Adjunkburgemeester weer in hof ná hond geskiet is

Skermgreep uit die video

ʼn Adjunkburgemeester in KwaZulu-Natal wat glo sy lyfwagte opdragte gegee het om ʼn hond te skiet, se saak is dié week weer aangehoor.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ondersoek ingestel nadat ʼn hond in November 2017 in Melmoth geskiet is.

Adjunkburgemeester Philani Ntombela van Mthonjaneni- plaaslike munisipaliteit en sy lyfwagte, Bongani Shabalala en Halalisani Biyela, word daarvan aangekla dat hulle die hond geskiet het.

Volgens Meg Wilson, woordvoerder van die DBV, het beeldmateriaal van die voorval op sosiale media aan die lig gekom vyf dae nadat die hond geskiet is. Die DBV-inspekteur van Eshowe het vinnig op die klag reageer en hy is in kennis gestel van die voorval. Die hond is lewend met verskeie skietwonde aangetref.

“In die video word ʼn hond wat aan ʼn paal vasgemaak is herhaaldelik geskiet,” het Meg Wilson, woordvoerder van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV), gesê.

ʼn Inspekteur van die DBV het intussen reeds twee keer dié maand in die hof verskyn om teen die beskuldigdes te getuig.

Volgens Wilson moes die DBV die afgelope jaar reeds verskeie kere na die gebied reis waar die skietery plaasgevind het. Dit het die organisasie baie tyd en hulpbronne gekos. Wilson het gesê die DBV kan egter nie die saak laat vaar nie en geregtigheid moet geskied.

 

Die saak is tot 25 Februarie uitgestel wanneer uitspraak na verwagting gelewer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Desere Smit ·

Laat geregtigheid geskiet GEEN MAAR GEEN DIER mag so behandel word nie. Diere het nie n stem EK SAL HULLE STEM WEES EN BLY. ANTI – DIERE MISHANDELING…..

Lynette Whitehead ·

Niks regverdig dit nie…….. .dit is n walglike optrede en verdien lewenslange tronkstraf.Maar in die land is n mens se lewe niks werd nie so waarom sou hul omgee vir n dier

johanII ·

Ek verstaan nie…het hul die hond nie doodgeskiet nie (gekwes) en toe gelos? Doodskiet is niks, duisende diere word daagliks doodgemaak, martel is iets anders.

Ralph ·

Nou va wanneer af moet adjunk burgemeesters van lyfwagte voorsien word. Seker baie welaf munisipaliteit met kriminele aan die stuur.

SjN ·

Lyfwagte is gewoonlik by iemand wat onder verdenking is, bbp
korrupte persoon , weet dalk te veel

Nienie ·

Ek het nie woorde nie. n Vasgemaakte, onskuldige dier so doodskiet. Daarna sal vasgemaakte mense volg. Ons mense is diep siek.

Rudolph van Wyk ·

Vasgemaakte, onskuldige, vreesbevange, diere word in hulle miljoene elke dag na ‘n lewe van pyn en lyding dood gemaak ter wille van niks anders as ‘n mens se smaak en vermaak. Hoekom kla oor een hond?

Norman ·

Waar was die DBV met die skaapslagtery op Clifton, wanneer gaan hulle iemand aankla?

Rudolph van awyk ·

Ek voel alle slag van diere moet in die openbaar geskied. Verder moet winkels wat vleis verkoop videos vertoon van hoe ‘n onskuldige dier slagpale toe vervoer word, hanteer word en dan teen sy sin geskiet, geskok, vergas, keelaf gesny word sodat mens smaak kan bevredig. Dit is veral belangrik dat kinders en jongmense dit moet waarneem. Die punt hiervan is dat almal moet goed ingelig wees oor waar hulle ‘kos’ vandaan kom. Ek het na baie jare se vleis eet na my aanskouing van die koelbloedige, wrede werklikheid van die suiwel, pluimvee, vis en vleis bedryf my lewenstyle verander. As die skille van slim bemarking en kultuur van jou oë afgeval het kan jy nie langer deel wees van hierdie diere mishandeling nie

Rudolph van Wyk ·

Verstaan nie die bohaai. Honderde duisende lammers, varkies, hoenders, kalfies, beeste, kalkoene, gaanse, boerbokke, wildsbokke word daagliks in die RSA mishandel en dood gemaak vir geen ander rede as om mense se smakie vir ‘n vleisie of ‘n melkie of vermaak te bevredig. Mense in glas huise moet eerder nie klippe gooi nie

Alida Engelbrecht ·

Rudolph, Diere wat geslag word sodat mense hulle kan eet, is maar n teer puntjie as jy daaraan dink. Maar die dier word nie gemartel nie, hulle word so “menslik” moontlik dood gemaak. Dis nou behalwe sommige volke wat glo dat die diere (gewoonlik honde en katte) op die wreedste moontlike manier dood gemartel moet word om die vleis smaaklik te kry. Ai, ek kan nie eens daaraan dink nie. Dit lyk soms vir my of die lagie beskawing van mense maar dun is.

Snowflake ·

Wens die spoedige optrede kon vir ons boere ook van toepassing gewees het

Dom tarka ·

Rudolph gaan lees in jou bybel hoekom daardie diere wat jy noem, hoenders, kalfies, varkies en so voort op aarde gesit is. Nie om soos ferdinant op n bank te sit en tv kyk nie, maar om as kos vir die mens te dien. As hulle gemartel word voor slagting is dit mos jou plig om daardsie slagpale aan te kla.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.