Adjunkhoof vermoor toe hy siek meisie huis toe neem

Dr. Anton Diedericks. Foto: Facebook

Dr. Anton Diedericks. Foto: Facebook

Dr. Anton Diedericks (57) is Dinsdagmiddag vermoor nadat hy ʼn siek leerling by haar huis gaan aflaai het.

Zandra Duvenhage, hoof van die Academy Private School in Kuilsrivier in die Wes-Kaap, het gesê Diedericks, adjunkhoof by dié skool, het die leerling by haar ouerhuis in Mandalay gaan aflaai aangesien sy siek gevoel het.

“Dit was nie een van sy pligte nie, maar dit wys net watter tipe mens hy was. Hy het hierdie laaste goeie daad uit eie inisiatief gedoen en het nie vir een van die ander personeellede gesê hy gaan dit doen nie, hoewel die leerlinge in die klas en die meisie se ouers daarvan geweet het.”

Volgens konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, is die polisie omstreeks 13:10 na ʼn misdaadtoneel op die hoek van Dickensrylaan en Sierraweg in Mandalay ontbied. “Met die beamptes se aankoms op die toneel is ʼn man met ʼn skietwond aangetref.”

Diedericks is vermoedelik tydens ʼn mislukte kaping doodgeskiet en die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is al in hegtenis geneem nie.

Duvenhage het gesê die skool is geskok en baie hartseer oor Diedericks se dood. “Hy was nie net ʼn geliefde onderwyser nie, maar ʼn pa-figuur vir baie van ons kinders.”

Volgens Duvenhage het die skool berading gereël vir die kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Elsa ·

Hoekom nie haar ouers in kennis gestel nie. Van waanneer af vat n onderwyser en dies te meer n hoof n kind huistoe, Vra maar net. Innige simpatie met famielie

anneke ·

Elsa, haar ouers het van dit geweet. Lees die berig reg. Hy was die mees opregste onderwyser wat ek geken het.

Susan ·

As ek reg verstaan sê die artikel die leerlinge in die klas en haar ouers het daarvan geweet.

Johan ·

Hi Elsa. Lees weer paragraaf 3. Die leerlinge sowel as die ouers het daarvan geweet.

Bianca ·

Hulle se dan daar hoewel die leerlinge in die klas asook die meisie se ouers daarvan geweet het. so hulle was ingelig

PJ ·

@ Anneke – mens sê “mees opregte” of dan net “opregste” maar nooit “mees opregste” nie.

Werner ·

Lees die berig en beantwoord jou vrae met wat jy in die berig lees.

Adri ·

Elsa lyk my jy het n problem en daarom vertrou jy niemand nie en lees net wat jy wil lees. Nie almal is so nie hoor……. A nee a.

Ryan ·

Sjoe Elsa. Jou hart is kouer as die Elsa van die film Frozen. Jy mis effe die punt van die berig. Hier is ‘n goeie mens verniet doodgeskiet.

Chezel ·

Elsa gaan lees die ouers is in kennis gestel!!!!!

Weet julle elke keer as mens kyk na die kommentaar is daar altyd iets negatiefs of iemand wat beter wetend is!

Ons SAners is regtig die mees oordelendste nasie wat daar is!

n Man is doodgeskiet terwyl hy n goeie daad doen en al waarop jy wol fokus is n fout wat hy gemaak het, volgens jou, maar jy lees nie eens behoorlik nie.

Ai ek sak soms my kop in skaamte!!!!!!

conrad human ·

Ek en my vrou is aangehou in ons huis 2 aande terug. Dit was met byle en pangas. Ek is gatvol van versugtig lewe. Gatvol van terugstaan en gatvol van jammer wees omdat ek wit is. Waar kom jy aan jou waansinnige opmerking oor hoekom gaan laai hy iemand af? Die man is dood!!! Jy sal nie weet wat dit is nie. So bly stil.

Jean ·

Ek het nie meer woorde vir hierdie onsinnige moorde nie. Sterkte aan sy familie en vriende in hierdie tyd van rou!

D.B. ·

Gee nie om waar jy in die land bly nie is jy nie veilig nie. Dis ‘n blerrie skryende skande hoe die land verval het tot ‘n misdaad hoolnes waar ‘n lewe net niks meer beteken nie. Doen jy iets uit die goedheid van jou hart word ‘n mens selfs daaroor ook vermoor. Die patetiese lafaard regering doen net mooi niks om misdaad aan te spreek nie.

Jakobus ·

Ek sien nou die plek is daar in die omgewing van Mtichells Plain, Crossroads en Ikwezi Park geleë.

Chantelle ·

Hy was n baie goeie mens en onderwyser. Hy het altyd sy leerlinge eerste gestel. Hy het n goeie hart. Dit is baie erg wat hier gebeur het. Hy sal gemis word!!!

Chantelle ·

Hy was n baie goeie mens. Hy het altyd sy leerders eerste gestel en wou altyd die beste he vir almal. Dis verskriklik wat hier gebeur het. Mnr. Diedericks, jy sal gemis word!!

Chantelle ·

Hy was n baie goeie mens en hy wou altyd die beste vir sy leerders gehad het. Dis verskriklik wat hier gebeur het. Mnr. Diedericks, jy sal baie gemis word!!!

Totsiens ·

Arno kan die naam van ons Here ydelik gebruik en julle publiseer dit, maar ander kommentare word geblok. Is dit julle ware kleure? Vaarwel maroela!

Landi Slatter ·

Dagsê Totsiens

Dankie vir jou terugvoer.
Maroela Media se kommentaar word streng gemodereer, maar soms verskyn kommentaar vir ʼn wyle op die webwerf voor dit deur die moderator per hand uitgevee word. Ons vra om verskoning indien die kommentaar aanstoot gegee het, ons het dit dadelik verwyder toe ons dit gesien het. Jy het dit moontlik raakgesien in die oomblik wat dit nog op die webwerf verskyn het.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Borrie ·

So jammer dat ons mense as gevolg van onkunde besluute neem wat net hulself en die mense om hulle van kennis ontneem. Die Admin kan net ‘n kommentaar verwyder nadat dit geplaas is en kan tig nie vir 24 uur aanmekaar sit en seker maak dat jy nie “offend” word nie. Probeer uitvind hie dinge werk voor jy oordeel.

Uiltjie ·

Iets daadwerkliks sal nou gedoen moet word om die onsinnige uitmoor van mense te stop! Die regering weer beslis on dit aan the spreek! Ons sal by die Grondwet moet begin. Key n nuwe Grondwet waarin die doodstraf viralle moored bepleit word. Die polisie probeer hard, maar hulls het reeds die stryd verloor en die misdadigers weet dit. Iemand, van ons politici sal dit moet inisieer_!!!

Jayjay Damon ·

En die DBO stuur elke keer beraders…hulle weet nie hóé om die “gedrog” wat hulle wakker gemaak het deur kinders regte sonder gepaardgaande aanspreeklikheid en verantwoordelikheid te gee, te hanteer nie. Ou Engelse gesegde: “Prevention is better than Cure…” Hierdie is maar die tip van die ysberg…leerders/ kinders wat ondeewysers dreig, tart, minag, selfs aanrand raak nou alledaagse verskynsel weens die onderwysstelsel wat op SA-onnies afgedwing was…Keer terug na God/ Godsdiens in Skole en keer terug na die onderwysstelsel VOOR 1994…

Tokkie ·

Jayjay – stem saam met jou en wat hartseer is – jy kry nog ouers wat hul kinders se gedrag goedpraat en selfs aanmoedig.

Caren ·

Die dag as mense maar besef wat onderwysers alles vir kinders doen…ek self en ander personeel laai kinders af as hulle taxi hulle vergeet…. Of as ouers nie kinders by konsert ens. Kan aflaai nie…..onderwysers ry gaan haal sommer hulle eie denims by huis en gee aan leerders wat dalk nie een het as dit is wat leerder dalk moet aan he. Dr Anton….dankie vir jou omgee….dankie vir die amazing mens wat jy was…..dankie dat jy lief was vir jou (kinders) soos onderwysers maar al die leerders noem

Kevin ·

Im shocked reading this article. Never would i have thought sucha a awsome man and role model be taken away in such a brutal attack. Rip “sir” matrics 04 De kuilen high school.

Jan ·

“No good deed goes unpunished”… Ja, ek weet, dit het niks met die saak te doene nie…

Jaco Nel ·

Rus sag Mnr Diedericks. Daar was n goeie man.

Matriek 1996

Annamarie Spies ·

Meneer was ‘n uitstekende onderwyser en mens. So geduldig, vriendelik, altyd bereid om te help en werk oor te verduidelik tot ons almal verstaan het. Ons gaan Meneer mis! De Kuilen ’97

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.