Adjunkminister erken Guptas-aanbod

Mcebisi Jonas (middel). Foto: GCIS

Mcebisi Jonas (middel). Foto: GCIS

Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, het in ʼn verklaring erken dat die Gupta-familie vir hom die pos van minister van finansies aangebied het.

Volgens Jonas was die aanbod om minister Nhlanhla Nene te vervang. “Ek het dit uit die vuis verwerp. Ek het dit verwerp aangesien dit ʼn bespotting is van ons hardverdiende demokrasie, die vertroue van ons mense en die feit dat niemand behalwe die president ministers kan aanstel nie,” het Jonas gesê.

Hy het dit verder benadruk dat daar nié ʼn gesprek tussen hom en Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal, was nie. “Ek het eers gehuiwer om in die openbaar hieroor iets te sê, maar ek voel ek kan nie langer stilbly nie. Dit is vir my van groot belang dat daar ʼn werklike gevaar is dat hierdie kwessie die aandag kan aflei van die wesenlike en dringende uitdagings wat ons land in die gesig staar,” het Jonas gesê.

“Die huidige ekonomiese klimaat hou verskeie risiko’s in vir ons land en vereis verantwoordelike leierskap ten einde ʼn volwaardige krisis af te weer.” Jonas het gesê die kwessie van “state capture” moet kommerwekkend wees vir alle verantwoordelike Suid-Afrikaners. “Ons kan nie die duidelike impak wat dié sentimente op ons land het ignoreer nie.” (Lees Jonas se volledige verklaring hier)

Jonas se erkenning kom nadat Vytjie Mentor, voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke, onthul het dat die Gupta-gesin glo vir haar ook ʼn pos as minister aangebied het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Michael ·

Dit is skrikwekkend dat die Guptas so baie mag het in Suid-Afrika,Zuma moet gaan so gou moontlik.

Joann ·

Waar n rokie trek……? Hul gee seker vir zumie leka vet tjek.

Raadop ·

Wat kan ons doen om die Guptas en Zuma uit te kry. Ons gaan rommel word as hul nie gestop word nie!!

GES ·

So Vytjie Mentor se storie is nie so absurd soos Zuma wil voorgee nie. Die Gupta het vir Zuma aan die neus beet en lei hom waar hulle wil. Sterkte Zuma dit is die begin van jou skandelike einde.

François ·

Ek het dit by vorige geleentheid gevra & vra dit weer: Wie regeer die land, JZ kan nie, maar kry sy opdragte van ’buite’?! “I smell a rat!”

Niel ·

Kan iemand vir my verduidelik hoe die Guptas ‘n MP aanstelling kan maak of ‘n regeringspos kan aanbied aan iemand. Seer sekerlik kan sulke poste net deur nr 1 gedoen word. Ek kan verstaan as die geld op een of ander manier van die Guptas af kom.

Andre ·

Op die ou ent moet ons net dank toese aan ons Nobel wenner met die 30 stukke silver in die hand.

Ouman ·

Ek wonder of die agbare adjunk minister nou die saak sal rapporteer soos vereis onder PRECCA. Dan sal die muisvoels ook bekend as die hawks bietjie moet werk of dit probeer toe smeer. Die tesourie en SARB was die laaste twee instansies wat agbare Mnr Zuma nog nie onder sy en sy vennote se beheer gehad het nie. Kla die maaifoedies aan van ekonomiese hoogverraad.

John ·

Toe Mcebisi Jonas die aanbod van die hand wys is Des van Rooyen waarskynlik genader vir die pos wat dit magsugtig aangegryp het. Natuurlik kan net nr 1 aanstellings doen. Dit lyk nie vir my te moeilik om die Gupta/Zuma sommetjie te maak nie.

Jakes ·

weg met guptas.weg met zuma weg met anc .die een is meer korup as die ander watter gespuis

vermeende ·

Relax, dis Afrika demokrasie en 3de wereld politiek op volspoed.
Waar is daai teenwigte van de klerk.

PJ ·

Netso vermeende de klerk en kie so stil soos die graf en was hulle nie slim nie ?

HEVW ·

Daar behoort geen onduidelikheid te wees wie die land regeer nie. Die dienstigheid van z aan die guptas is vir jare alreeds bekend. Die ineen storting van ons geldware is n duidelike gevolg hiervan. Indien daar n resessie kom is dit n gulde geleentheid vir guptas om n stewige greep op landsake te bekom. Daarom is dit geensins vreemd dat die ministers – pos van finansies juis hier tersake is nie. Dit verklaar ook die massa plaasmoorde wat plaasvind. n lang termyn agenda is ooglopend besig om hom in SA af te speel. Ons wag maar net op die reaksie van sekere anc lede wie straks sal ontwaak en dalk in ontnugtering sal verkeer.

PJ ·

Netso vermeende, de klerk en kie so stil soos die graf en was hulle nie slim nie ?

humor ·

fw de klerk se tog iets. Hoewel dit nie veel gewig sal dra nie wil ons tog net weet hoe jy oor die verwikkelinge dink.

Flintstone ·

Opmerksaam hoe hierdie “voorheen benadeeldes ” van die een heerser na die ander kruip.Ek was sterk onder die indruk dat apartheid met hand en tand beveg moes word om van die “opressors”ontslae te raak.Al wat egter verander het is die vanne onder aan die tjekboek!

Wynand ·

Suid Afirka word nou ZUMTA AFRIKA, voorspoed op die afdraande pad

Jan maak n Plan ·

Ekt nog altyd gedink JZ is maar net ‘n vet marionet. Daai drie boeties maak vet geld uit hierdie land. As hulle onteien word is hierdie land se ekonomie in een dag weer kook water.

Bach ·

Is daar eerbare mense in die ANC? Indien wel hoe kan julle ‘n leuenaar en plunderaar soos Z duld? Hy hoort in die tronk. Hy lieg ook vir die parlement maar kom niks oor nie. Skande!

narrie ·

altyd gewonder hoekom die anc the bang is on Zuma af the dank. dalk is hulle bang vir die Gupta’s. hulle sakebelange het jz nodig in beheer. mbeki was in die pad gesteel om die pad oop the maak vir die Gupta belange.

wynand ·

So die Guptas regeer die land.Zuma was seker betaal vir sy huisie deur hulle sodat hulle kan regeer.Nog n maatjie van die Guptas is Pandor en seker die minister wat gereeld na Puten toe moes vlieg vir die kernkrag deal. Hoop die wereld sien nou wat se skurke die anc is. Nou gaan ons defnitief afgegradeer word.Die anc het genoeg tou gehad en hulself daarmee gehang.Mooi man

Liewe Heksie ·

Is dit hkm hul Pravin so treiter en wie betaal die valke se sallaris en en en ek weet nogsteeds nie wie is die guptas nie waar en wanneer het hul in die prentjie gekom defnitief voor daai vliegtuig geland het maar wanneer was hul ingevoer en van waar af

SAS ·

As daai vliegtuig vol gupta ‘party fanatics’ nie op Waterkloof geland het nie , het ons dalk nie van hulle geweet nie.Gelukkig het die adder sy kop by die gat uitgesteek .

alida ·

Vir die eerste keer stem ek saam met Julius Malema die Guptas en Zuma moet weg !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.