Adjunkhoof in kantoor doodgeskiet

Argieffoto

Die adjunkhoof van ʼn Gautengse laerskool is Dinsdagoggend in sy kantoor by die skool doodgeskiet.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die voorval het omstreeks 11:00 by die Edalinceba Primary School in Duduza, wes van Nigel, plaasgevind.

Mabona het aan Maroela Media gesê ʼn afvaardiging van die departement, insluitend Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, is tans op pad na die skool. “Ons weet nie wat die omstandighede van die skietery was nie. Ons sal eers later in ʼn posisie wees om kommentaar te lewer,” het hy gesê.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hy is bewus van die voorval, maar kan ook nog nie meer inligting gee nie. “Die polisie is op die toneel. Ek is nou op pad soontoe en sal later meer hieroor kan bekendmaak,” het hy gesê.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens berigte is talle skote afgevuur. Hy het gesê die adjunkhoof is verskeie kere geskiet. “Hy het ernstige beserings opgedoen en is dood voordat paramedici by die toneel opgedaag het.”

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

A. Mac ·

Ek neem gladnie meer ouers kwalik wat al hoe meer hul kinders uit skole haal en tuisonderrig gee nie. As dit nie boelies is nie, onderwysers wat onredelik in hul optredes is, leerders wat dink hulle het ‘n free for all by die skole, en voorvalle soos hier bo, sal enige ouer hul kinders in vrees skool toe stuur.

elize naude ·

as so veel ouers beide werk… wie gaan dan die kinders tuisonderrig gee?

Toppie ·

Tuis onderrig is nie net veiliger nie maar ook goedkoper en geen stakings

Veritas ·

En moet nie wanaangepaste kinders vergeet nie. Ek sit vandag met die vrug van ‘n kind wie se ma ook aangedring het op tuisonderrig. Die kind het nooit geleer om in groepsverband te funksioneer nie. Wees maar versigtig met tuisonderrig. Dit is nie so’n wonderlike ding nie.

Mike ·

Veritas….as onderwyser ervaar ek dit ook.
Daar is natuurlik uitsonderings en dit bly ouers se keuse, maar ” gewone” onderwys bly die beste op alle gebiede

Stan ·

Stem saam @ Toppie. Ons kinders doen tuis onderrig en is gelukkig. Ons volg ‘n internasionale erkende, christelike kurikulum. Ons kinders is betrokke by klup sport en geniet dit om te sosialiseer. Ek sal dit verseker aanbeveel.

Rupert Ashford ·

Ander ding is ook as jy kan kies wat kinders geleer word – hulle word alreeds geindoktrineer met die polities-korrekte weergawe van die hele klimaatsverandering storie, geskiedenis, verbod op let wel Christelike godsdiensbeoefening (daai goddelose ou sal nie waag om die moslems aan te vat nie want hy weet hy sal nie lank lewe as hy dit probeer nie) en so-aan. Nie lank nie dan sal die “gender-theory” gemors ook seker oorwaai van die buiteland af as dit nie alreeds stilletjies ingevoer word nie. Veritas se bekommernis oor isolasie is egter ‘n geldige een wat oorkom moet word deur die tuisonderrigters – ons nuwe generasies is alreeds so ingestel op “me, myself and I” dat mens aktief moet werk om dit nie nog erger te laat word nie.

Tanya ·

@Stan, ek hoop nie jou kinders leer om soos jy te spel nie want dan voorspel ek nag op hulle pad vorentoe!

E.K. ·

Nee wat Veritas, dan moet die ander ouer inkom en aandring op meng met ander kinders. Buitendien dis mos nie asof die kind in ‘n kamertjie toegesluit word nie, hul het in elk geval vriende en die ouers se vriende se kinders en niggies en nefies. Ek ken uitstekend aangepaste kinders wat tuis ondderig kry, hulle behoort aan allerhande sportklubs waar hul ook nie gekies word oor wie pappie of mammie is nie. Daar is veel goeds te sê vir tuisonderrig.

marous ·

Lesufi se pos beskrywing kan dalk verander na hoof van moord en roof…

Leon ·

Daar is baie kinders in gewone skole wat ook nie kan funksioneer in groepe nie. Dit hang af van persoon tot persoon. Daar heers n verkeerde indruk oor tuisonderrig en daai hoor se is nie altyd waar nie. Baie dink hierdie kinders is totaal afgesonder, maar dis nie waar nie, my eie kind het vriende wat tuisonderrig word.

Theresa ·

Met tuisonderrig kan ‘n kind wat nooit sou kon presteer in ‘n oorvol klaskamer nie, ook presteer. Afgeskonderd van ander? Nee wat. Net tydens klastyd – eintlik wonderlik! Kan fokus, konsentreer en beste lewer. Dit vat ‘n spesiale soort ouer om hierdie tipe onderrig aan te pak – nie almal hou daarvan of kan skoolwerk aanbied/verduidelik nie. Daarom is daar hulpklasse ook beskikbaar. Niks is onmoontlik as mens dit so kies nie. En, kinders ontmoet mense op ander plekke as net skool: kerk, sportaktiwiteite, kultuuraktiwiteite – als kan van hoë gehalte wees omdat lamsakke wat skool toe gaan om te plunder en/of net rond te hang en oud te word op skoolbanke, afwesig is : YES! Weet van honderde suksesvolle tuisskool geleerdes. Dis skoolwerk, soos om aan bv. UNISA te studier. Skole waar dinge nog vlot verloop, is natuurlik altyd ‘n wenner – maar tuisskool-onderrig is ‘n werkbare oplossing wanneer dit die keuse moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.