief vir Covid-19 getoets het.

Mabuza se dokters het hom laat toets nadat hy in nabye aanraking was met iemand wat positief vir Covid-19 getoets het, het die presidensie en departement van verdediging in ʼn gesamentlike verklaring gesê.

“Die adjunkpresident tref steeds die nodige voorsorgmaatreëls in die tyd waar die wêreld en ons land alles doen wat nodig is om die kurwe af te plat terwyl ons hierdie pandemie aanpak.”

Mabuza het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om gehoor te gee aan die regulasies van die 21 dae tydperk van afsondering.

“Dit is die taak van alle Suid-Afrikaners om die verspreiding van hierdie virus stop te sit en die ontwrigting daarvan vir ons almal tot die minimum te beperk.

“Ons moet verenig wees as ʼn nasie terwyl ons hierdie uitdaging pak en terwyl ons almal wat geïnfekteer is en daardeur geraak word, ondersteun,” het Mabuza gesê.

Die presidensie het verlede week aangekondig dat pres. Cyril Ramaphosa vir Covid-19 getoets is en dat die uitslag negatief was.

Die president is Dinsdag as voorsorgmaatreël vir Covid-19 getoets en het sy uitslae Woensdagaand ontvang.

Luidens die verklaring het Ramaphosa die afgelope paar weke ’n besige skedule in sy hoedanigheid as president gehad en was met verskeie mense tydens vergaderings in aanraking.

“Die presidensie het dit nodig geag om die toetsuitslae bekend te maak om die land te verseker dat die president in goeie gesondheid verkeer en sy pligte voortsit,” het die verklaring gelui.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Pieter

Toets hom ook vir baie ander goed, soos onwettige goudmynbedrywighede in Mpumalanga en daaraan gekoppelde aktiwiteite. Hy sal seker positief toets.