Adjunk se uitlatings is betreurenswaardig, sê polisieminister

Fikile Mbalula, die minister van polisie (Foto: ANA)

Fikile Mbalula, die minister van polisie, het Dinsdag gesê hy het sy adjunk, Bongani Mkongi, aangesê om sy onlangse opmerkings oor misdaad en uitlanders in Johannesburg reg te stel.

“Ek het gekyk na dit wat hy gesê het, en dit is inderdaad te erg. Ek verstaan wat hy gesê het. Hy wou ʼn probleem in Hillbrow aanspreek. Onthou julle wat Herman Mashaba gesê het en ons het hom gekritiseer daaroor? Ons kan dit nie sê nie. Ons moet binne die wet optree,” het Mbalula aan verslaggewers gesê tydens ʼn besoek aan Sunnyside-polisiestasie in Pretoria vir die jaarlikse Mandeladag-diens.

“Ons moet hierdie mense wat onwettig hier is, hier uit kry. Diegene wat immigrante is, is nie ʼn probleem nie. Hulle moet daar bly. Ons kan nie ʼn houding hê dat hulle nie veronderstel is om daar te wees nie. Dis problematies en die uitlating deur Mkongi is betreurenswaardig.”

Mbalula het gesê hy het die saak met Mkongi bespreek en die adjunkminister sal binnekort sy uitlatings wysig.

Terwyl hy besware oor misdaad en gekaapte geboue in Johannesburg aangespreek het, het Mkongi gesê Suid-Afrikaners het hul stad oorgegee. “Hoe kan ʼn stad in Suid-Afrika 80% deur uitlanders bewoon word? Dit is gevaarlik. Suid-Afrikaners het hul eie stad aan die uitlanders oorgegee,” het hy glo gesê.

“Die adjunkminister en ek het ooreengekom dat hy ʼn verklaring sal uitreik om sy kommentaar te verduidelik. Alhoewel dit goed bedoel was, kan dit misbruik word om ons Afrika-broers aan te val. Die uitlating grens aan xenofobie.”

Die Menseregtekommissie (MRK) het Maandag die “onverantwoordelike” uitlatings deur Mkongi veroordeel. Die MRK het gesê dié uitlatings kan xenofobie laat opvlam. “Suid-Afrika sukkel reeds met gewelddadige xenofobiese aanvalle. As ʼn leier in die polisie, word daar van die adjunkminister verwag om versigtig te wees in sy openbare uitsprake. Die feite is boonop nie korrek nie, en dit kan ook nie gebruik word om misdaad toe te skryf aan uitlanders nie,” het die MRK in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ig ·

Nou hoe op dees aarde kan jy n uitlating terugtrek wat die waarheid is?

humor ·

SA n land waarin die waarheid in diens van die leuen moet sneuwel.

Michael ·

Dit is die probleem in Suid Afrika die probleem mag nie geïdentifiseer word nie die media is te bang om te verwys na swart ek respekteer die adjunk asook burgermeester Mashaba om die probleem met die buitelanders te identifiseer en aan te spreek miskien moet hy minister word en Fikile adjunk.

Boswyk ·

Die tussen 8-en 11 miljoen onwettige immigrante kan geen invloed he op n land met so korrupte regering nie ! So die Adj. Min. Korrupte Polisie was verkeerd!

De Villiers ·

Eers moes Helen Zille verskoning aanbied oor die absolute waarheid oor kolonialisme, nou die adjunk van die Polisie oor sy ware uitlatings. Maar hoekom moet almal swyg oor die onwettige emigrante het. Plaas vra Mbalula om verskoning oor die land se uiters swak doanebeheer, waar die eintlike fout lê.
Ironies moet almal oor die waarheid om verskoning vra, maar die kunstenaar wat die ‘F***white people’ kunswerk in Kaapstad uitstal hoef niemand om verskoning daaroor te vra nie, want die hof het beslis dis net vryheid van spraak. Wat is hierdie dan anders? Dubbele standaarde.

willie ·

nou praat jy! niemand so doof en blind soos hulle wat nie wil hoor of sien nie!

Johann Marx ·

Die “kode woord” hier is “Afrika broers”…..Dis net kolonialiste wat onderskeid tref tussen mense van verskillende lande…vir Afrikane is almal broers en susters….maak nie saak waar jy vandaan kom of waar jy gebore is nie.

Swartkat ·

Die onwettige immegrante vernaamlik van Zimbabwe en ander buurstate is met ope arms deur die ANC verwelkom en baie het sekerlik ook gehelp om kruisies in die verkiesing vir die ANC te trek. Kyk hoeveel onwettige immegrante is in besit van HOP huise en ook huiswinkels. Werk wat deur Suid Afrikaners gedoen kon word en geld wat deur ons mense verdien kon word om vir hulle gesinne te sorg woord deur immegrante gedoen. Mkongi is reg dat daar opgetree moet word teen onwettige immegrante wat Suid Afrika oorvat en beset.

pieter ·

Ek kan dalk veroordeel word oor my kommentaar, maar ek kan julle belowe hy praat nie daar net van Afrikane van ander lande nie (dis onmoontlik dat 80% van Johannesburg uit buitelanders bestaan) maar meer Blanke mense in Suid-Afrika. Ons is mos buitelanders vir meeste van ons landsvennote!!

Jaco ·

Ja Pieter want Hillbrow is mos vol Afrikaans sprekendes. Word wakker Jhb middle stad is vol buitelanders, besig met hulle “legitimate business”.

De Villiers ·

Ja Pieter, net soos feitlik alle swart bevolkingsgroepe in Suid Afrika nie die eerste bewoners van die land was nie, maar wel die San. Nou maak dié Afrikane asof hulle kan aanspraak maak op alles in Suid Afrika, soos grond, naamsverandering van dorpe, stede, hospitale ens wat nie deur hul inisiatief tot stand gebring is asook die kriminalisering van blankes se regte.

Michael ·

Ek glo nie almal nie maar die meeste afrika imigrante is net in suid afrika om verkeerde redes neem nou bv Mugabe se twee ongedissiplineerde seuns wat uit n kompleks in santon gegooi is.

Anoniem ·

Uiters tragies. Fikile moet self baie mooi dink wat hy sê. Sy onlangse uitlating dat die SAPD moet skiet voor hulle geskiet word kan nodig wees, maar hulle het wapens, is totaal onbevoeg om dit te gebruik, want daar is nie eers skietbane vir wapenopleiding vir die SAPD nie en nou praat hy nog van Afrika-broers ook. Hoe kan jy vir korrupte polisie sê hulle moet skiet? Hul gaan al die wettige mense skiet en hy is hul steunpilaar. Ag nee wat, hy is korrup. En soos almal sê, die waarheid moet altyd toegesmeer word met ‘n leuen.

Jeannette ·

@Wild Bill – skerp en goed gesê – ongelukkig ook baie waar van alle politici in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.